Presidensie ontken geskil met tesourie oor SAL-raad

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad Foto: GCIS

Dudu Myeni, voorsitter van die SAL-raad Foto: GCIS

Die presidensie het Sondag ontken dat daar ʼn geskil is tussen pres. Jacob Zuma en die minister van finansies Pravin Gordhan oor die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se raad.

“Die presidensie neem kennis van mediaberigte oor ʼn geskil tussen die presidensie en die nasionale tesourie wat betref ondersteuning aan die SAL,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê. “Die gerugte en geskinder wat in die Sunday Times berig is, is vals en ongelukkig is die presidensie nie genader vir kommentaar deur die koerant nie. Die presidensie en die nasionale tesourie werk goed saam oor hierdie kwessie en probeer saam ʼn oplossing vind.”

Die Sunday Times het berig dat Zuma en die tesourie koppe stamp oor wie die SAL moet lei en dat dit die lugredery in ʼn ongekende krisis kan dompel. Hongkong se registrateur van maatskappye het die SAL slegs tot 6 September gebied het om sy finansiële jaarverslae in te dien, anders sal die lugredery gederegistreer word wat beteken dat dit nie meer na die land sal kan vlieg nie.

Die koerant berig Gordhan het geweier om SAL se versoek toe te staan vir ʼn regeringswaarborg van R5 miljard.

“Die Sunday Times verneem dat Zuma twee voorgestelde aanbevelings vir die raad deur Gordhan en sy voorganger, Nhlanhla Nene, geïgnoreer het. Nene se voorstel vir die raad sou Zuma se persoonlike vriendin, Dudu Myeni, as voorsitter vervang het. Gordhan se lys stel glo voor dat Myeni heeltemal van die SAL-raad verwyder moet word,” het die koerant berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lance ·

Geskil of nie SAA is in groot moeilikgeid veral na die of gese het hulle moet nog n boete betaal ….ag ” just find the money ” is seker weer sy woorde vir dit ook ….find it from ?? The tax payer …..jy maak my moeg man ! Kan sien jy het jouself ook wiskunde geleer !

Columbiana ·

“Ongekende krisis dompel”.
Nee wat dis nie meer ‘n ongekende krisis nie maar ‘n alledaagsheid in staats instellings inteendeel die woord krisis is seker deesdae een van die catch phrases in die instellings.

snoefie ·

mnr die president, Tannie Dudu kan nkandla gaan bestuur. jy kan vir jaar n kantoorblok in sandton kry uit jou eie persoonlike sak. sy sal goed vaar daar.

Jan maak n Plan ·

Ja so begin die soustrein se wielle afval. dis nou nie mneer te lank voordet die soustrein van die sppor afval nie. Hopelik is die om n draai en in n kloof af.

Johann Marx ·

Sy onderhandel net nog haar “goue handdruk”…gee kans. Dit gebeur by AL die semi staatsinstellings, wat een na ander onbeholpe ongekwalifiseerde President’s vriende ‘n kans in die stoel gee……en wat dan daar uitloop met ‘n paar miljoen in die sak.

Joann ·

Ag wat dit is mos maar ou nuus,zuma nuus. As mens lieg dan kan jy steel.

Drieks ·

Dudu Myeni, Hoe het jy dit reg gekry dat daar 100 miljoen rand per maand kaartjie gesteel was vir so lank. Dis hoekom jou vriend Zuma jou daar hou. Ons kan net duimvas hou vir nuwe leierskap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.