Presidensie kap koerant wat sê Zuma is ʼn “lafaard”

Die Sunday Times se berig

Die Sunday Times se berig

Die presidensie het uitgevaar teen die Sunday Times nadat die koerant Sondag berig het president Jacob Zuma is ʼn lafaard en dat hy nie sy parlementêre verpligtinge nakom nie.

“Die president gaan voort om sy parlementêre verpligtinge na te kom. Die president antwoord vier keer per jaar mondelinge vrae in die Nasionale Vergadering,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê.

“Tydens ʼn verkiesingsjaar is daar minder tyd gegewe die tyd wat dit neem om vir die verkiesing voor te berei en ʼn nuwe regering op die been te bring sowel as ander aktiwiteite.” Maharaj het gesê daar is deurlopend gesprekvoering met die Nasionale Vergadering om datums vas te maak vir mondelinge vrae.

Die Sunday Times het op sy voorblad berig: “SA se nommer een…LAFAARD!”. Volgens die berig gaan Zuma geen direkte vrae van opposisiepartye se LP’s antwoord voor Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en die party se LP’s getem word nie.

“Die president kan nie parlement toe gaan wanneer die parlement ʼn sirkus is nie,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, glo aan die koerant gesê. “Die parlement moet homself uitsorteer.”

Die parlementêre reëls bepaal dat Zuma vier keer ʼn jaar LP’s van opposisiepartye se vrae moet antwoord. Zuma het nog slegs een keer vanjaar vrae geantwoord. Dit was op 21 Augustus toe EFF-LP’s hom in die rede geval het en begin dreunsing het “betaal terug die geld”.

Maharaj het gesê Zuma antwoord steeds parlementslede se geskrewe vrae. Maharaj het ook gesê Zuma is nie ʼn lid van die parlement nie en dit is hoekom hy nie volle sessies van die Nasionale Vergadering bywoon nie.

Mmusi Maimane, die DA se parlementêre leier, het intussen in reaksie op die berig in die Sunday Times gesê Zuma is ʼn vernedering vir ANC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Drieks ·

Dankie Sunday Times. Dis wat die hele land dink. Hoekom word die grooter anc deur zumpie gelei. Ons is leierloos en die anc het deur zumpie hul naam finaal opgeneuk.

henk ·

Die land gaan nie verbeter nie, leiers soos Zuma is swak en veroorsaak omgekeerde rassisme, met lae standaarde, net nog n plundertog.

Leon ·

Zuma is n skaamtelose fat cat het geen morele standaard nie.
Ek Kan nie dat hy homself so uit die
Moeilikheid Kan kry nie
Maar dan is daar n heel spil Fat Cats wat cover want hulle steel saam !

Leon ·

Hy is ‘n verleentheid deluxe vir Suid Afrika, sy mense, en vir sy party maar die idiote wil dit nie raaksien nie! Nou wil ‘n besigheidsman hom help om sy Nkandla skuld te betaal…………….hy se dan hy het dit met sy eie geld gedoen en dat die verbeterings by sy eie huis geregverdig is! Maak nie vir my sin nie

Adam Willemse ·

President Zuma is nie ‘n lafaard nie, hy is net so dapper as Malema, hy is bereid om sy loopbaan op die spel te plaas vir sy beginsels. Hy wil vir eens en vir altyd ontslae raak van die afrika-vreemde westerse gebruik dat eiendomsreg bevestig word deur ‘n stukkie papier. Selfs in Amerika het Opra Winfrey immers ook gesê mens is geregtig op wat jy die moed het om te vra, en sinds Sjaka kan jy vat wat jy sterk genoeg is om jou toe te eien. Daarom is dit logies om te beweer dat elkeen wat iets besit dit gesteel het en dit slegs kan behou as hy oor die mag beskik.

scalla ·

Die waarheid maak seer, dis die anc se eie skuld, een groot sirkus, kort nog net die tent.

Erich Goosen ·

Die Sunday Times gaan deeglik beboet word. Eerstens omdat hulle die President beledig het en tweedens omdat hulle ‘n staatsgeheim verklap het!

Griet ·

Punt een: Dit is ‘n feit. As hy konfrontasie/sinvolle debat vermy omdat hy bang is vir die gevolge, is hy ‘n lafaard!
Punt twee: Die FEIT dat hy ‘n lafaard is, is nie ‘n staatsgeheim nie………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.