Presidensie klap vure dood

Wladimir Poetin (Desember 2017) Foto: AP Photo/Ivan Sekretarev

Die presidensie moes laat Dinsdagaand gerugte in die kiem smoor wat verband hou met die Russiese pres. Wladimir Poetin en pogings dat pres. Jacob Zuma van plan is om van sy adjunk, Cyril Ramaphosa, ontslae te raak.

Dr. Bongani Ngqulunga, die presidensie se woordvoerder, het in afsonderlike verklarings albei gerugte ten sterkste ontken.

“Die berigte in die media dat Zuma vir Ramaphosa wil afdank en met Nkosazana Dlamini-Zuma vervang is belaglik, verregaande en ongegrond,” het Ngqulunga gesê.

Die SAKP het Zuma vroeër die dag uitgedaag om dié bewerings dringend te bevestig of te ontken en het ook ʼn beroep op die ANC gedoen om Zuma af te dank indien hy weier om vrywillig uit te tree.

Ngqulunga het ook gerugte dat Poetin op pad is na Suid-Afrika, as fopnuus afgemaak.

“ʼn Valse verklaring wat onder die presidensie se naam op sosiale media versprei is, beweer die Russiese president kom van 8 tot 11 Februarie op ʼn staatsbesoek na Suid-Afrika,” het Ngqulunga gesê.

“Daar is nie ʼn staatsbesoek van pres. Poetin dié week nie en die presidensie het nie so ʼn verklaring uitgereik nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Willie ·

Wat n surkus! Dis abie slegte publisieteit vir SA… Hier kom nog groot sports! Zuma klou, Ramaposa is te sag (vertoue in hom kwyn). Hy sal moet opstann en sy pos eien… Wys hy het die staal om te kan doen… Zume se parlemtere mis-plasings, is bekommerd.. Die tronk roep hulle…

Grassie ·

Ek het ‘n tyd gelede al hier op MM voorspel dat Poetin en Zuma nog ‘n potjie gaan loop. Daar was hardnekkige gerugte dat Zuma ‘n stewige sakkie roebels onder die tafel deur ontvang het om die kernkragsentrale-kontrak met Rusland te laat gebeur, wat Zuma toe nie kon regkry nie. Miskien wil Poetin nou sy geld terughê. As dit waar is hoop ek hy kry dit nie, dit sal hom leer om nie agteraf te konkel nie.
MM- ek dink die regte uitdrukking is om vure dood te slaan, nie te klap nie.

Eish ·

Née jong, MM is heeltemal korrek. Vorige minister van onderwys het lekker klappe uitgedeel waar vuurtjies was. Maar dit het ook weer verander. Een of ander takvoorsitter van die Algemene Nasionale Chaos, skop nou sommer die vure dood.

Gys ·

Waar n rookie trek is daar gewoonlik n bos brand waar zuma betrokke is. Dieselfde met sy regering.

Hulle so baie gelieg hulle ken nie meer die waarheid. So CR kan dalk in gevaar wees. Hy moet nou aksie neem kaalvuis.

neels ·

Wanneer die ANC iets so heftig ontken kan mens maar weet dit is die waarheid. Poetin sou heel waarskynlik die staatsrede by gewoon het. Die wat die Pres. so aangedring het hy en net hy alleen kan die staatsrede hou. Mnr. Ramaphosa en sy manskappe sal die yster nou moet smee terwyl dit nog warm is anders gaan hulle met eier op die gesig sit. Sien daar is alreeds aantygings deur die pres. se manskappe teen Mnr . Ramaphosa. Die kaapers keer nou vir n vale.

Waarheid ·

Klap!?z sal nie dié foutjie regmaak of laat verdwyn nie.
Regering se tyd van verwagde meegevoel!! van hul vroeëre ” boeties”?, is verbýý saam dàài vroeëre tyd, uitkom van dié kernfout sal bàíé dúúr voor betaal word. Sports is oppad.

PJC ·

Dit sal glad nie verbaas as JZ so iets in die mou gevoer het nie en nog minder sal dit verbaas as hy sulke raad vanaf Poetin gekry het nie. Orals in die wêreld waar probleme is, is die Russe op een of ander manier betrokke.

Casper Labuschagne ·

Hierdie gerugte is bloot die simptome is van ‘n oorheersende gebrek aan leierskap. Dit strek veel weier in ons samelewing as net van betrekking tot Zuma en Ramaphosa. Daar is bitter min persone wat bereid is om op te staan om as leiers geïdentifiseer word in die swart gemeenskappe. En die wat dit wel doen word dikwels gekritiseer, geteiken en selfs geweldadig aangeval daarvoor.

Daarbenewens bestaan daar ook die Afrika styl van organisatoriese bestuur, waar van agteraf leiding gegee word. Dit is kultureel ingeburger waar die beeswagter lei van agter af deur klippe te gooi na die beeste in die trop wat in die verkeerde rigting koers inslaan.

Boodskapper ·

Ons weet mos nog altyd, waar ‘n rokie trek, brand ‘n vuurtjie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.