Presidensie ontken gerugte oor Engeland-besoek

David Cameron, eerste minister van Engeland en president Jacob Zuma tydens 'n vorige geleentheid Foto: Rex via Mirror

David Cameron, eerste minister van Engeland en president Jacob Zuma tydens ‘n vorige geleentheid Foto: Rex via Mirror

Die presidensie het Sondag alle gerugte ontken dat president Jacob Zuma sy reis na Engeland gekanselleer het omdat die Britse eerste minister hom nie wou sien nie.

“Die berigte wat dit laat blyk dat pres. Zuma sy besoek gekanselleer het omdat eerste minister David Cameron hom nie wou toespreek nie, is foutief en moedswillig,” het Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, in ʼn verklaring gesê. Hy het gesê dit is nie verpligtend vir Zuma om met Cameron te vergader nie.

Die City Press het Sondag berig dat Zuma uit ʼn hoëvlakvergadering onttrek het, omdat Cameron hom nie wou sien nie. ʼn Afspraak is glo met Cameron se adjunk, Nick Clegg, voorgestel, wat Zuma van die hand gewys het. Anonieme bronne in Londen wat kennis dra van die besoek het dit glo aan die koerant bevestig.

Maharaj het aan die koerant gesê Zuma moes die reis kanselleer, aangesien sy dagboek geherskeduleer is. “Die president se dagboek is onderworpe aan verandering volgens die vereistes,” het hy gesê.

Dit is die tweede keer hierdie jaar wat Zuma op kort kennisgewing ʼn reis na Engeland kanselleer. Hy sou in Februarie ʼn amptelike gedenkdiens vir voormalige president Nelson Mandela by Westminster-abdy bywoon, maar het die besoek gekanselleer. Hy het toe eerder Robert Mugabe se dogter se troue bygewoon.

Die presidensie het Vrydag aangekondig dat Zuma nie die derde jaarlikse innovaBRICS-konferensie in Londen sal bywoon nie. Maharaj het gesê vier ministers sal die land en die president verteenwoordig. Die afvaardiging word gelei deur Jeff Radebe, minister in die presidensie. Hy word vergesel deur Rob Davies, minister van handel en nywerheid; Nhlanhla Nene, minister van finansies; en Faith Muthambi, minister van kommunikasie.

Maharaj het Sondag gesê die doel van die besoek aan Londen is om die innovaBRICS-konferensie te open en Suid-Afrika as ʼn beleggingsbestemming te bevorder. “Dit is nie ʼn Suid-Afrika/VK-bilaterale besoek wat vergaderings op regeringsvlak vereis nie,” het hy gesê. “Die ministers se besoek aan Londen stuur die boodskap dat Suid-Afrika gereed is om besigheid te doen. Ons verkies om op daardie boodskap te fokus wat die land vorentoe sal neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Francois ·

Hahahahah regtig? Waar daar ‘n rookie is, is daar ‘n vuurtjie. Zoompie kry vir jou…So sal alle deure in jou gesig toegeslaan word.

Hennie Louw ·

Wys jou wat die gemors van homself dink. Kan jy nou glo, big chief wil nie met 2nd in charge praat nie. Die ding het geen gewete of verstand nie. Hoe lank kan ons land nog so ‘n verleëntheid vir ‘n president verduur?

Hanno ·

Britse Adjunk Nick Clegg? Nee wat, Zoompie, praat liewer met plaaslike wit Zoeloe Johnny Clegg.

Gerhard Bezuidenhout ·

David Cameron wys duidelik dat hy hom nie met semels wil meng nie. Zuma jy is n verleentheid en almal weet dit

Francois ·

Nee, David Cameron is baie slimmer as zoompie en sien ‘n 2de Zimbabwe kom….Hoekom sal hy betrokke wil raak as hulle almal uit die lang gejaag was?

Babs ·

Zuma moet onthou, alles wat sleg is wat die ANC in SA aanjaag, word oorsee gepubliseer. Die enigste land wat hom op die einde an die dag goegesind gaan wees is Zimbabwe.

moegie ·

Die Britse Minister hoor van Zoomster(SON PADDA) se skandes-Cameron is i eerbare persoon wat net die BESTES ontmoet en ZUMA is nie deel daarvan.

jjobson ·

Zumpie woon liewers i opleidings wekswinkel / kursus of skryf jou by i univrrsiteit in oor die tema EERLIKHEID— en nie KORRUPTHEID—- Dan sal Suid Afrika jou kan monitor.

Grassie ·

Ek wonder of Zoempas nou die boodskap begin kry dat dit nie net in S.A is wat sy aansien deur die bodem geduik het nie. Ek dink ou Mac is die hardwerkendste ou in die regeringsdiens – hy moet heeldag sit en aanvaarbare stories uitdink.

Deon ·

Ek hoor dat die afvaardiging wat gestuur is na die sogenaamde “innovaBRICS-konferensie en Suid-Afrika as ʼn beleggingsbestemming te bevorder” met ANC vlae op hulle motors in London rondry. Daar was ook ongeveer 2 sekonde beeldmateriaal hiervan op eNuus gisteraand. Dit lyk eerder of hulle die ANC as beleggingsbestemming wil bevorder op belastingbetaler se geld. En so gaan die korrupsie voort

moegoe ·

Grassie:You right, ou Mac-cy se mond raak elke dag al wyer/breër van liegstories oor ZOEMPAS se onmisrabele / onsedelike leefstyl n die nie nakoming van werksaangeleenthede.Zoempas het al klaar n stinkvleisie by BOB SE DOGTER SE TROUE ingetrek.

Ocks ·

Geen mens wat aanspraak maak om n Christen te wees kan ooit aan die all national criminals behoort nie, want hulle ondersteun en keur die bose goed.

Apunamous ·

Weet julle nie hoe belangrik teetyd vir ons Souties is nie , you don’t just cut in on my tee , however long it may be .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.