Presidensie ontken kortlys vir NVG-hoof

Glynnis Breytenbach (8 April 2016) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die presidensie het Donderdag mediaberigte ontken dat sekere name reeds op ʼn kortlys geplaas is as kandidate vir die posisie van Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings (NDOV).

“Die paneel wat deur pres. Cyril Ramaphosa op die been gebring is om kandidate te identifiseer en te kies vir oorweging is nog besig om die kortlys saam te stel. Daar steek dus geen waarheid in berigte oor kandidate op ʼn kortlys nie,” het Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

“’n Openbare verklaring sal uitgereik word sodra die kortlysproses afgehandel is.”

Mediaberigte het Donderdag beweer Andrew Chauke, die Suid-Gautengse direkteur van openbare vervolging, en Glynnis Breytenbach, ʼn voormalige aanklaer wat later by die DA aangesluit het, word albei vir die invloedryke posisie van NDOV oorweeg.

Ramaphosa het verlede maand ʼn aantal regsorganisasies en onafhanklike openbare instansies genooi om hom te help om mense te identifiseer wat vir die NDOV-pos oorweeg kan word.

Die paneel, onder die voorsitterskap van min. Jeff Radebe, is versoek om moontlike kandidate te identifiseer, vas te stel of hulle aan die nodige kriteria voldoen, onderhoude met hulle te voer en dan minstens drie kandidate vir die president aan te beveel.

Hoewel die paneel aanbevelings sal maak, bepaal die Grondwet dat slegs die president ʼn NDOV kan aanstel.

Diko het destyds gesê Ramaphosa sal wel met Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, beraadslaag voordat ʼn aanstelling gemaak word.

Die organisasies wat gevra is om insette te lewer is onder meer die Balieraad van Suid-Afrika, die Black Lawyers Association, die National Association of Democratic Lawyers, die Menseregtekommissie en die ouditeur-generaal van Suid-Afrika.

Die paneel moet binne 90 werksdae sedert 13 Augustus hul aanbevelings aan die president voorlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dafer ·

Sny die kortlys se stert af, onmiddelik, as dit die bevredigend is nie!!!!!

Andrew ·

Haar naam word net genoem om voor te gee korrupsie moet beveg word

Hannes ·

Glynnis sal nie die pos kry want Jeff Radebe en Michael Masutha sal namesn die ANC daarvoor sorg, sy is te ‘tough’ en objektief. Die ANC wil nie met nog ‘n Thuli Madonsela sit nie. Net ‘n stukkie inligting tov Madonsela, 95% vd OB se ondersoeke word deur die SOE gedoen maar die OB reik die verslag uit. Die Resewebank mandaat debakel van Mkhwebane is omdat sy self die aanbevelings in daardie verslag om politieke redes gaan verander het. ‘n Swak SOE = ‘n swak OB omdat die SOE die OB se werk doen

Freek ·

Jacob Zuma het nie geweet hy maak n fout vir die ANC toe hy Adv Jan Mothibi as SOE hoof aangestel het nie. Mothibi het onland die NVG aangevat oor hulle so sloer om die sake vd SOE te vervolg

nannie ·

Kom ons hoop en bid Glynnis Breytenbach of Thuli Madonsela kry die pos.

Nel ·

Volgens ‘n nuusberig het Thulie glo gesê dat sy nie belangstel in die pos nie.

marieta ·

my eerste keuse is ook Glynnis en dan Thuli …. ek dink hulle is die geskikste vir die pos!!

Alida ·

Breytenbach perfek vir die pos maar ongelukkig is sy wit en hulle is bang vir haar. Sy vat nie bollie van niemand nie en ek bedoel NIEMAND.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.