Presidensie glo stomgeslaan oor meningstuk

Pres. Jacob Zuma op 8 Oktober 2014 tydens 'n presidensiële komiteevergadering op 8 Oktober 2014 by die Uniegebou in Pretoria Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma op 8 Oktober 2014 tydens ‘n presidensiële komiteevergadering by die Uniegebou in Pretoria Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die presidensie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy is besorg oor die persoonlike aanval op pres. Jacob Zuma deur Max du Preez in ʼn artikel wat vandag in die Independent News verskyn het en dat die stuk “feitefoute” bevat.

“Mnr. du Preez of Independent Newspapers het nie die president of die presidensie die geleentheid gebied om te reageer op die ernstige bewerings nie,” het Zanele Mngadi, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Mngadi beskuldig Du Preez die president vir die onlangse skorsing van staatsdiensamptenare, senior bestuurders by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, en onlangs ook ʼn senior polisiebeampte. “Regeringsinstansies sal, indien nodig, optree teen sekere staatsdiensamptenare in sekere gevalle,” het sy gesê. “Hierdie optrede is gewoonlik deel van interne dissiplinêre prosesse in staatsdepartemente en dit het niks met die president te doen nie.”

Sy het bygevoeg die blitsreaksie om die president vir alles te beskuldig wat in instansies gebeur sonder om die inligting te staaf, dui op lui en agterbakse joernalisme. “Meningsvormers moet navorsing doen en seker maak hul kommentaar is geskoei op feite en hulle moenie gerugte versprei of skinder soos wat mnr. Du Preez in hierdie geval gedoen het nie,” het Mngadi bygevoeg.

Sy het gesê Du Preez het ook ʼn leuen herhaal wat regter Hilary Squires al ʼn paar jaar gelede reggestel het. “Die regter het daarop gewys dat sy nooit gesê het pres. Zuma het ʼn korrupte verhouding met Shabir Shaik nie. Die frase is in die media geskep en is gereeld herhaal totdat talle persone dit begin glo het. Dit is verbasend dat Independent Newspapers en mnr. Du Preez besluit het om hierdie leuen te herhaal wat reeds deur regter Squires reggestel is.”

Mngadi het bygevoeg dit is “onstellend” dat die stuk ook vol vooroordeel en rassisme is gegewe die manier waarop Du Preez die president beskryf.

Klik hier om Du Preez se stuk te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Hanno Visagie ·

Dis net ‘n kwessie van tyd voor al die links-liberale Afrengelse kommentators ook as rassiste gebrandmerk is, soos Max hierbo. Daarom het hulle altyd iemand regs van hulle (soos Steve) tog so nodig.

Ockie ·

Haal julle kammakastige skuld gevoel brille af en wees eerlik met jou-self!!!
Daar is Steve en baie ander kampvegters ondersteun hulle.

Ian ·

Ou Max is dan liberale gemors. Hoe sal hy dan nou sy geliefkoosde president veroordeel? Klink vir my na n bog storie.

gert ·

@ Ian. Het jy die skrywe gelees of verstaan jy nie Engels nie. Max is glad nie hero nie, maar wat hy geskryf het is waar. En dit behoort ons almal tot kommer te stem.

Louis le Roux ·

Max du Preez (ek is nie sy grootste fan nie) slaan hierdie rondte die spyker op die kop. Dit is hoog tyd dat Zuma begin ag slaan op menings, nie net van joernaliste nie, maar ook die van die algemene publiek. Dit is m.i. duidelik dat hy agter die heksejag teen amptenare sit. Om te beweer dat hy niks geweet het van die werk by sy huis nie, gaan doodeenvoudig nie af nie. Hy moes tog gesien het dat daar gewerk word as hy daar was in die maande wat daar gewerk is. Sy buitengewone sekslus sou virseker huistoe gedryf het. Of is hy blind? Waarom het hy die werk nie gestop en navraag gedoen nie? Nou is dit amptenare wat aan die pen ry. Waarom Madonsela se verslag ignoreer? Waarom ‘n verslag aanvra van sy eie gabbas in die ANC? Waarom belieg hy die kiesers? Zuma se termyn as prez bestaan uit ‘n klomp waaroms. Dis tyd dat hy aangekla word en indien nodig tronk toe gestuur word. Maar gaan dit help, duidelik nie want al sy maatjies sit in hoë poste. Solank die korrupte ANC aan bewind is sal korrupsie hoogty vier. Flippit, dit bly ‘n gemors en ons mooi land is met die spoed van witlig besig om sy alie te sien.

Sakkie ·

komende van n persoon soos weet als du Preez dink ek dit is in elke geval n ou vaal storie, hy moet hand in eie boesem steek

Chrisjolus ·

Zuma se vir Max ; nou kyk ek Links en Dan kyk ek Regs en siedaar alles lyk nou weer reg .

Jan du Preez ·

Max probeer net om se gatkruip by die ANC vir dekades lank onder die mat in te vee. Grillerige skepsel hy.

chris van Wtk ·

Ons geskiedenis verloop ongeveer as volg: vestiging in kaap, boereoorlog,teregstelling van verraaiers, sap en nat regering, republiek, swapo oorlog, oorgee van mag aan swart regering, gelykstelling, niks behalwe verblyf sonder n toekoms

eureka ·

Ek het nooit gedink ek sal sê: “Mooi gesê Max!”nie. Maar Zuma is net te geskok oor Max se uitlatings. Is dit die uitlatings ? -wat Zuma net ‘n paar van verdedig of is dit omdat Max teen hom gedraai het? En hoekom draai Max nou teen Zuma? Is dit omdat Max sy guns nou op Cyril toespits.?

NetGatvolVirANC ·

Die ANC sal als in hul vermoe doen om die wittes af te maak as rassiste waar hulle die Nr 1 rassiste is en speel totaal dom en astrant. Hiemee doen ek dan ook n persoonlike aanval op ZUMA – Hy bly die nommer 1 president wat absoluut niks doen vir die land en alles in sy vermoe doien om soveel geld as moontlik te steel en familie lede en vriende betrokke te maak by die verkragting van die staatskas. Waar in die wereld het julle gesien dat persoonlike wonings met regerings geld opgradeer word, behalwe in Suid Afrika. Ongelukkig is ZUMA so korrup as wat kan kom en met sy geen skoling en absolute arrogansie om alles weg te vee asof die normaal is te steel en te vat wat nie syne is en die mense (sy mense) te wys vat wat julle kan en niks sal gebeur solank as wat hy aan bewind is!

Gerrie ·

Is dit nie snaaks hoe met Nommer een alles altyd na rassime of die vorige instelling ruik

Jan ·

Mooi Max, miskien kan jy ons dalk ook inlig waar Mandela aan sy rykdom gekom het. Sy huisie in Houghton en sy “Nkandla” in die Oos Kaap is nogal iets na net 5 jaar as staatsamptenaar. Wonder hoe groot is die res van Mandela se boedel?

jakoos ·

Goeie vraag Jan. Maar antwoorde sal jy nie kry nie – net soos daar ook nie antwoorde is oor die R90 miljoen tenkvaste muur om Mbeki se
Houghton huis nie!

En ek geniet dit dat ou Max behoorlik uitgedinges word. Die man is ‘n mislike vent want dink dat hy die hoofwoordvoerder van liberaliste is – maar intussen is hy so verkramp en agter die tyd dat dit nie snaaks is nie.

Ek is nie ‘n ANC- ondersteuner nie – Max sal my seker sien as ‘n ver-regse – maar my vraag bly: Dis alles goed en wel om van Zuma ontlsae te probeer raak, maar wie gaan in sy plek gekies word? Die kieswerk sal deur die ANC gedoen word – nie deur Max en sy pelle in Naspers en die DA nie. DIT is die probleem.

En die ander nadeel van die aanhoudende aanvalle op Zuma van veral Naspers en A frikaanssprekendes soos Max en kie, is dat dit ‘n negatiewe uitwerking het op die ANC se benadering tot Afrikaners. Zuma het duidelik ‘n mate van verdraagsaamheid vir opregte en eerlike Afrikaners soos die Mulders en Steve Hofmeyr, maar hulle verafsku hierdie verloopte Afrikaners soos Max en kie!

Cathy Du Plessis ·

Max Du Preez se berig se niks wat ons nie alreeds weet nie. Ons het alles met ons eie oe gesien gebeur, so wat is hulle probleem? Dink almal is so onnosel om te glo dat die regering so eerlik is? Dankie tog vir Steve. Ons het hom nodig.

Enki Ruthven ·

Al slaan jy die ou president ookal hoe hard; hy sal nie sommer stommer wees as wat hy nog altyd was nie! Dit is tyd dat roben eiland weer ‘n permanente inwoner kry as waarderring vir al die korrupsie oor die afgelope jare.

Boswyk ·

Max was al die jare n getroue Zuma ondersteuner. Ek vertrou hom en Zuma glad nie. Hierdie is maar net deel van hul taktiek !

Carel Taute ·

Ai, ou Max
Seker maar bitter in die bek as die Utopia waarvoor jy so hard baklei het in ‘n Ethiopie uitdraai….
Nie dat jou eertydse “verkrampte ” teikens jou nie gewaarsku het nie…
Geniet die skuldgevoel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.