Presidensie ontken noodtoestandberigte

Pres. Jacob Zuma tydens sy antwoordsessie in die parlement (2 November 2017). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Die presidensie het Dinsdag mediaberigte ontken wat meld dat pres. Jacob Zuma besig is om konsepregulasies vir ʼn noodtoestand op te stel.

“Die presidensie ontken die berigte dat die presidensie begin het om konsepregulasies vir ʼn noodtoestand op te trek en dat pres. Zuma ʼn span mense aangestel het om dié regulasies op te stel,” lui ʼn verklaring van die presidensie.

Dié verklaring kom in reaksie op ’n berig van die Sondagkoerant Rapport wat beweer dat die presidensie vir die eerste keer in 20 jaar begin het om konsepregulasies vir ’n noodtoestand bymekaar te stel.

Rapport beweer dat hulle die konsepregulasies ingevolge die Wet op Noodtoestande van 1997 self onder oë gehad het.

Dié berig het onder meer genoem dat enige veiligheidsbeampte ingevolge hierdie konsepregulasies volgens sy eie oordeel kan optree en mense in hegtenis kan neem, eiendom kan deursoek of kommunikasiekanale soos byvoorbeeld selfone of die internet kan afsny. Die berig meld verder dat die Grondwet die president toelaat om ʼn noodtoestand te verklaar wanneer oorlog, inval, opstand, natuurrampe of ander gevare die nasie se veiligheid bedreig.

Volgens die berig het PW Botha, president in die apartheid-era, só ʼn noodtoestand verklaar op 25 Julie 1985 toe teenapartheidsaktiviste vir onbepaalde tydperke in onbekende plekke aangehou is. Ten minste 575 mense is binne ses maande van dié aankondiging doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Vraagteken ·

Hi Alida, dalk weet hy presies wat hy doen. Zuma is ‘n baie intelligente politikus.

Freud ·

Elke ontkenning laat my regop sit. Glo my… Waar daar rook trek brand daar vuur. As hy ontken dan is hy besig daarmee.

JV ·

Die polisie het reeds alle buffels en dergelike voertuie laat herstel sodat dit gereed was vir enige onlus situasie. Die herstelwerk was so beplan dat alle diesulke voertuie vanaf 1 November operasioneel is.
Fondse is verkry deur virement vanaf rekenige na die instandhoudingsrekening oor te plaas.
Vir die [hoogs waarskynlike] onluste en onrus wat kom is dus reeds maande al voorsien.

Loeis ·

En dan moet die weermag ook ontplooi word, blykbaar om misdaad op die Kaapse vlakte vas te vat.

Of dalk om in te tree as iemand se gesalfde nie volgende week verkies word nie, en ‘n… noodtoestand… afgekondig word? Ek spekuleer nou sommer maar.

Eish ·

Die presidensie is nou een instansie wat spaarsamig met die waarheid omgaan, dis verseker. Die 783 klagtes van bedrog word ontken, asook dat dit die meesterbrein agter staatskaping is, verkragting word ontken “en so voorts”.

braaier ·

Verwag dan maar dat ‘n noodtoestand aangekondig gaan word.

Mara ·

Verwag enigiets van die president. Hor nader dit aan d-dag kom hoe meer sprongr gaan die benoude kat maak…

Willie ·

Daar is verreikende probleme met n noodtoetstand, want dan vat die staat volle beheer, en niemand het n se nie….

Wanda ·

Klink rerig soos n riller fliek. Here wees ons genadig…. die Woord se die einde gaan bitter erg wees.

Al ·

Ek is egter optimisties. Elke oorwinning, hoe klein sneeubal tot n grote. Die wiel draai en hy draai die korruptes vas.

Tiger ·

Rapport sal NIE ‘n onware storie die wereld instuur nie.Gelukkig het ek en my man reeds ‘n tyd gelede al ‘n goeie nood voorraad kruideniersware ,gas vir ons gasstoof en dieselbranstof vir ons bakkie bymekaar begin gemaak.Ons het ook die wetlike hoeveelheid ammunisie vir al ons vuurwapens.Ons sal ‘n goeie ruk kan oorleef sonder om naby ‘n dorp te kom.
Wees gewaarsku, ‘n noodtoestand is BAIE nader as wat ons dink.So maak gereed daarvoor.Die’ wat Zuma glo leef in ‘n droomwereld.

Sputnik ·

Nou gaan almal weer op hol en gaar gas en blikkiekos op! Die polisie het geen buffels nie, behalwe dié agter die toonbanke in die aanklagkantore.

HPV ·

Weereens, dank FW en Roelf vir die mag wat aan Zuma toegeken is. Nou erken van die grondwetskrywers hulle het foute gemaak deur die president soveel mag te gee. Waar laat dit ons nou? Nou sal die ou koor weer inskop, ons het nie ‘n keuse gehad nie! Ons het in daardie stadium wel ‘n keuse gehad, net moedelose mense het nie keuses nie. Ander het altyd keuses.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.