Presidensie maak April-grap oor nuwe ministers

Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, het die verklaring uitgestuur. Foto: Flickr/GovernmentZA

Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, het die verklaring uitgestuur. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die presidensie het Woensdag aangekondig dat daar drie nuwe ministers aangestel is. Dit het egter later aan die lig gekom dat dit slegs ʼn Aprilgekkedag-grap was.

Die presidensie het in ʼn verklaring aangekondig dat Essop Pahad aangestel is as minister in die presidensie vir openbare deelname, Charles Nqakula as minister van paaie en verkeersake en Zizi Kodwa as adjunkminister vir maatskaplike samehorigheid en nasiebou.

Die verklaring het joernaliste omtrent laat bontstaan en verskeie mediahuise het die aankondiging as nuus publiseer. Dit het egter later aan die lig gekom dat dit slegs ʼn Aprilgekkedag-grap was en die verklaring is van die presidensie se webtuiste verwyder.

Pahad was van 1999 tot 2008 minister in die presidensie. Nqakula is ʼn voormalige minister van verdediging. Kodwa is woordvoerder van die ANC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Sou nie eintlik ‘n noemenswaardige verskil gemaak het aan die produktiwiteit van die kabinet.

SNEL ·

Haha, ja-nee Peet, en hulle jaag ook soveel nonsies aan dat niks mens sal verbaas nie, ek dink baie het nie eers gedink dat dit n April-grappie is nie, hulle het al die hulp en ondersteuning nodig wat hulle kan kry.

JK ·

Grap moet tog komies wees. Verwag nie van ń presidensie om gepoogde grappe te maak maak nie !!

scalla ·

Die hele spul is n grap………………….spot met hulself

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.