Presidensie ontvang reaksie oor Phiyega se geskiktheid

Riah Phiyega. Foto: Flick/GovernmentZA/GCIS

Riah Phiyega. Foto: Flick/GovernmentZA/GCIS

Die presidensie het die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, se reaksie ontvang in antwoord op ʼn vraag oor haar geskiktheid om haar pos te beklee.

“Genl. Phiyega het net voor 23:00 gisteraand [Vrydagaand] haar kommentaar en reaksie by president Jacob Zuma ingedien,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê. Dit volg ná aanbevelings van die Marikana-kommissie van Ondersoek, gelei deur regter Ian Gordon Farlam.

Volgens die presidensie sal Zuma die reaksie bestudeer om te bepaal of enige ingryping nodig is en wat die aard van só ingryping sal wees.

Die Farlam-kommissie van Ondersoek het ondersoek ingestel ná die slagting tydens ʼn gewelddadige staking by Marikana, Noordwes, in 2012. Die kommissie het in sy verslag, wat verlede maand vrygestel is, aanbeveel dat die nasionale kommissaris se geskiktheid om haar pos te beklee, ondersoek moet word.

Phiyega het tot Vrydag kans gehad om skriftelik haar redes by die president in te dien waarom sy nie ondersoek moet word nie.

Die kommissie se 646 bladsy lange verslag het kabinetministers vrygespreek.

Altesaam 34 myners is dood nadat die polisie op 16 Augustus 2012 op hulle losgebrand het. Tien persone is die voorafgaande week dood tydens die staking by Lonmin.

Lees alle berigte oor Marikana op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Winston ·

Ondersoek die land se verkose leiers eers en dan die wat deur hulle aangestel is. Wat n gemors is hierdie nie? En belasting geld word onnodig vermors.

christine ·

Winston ek glo Zuma het haar ondersoek weet net hoe nie. Toe sit ons met Ria Paragora

Johann Marx ·

Die een oomblik by Absa….die volgende oomblik Nasionale Polisie-kommisaris. Binne een jaar die hoogste moontlik rang….en behang van die medaljes. Hoe werk dit? En WIE het haar aangestel? Daar word nou baie “aangesteldes” in Suid Afrika ondersoek oor hulle kwalifikasies….maar hoor ‘n mens ooit WIE die aanstellings gedoen het?

J.Z ·

Mense sy is reg dat sy nie ondersoek moet word nie,ek stem 100% saam.Maar wat sy nie se nie is dat die man wat haar aangestel het ondersoek moet word,dit is waar die probleem begin het.

Dave ·

Zuna sal besluit of enige ingryping nodig is en indien wel, wat die aard daarvan sal wees.
Dit opper die vraag of daar in hul kultuur en taal ‘n weergawe is van die ou-ou spreekwoord wat praat van wolf wat skaapwagter gemaak is.

Dave ·

…en die storie dat sy moet verduidelik waarom sy nie ondersoek moet word is ook stoepit. As sy seker was van haar posisie behoort sy hulle eerder uit te gedaag het òm haar wel te ondersoek. ‘n Pleidooi om nie ondersoek te word neig om te klink na ‘n skulderkentenis.

Hansie ·

Ek is oortuig daar sal NIKS van kom nie. Al die verslae is net om vir tyd te speel en die belastingbetaler se geld nog ver te mors. Ou stortkop sal eenvoudig verklaar dat hy haar uitstekend vind….

FM ·

Dit wys jou net hoe zuma se kop werk. As ek dit reg het, het zuma haar aangestel. Weereens het hy iemand aangestel sonder die nodige ondervinding. So, die vinger wys weereens na zuma met sy kaderaanstellings.Kan iemand my sê wat het hy as president al reg gedoen?

pieta ·

FM, dis maklik en ek sal jou antwoord – NIKS, ZERO, BOGGERALL, NOTHING…

Kobus ·

ek sien dat zuma die verslag moet bestudeer, ek het nie geweet dat die man kan lees nie?!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.