Die presidensie sal Donderdag reageer op die Openbare Beskermer se verslag oor opgraderings by Nkandla.
Mac Maharaj, woordvoerder vir die presidensie, wou Woensdag nie kommentaar lewer oor die bevinding dat pres. Jacob Zuma en sy familie onregmatig voordeel getrek het uit opgraderings by Zuma se privaatwoning in KwaZulu-Natal nie. Hy het navrae na die regering se kommunikasie- en inligtingsdiens (GCIS) verwys.
Die Openbare Beskermer het Woensdag haar verslag oor die opgraderings by Nkandla vrygestel.
GCIS het ʼn mediakonferensie vir 15:00 geskeduleer. -SAPA
Oom Mac het seker die hele aand gele en dink wat moet hulle lieg vir die land siestog
Stem saam Alet … Maak-n-geraas gaan vandag lieg en bedrieg op sy beste. Hy gaan natuurlik die blam op iemand anders plaas, (moontlik op apartheid) behalwe op die sot wat ons land kamstig regeer.
Jare gelede het ek gelag as daar geskrywe word oor Idi Amin ….. nou sit ons met dieselfde nare in Suid Aapland!