Presidensie ‘ontstoke’ oor Madonsela

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die presidensie het Saterdag gesê hy is “ontstoke” oor uitsprake deur die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, dat sy deur pres. Jacob Zuma “geteiken” word omdat geld van haar uitbetaling afgetrek word nadat haar termyn verstryk het.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê volgens die Openbare Beskermer Wet, word die vergoeding en diensvoorwaardes van die openbare beskermer deur die parlement bepaal. “Die president speel geen rol wanneer dit kom by die salaris of diensvoorwaardes van die openbare beskermer nie,” lui die verklaring.

“Dit is jammer dat adv. Madonsela besluit het om die president se naam te gebruik in sake waarby hy nie betrokke is nie. Die misbruik van die president se naam in so ʼn geval is belaglik en teleurstellend.”

Vroeër Saterdag is berig dat Madonsela aan eNCA bevestig het sy glo Zuma, of mense wat simpatiek is teenoor hom, is die rede waarom R470 000 van haar uitbetaling afgetrek is nadat haar termyn verstryk het.

Maroela Media het voorheen berig Busi Mkhwebane, Madonsela se opvolger, het Donderdag gesê geld is by Madonsela se uitbetaling afgetrek, omdat sy ʼn amptelike voertuig, ʼn BMW X6, bly gebruik het ná haar termyn verstryk het, asook vir skade aan die motor ná ʼn ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Nel ·

Dra die president se naam hoegenaamd iewers nog gewig – I don’t think…..

Jaco ·

Natuurlik dra hy nog baie gewig. Veral by die Guptas se betaallys.

Nel ·

Nee nie eens by die Guptas nie want hulle gebruik hom as ‘n pion en ‘n pion is ‘n subatomiese deeltjie….so min dink hule van hom.

Jakes ·

President het daardie bedrag vir homself gevat! Hy maak somme beter as wat praat en tel.

Anoniem ·

Nee nee nee….

Dis nie: “Die misbruik van die president se naam in so ‘n geval is belaglik en teleurstellend.”

Dit is: “Zuma as president is belaglik en teleurstellend.”

Justice ·

Leoni gewoonlik is so `n mpy / staats voertuig verseker. Indien jou kind die voertuig sou neem sonder jou toestemming en dan `n ongeluk maak sal hulle die skade betaal mits jy die kind strafregtelik aankla vir diefstal van die voertuig. Dit is `n “catch 22” situasie – geen ouer sal wil he dat sy kind met `n kriminele rekord vir voertuig diefstal moet sit nie. Gelukkig in Madonsela se geval was dit `n enkelvoertuig ongeluk en niemand is ernstig beseer of gedood nie wat meer repurkusies vir haar en haar kind tot gevolg sou gehad het. Ek vertrou dat sy alreeds goeie regsadvies gekry het en aanvaar dat sy aanspreeklik vir die skade aan haar staatsvoertuig is. Geen maatskappy laat jou ook toe om `n voertuig van hulle te gebruik nadat jy hul diens verlaat het nie tensy jy skriftelike toestemming daartoe het nie.

Japie ·

As jy met varke speel raak jy ook naand vuil. Beste vir haar is om nou maar stil te bly en eerder vir mooi redes in die nuus te kom.

JR ·

Aag Tannie Thuli

Ignoreer die ou diktator en sy kinderagtige optrede. Net hy en sy paar binnekring Fafiseers glo nog in hulself.

Ek en die hele nasie (die met verstand) weet wie en wat jy is. Jy is ystervrou met onwrikbare karakter. Meer as die hele ou keboedel saam. Hule se in engels:” jealousy makes you nasty”.

Jy het hom nat pak gegee. Voor die oe van die hele nasie en die wereld. Sy nalentenskap lyk ma vrot. Joune blink soos ster.

Hierdie is ma bitterbek kommentaar.

Staan sterk. Ek hoef dit nie eers te se nie…

JR

Mellie ·

Thuli Madonsela vir President!!!!! Ou Zuma sal nooit eens oor n fraksie van haar integriteit, eerlikheid of guts beskik nie.

Susan ·

Ek stem saam DA kry haar asb as Predident van hierdie land sy sal die land reg ruk en vir ons almal ñ land kan gee om op TROTS te wees!!!!!!!

Wally Walters ·

Wereld se respek vir Madonsela.Staatsvoertuig mag net met magtiging bestuur word.Ek kan nie dink dat jy enige ieman anders as n gemagtige persoon kan laat bestuurnie.Die voertuig moes ook terug gehandig word met die verstruiking van haar termyn.Ongelukkig as die skoen pas trek hom aan

Adam Boshoff ·

As ek reg onthou was die saak ondersoek en daar was beslis dat sy nie hoef te betaal nie maar die nuwe Zuma handsak het anders beslis

Della ·

Madame Thulie, wereld se respek vir jou. Jou naam loop jou vooruit as ‘n eerbare mens. Die “president” en sy volgelinge…nou ja, ons kan almal tussen die lyne lees. You rock!

Sarie Viljoen ·

Thuli gaan sien vir Gerrie Nel. Hy werk mos nou nie meer vir die staat nie.

Hannalie Jonker ·

Die liewe president self is belaglik en teleurstellend

Wynand Kruger ·

As hy teleur gesteld moet hy dink hoe voel ons. Hy is diu ultimate bluff
.

Jan maak n Plan ·

Wat daarvan dat Afriforum haar ook in kry dan kan sy saam met Gerrie Nel werk. Sy ken seker ‘n hele paar geraamtetjies in nr 1 se kas.

koos ·

Mme Madonsela, ek dink dis om dat u aan die verkeerde kant van die draad is. As jy die squad gejoin het, sou alles nou klopdisselboom gegaan het. Maar hulle gaan jou hunt en nie ophou voor jy ophou asemhaal.

Steve Stephansen ·

Ek wens so Thuli kan Zuma ry tot in die modder. Varke in hierdie land sal ons nerens bring nie….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.