Presidensie ontken versoek vir Zuma-donasies

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Die presidensie het Dinsdag die publiek gewaarsku oor beweerde slenters op sosiale media, waarin mense versoek word om geld in bankrekenings te betaal ter ondersteuning van pres. Jacob Zuma.

Dr. Bongani Ngqulunga, Zuma se woordvoerder, het gesê die versoeke is vals en word gemaak nadat die Tesourie Maandag sy verslag oor hoeveel Zuma uit sy eie sak vir nie-veiligheidsverwante opgraderings by Nkandla moet betaal, by die konstitusionele hof ingedien het.

“Geen rekening is vir die doel geopen nie en geen versoek is aan lede van die publiek gerig om by te dra nie,” het Ngqulunga gesê.

Die Tesourie het bevind Zuma moet R7,8 miljoen aan die staat terugbetaal. Die konstitusionele hof het op 31 Maart vanjaar bevind Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom, toe hy Thuli Madonsela, die openbare beskermer (OB), se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het.

Zuma moet binne 45 dae nadat die hof die tesourie se syfers goedgekeur het, die bedrag betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Lida ·

Oe ek weet nie hoekom plaas julle nog ‘n foto van daai man in die koerant nie. Ons is dik vir hom en al sy trawante !!!!

Lida ·

As dit waar is dat daar geld ingesamel word wonder ek net wie gaan bydra tot sy skelmstreke. Sy eie mense en aanhangers kan nie want hulle het nie werk nie en brand en plunder als wat voorkom uit protes. Sterkte ou maat indien jy enigiets van hulle verwag.

maritz ·

Die Gupts se hande is oop . Dis hulle wat als vir hom laat bou het .

Rynhardt ·

Dit maak nie saak of presidensie, Zuma-donasies ontken nie, hul verstaan nog steeds nie boodskap nie.Zuma-regering het geen geloofwaardigheid nie!Daar sal sekere kruipers wees wat sy koste sal dek op een of ander manier!

Bulkalf ·

Ag kom nou mense! As ek nou R7.8 mil skuld gehad het, en ander siele was bereid om my te help. Hoekom dan nie? Ek sal dadelik my bankbesonderhede bekendmaak.

Theresa B ·

Waar ‘n rokie is – word daar altyd gesê. Gee my net krag. Ek stem saam met Lida.

GES ·

Hoe gaan die betaling geskied? Kontant, EFT, eWallet, KBA of op skuld?

GES ·

Hoe gaan die betaling geskied? Kontant, eft, eWallet, of op skuld?

Koos Karoo ·

Een van ons dorp se institusionele en bekende bedelaars keer my vanoggend voor vir sy gebruiklike bedelversoek; hierdie keer deel hy my (met ‘n knipoog) mee dat hy “donasies” neem om Zuma te help om Nkandla af te betaal….

C ·

Ag asseblief tog!!!!!!!!!! Ek het nog nie een versoek gehoor of gelees vir hierdie donasies nie. Dit is nou net weer ‘n foefie media dekking van die presedensie se kant af om die publiek te oortuig dat ons dit nie gaan betaal names ou zuma nie. Waar ‘n rokie trek moet daar ‘n vuurtjie wees, en hul slaan alklaar die vlammetjies dood. Wie met ‘n gesonde verstand sou nou in elk geval vir hom ‘n bydrae wil lewer, beslis nie ek nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.