Presidensie ontken Zuma ‘het geld in VAE versteek’

President Jacob Zuma by die amptelike gesprekke met eerste minister Sheikh Mohammed bin Al Rashid Maktoum van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) (Foto: @presidencyZA, Twitter)

President Jacob Zuma by die amptelike gesprekke met eerste minister Sheikh Mohammed bin Al Rashid Maktoum van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) (Foto: @presidencyZA, Twitter)

Die presidensie het Saterdag die “verregaande en kwaadwillige” bewering deur EFF-leier Julius Malema ontken dat pres. Jacob Zuma R6 miljard kontant vir die Gupta-familie na die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) saamgeneem het.

Malema het Vrydag beweer dat Zuma “sakke vol geld gevat het om te gaan versteek” tydens sy besoek aan die VAE en dat die besoek glo nie amptelik was nie, maar persoonlik. Volgens Malema het Zuma die geld saamgeneem om vereistes van die Reserwebank te ontduik en kon dit boonop “maklik doen” omdat hy nie deur veiligheidsbeamptes deursoek word nie.

Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, het gesê Malema se bewerings is ongegrond. “President Zuma het onlangs suksesvolle besoeke aan die Koninkryk van Saoedi-Arabië en die VAE afgelê om bilaterale handels- en ekonomiese betrekkinge tussen Suid-Afrika en die twee lande onderskeidelik te versterk,” het Majola gesê.

“Mnr. Malema se bewerings is onwaar én lasterlik. Die presidensie hou hom die reg voor in die verband.”

Malema het gesê hy sal binnekort bewyse van sy bewerings bekendmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Mielie ·

……waar daar ‘n rokie is……ek glo Malema, as dit nie waar was nie, sou hulle alreeds ‘n hofaksie begin het. Baie van Zuma se mense gaan oorstap na die EFF. Dalk beplan JZ om te vlug, en sodoende vervolging te vermy, hy weet wat wag vir hom. So oneerlik, geen integriteit nie, tog soveel mag.

Cherokee ·

Hoeveel waarheid in die geldkarwei-storie is weet ek nie maar wat jy hier sê Mielie, is wat ek ook lankal probeer om optimiste te oortuig. Dit is dat die DA-aanhangsels nie moet hoop dat húl swart politieke party die volgense stoelbesetters sal wees nie. Al ìs hulle die amptelike opposisie sal dit so bly. Wanneer die ANC uitgeskop word sal dit ten gunste van die EFF of iets in dier voege wees.

Hennie de Beer ·

Nadat die korrupte Gupta Zuma verhouding deur Malema ontbloot is en hy dit openlik in die openbaar en Parlement aan die klok gehang het, neem ek sy inligtingsbronne en moontlike bewyse nie ligtelik op nie.

Manie ·

Malema wil nou net weer hé mense moet goeie dinge van hom sê.

Manie ·

Malema wil nou net weer hé mense moet goeie dinge van hom sê.

Jdp ·

Ek stem saam dat Malema reg kan wees. Wees beindruk met sy vermoe om ANC onregte aan die klok te hang -moet net nie vir hom stem want as hy aan bewind kom gaan ons met heimwee terug verlang na die Zuma era

Tiger ·

Al kan dit BEWYS word dat hy geld daar gaan berg het , sal zumpie net se hy het nie en dan is als oor en verby!Maklik!

Frederik ·

Malema is defnitief reg. Hy het meer kontakte in die ANC se binnekring as wat ons dink.

Theo ·

Wel Frederik, dis of binnekring of n buitelandse Int diens wat hom hierdie info voer. Indien laasgemoemde kan jy maar weet. As hy dit uit sy duim suig is hy dommer as wat ek vermoed het.

Weskaper ·

Ek sal nooit vir EFF stem nie maar glo die bewering van die geld want dit kan ons tog verwag. Die tou trek net stywer om sy nek.

Gatvol ·

Ek kan saam stem met die storie. As hy 10 miljard iewers in n ander land weg gesit het, wat is sy “winste” na die hele Des Van Rooyen skandaal? Die Rand het erg verswak. Hoe meer hy die Rand belemmer hoe meer kry hy op die ou einde.

Wonder hoe lank hy gaan vat om weer so iets te doen sodat hy meer geldbin die bank kan he om vir Nkandla te betaal. Gaan hom dan mos eintlik niks kos nie. Belemmer die Rand sodat sy geld kan groei in VAE.

Frederik ·

Gatvol, ek dink as hy genoeg gesteel het om landuit te skuif, gaan hy nie omgee wat van Nkandla word nie. Dit is in elk geval op kommunale grond geleë en dus nie sy eiendom nie. Daar’s genoeg plek vir al sy vrouens en as die kinders so vier vier per kamer slaap, behoort daar vir hul ook genoeg ruinte te wees.
Feit is dat hy liewer nog meer van die SA belastingbetaler sal steel om vir hom ‘n nuwe nessie te gaan veer in ‘n oorsese land voordat hy die Nkandla geld sal terugbetaal.

Joann ·

Malema is nie so slim as wat hy slinks is nie. Ek glo hy praat die waarheid. Ons blankes is te bang om iets te doen,dit is maar al die jare so. Ons trek dwars stem nooit saam.

pat aldrich ·

I did not wanted to do that im sorry en of dit waar is die saak afgehandel. Glibberige skelms

vermeende ·

Ons sal die opskrif nog hier lees………

ZUMA HET NIE BEDOEL OM DIE GELD SAAM TE VAT NIE

Gielie ·

Gee Zuma met sy volgende besoek net R6 om saam te vat, hy sal nie die verskil verstaan nie.

sarie van heerden ·

Zuma is ‘n oneerlike mens maar hy was slim genoeg om hom te omring met mense soos hyself wat hom van raad bedien en sekerlik ook deel in die winste. Ek is versigtig vir Malema want hy is nie so dom as wat ons dink nie en as hy klaar is met ou Zumpie gaan hy die blankes pak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.