Presidensie swyg oor korrupsie-aanklagte

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Jacob Zuma. Foto: GCIS

Daar was die afgelope week verskeie berigte oor hoekom korrupsie-aanklagte destyds teen president Jacob Zuma laat vaar is, maar die presidensie het steeds geen kommentaar daaroor gelewer nie.

Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, het nog nie reageer op vrae wat Vrydag en Maandagoggend aan hom gestuur is nie. Beeld het Maandag berig dat Zuma regsbeginsels uit die saak van die voormalige Amerikaanse president Richard Nixon gebruik het om aan te voer hoekom die korrupsie-aanklagte teen hom laat vaar moes word.

Die inligting is vervat in ʼn interne memorandum van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en is glo deur senior aanklaer Billy Downer opgestel. Zuma was destyds in 2009 president van die ANC en die verkiesing sou in minder as twee maande plaasvind.

Die dokument verwys na Zuma se vertoë, wat deur sy prokureur, Michael Hulley, opgestel is. Een van Zuma se argumente oor hoekom hy nie vervolg moes word nie, is dat hy binnekort president sou word en dit ʼn “grondwetlike krisis” tot gevolg kon gehad het indien hy vervolg sou word.

Die NVG-dokument verwys na bl. 78 van Zuma se vertoë waarin daar melding gemaak word van ’n saak van die VSA se appèlhof, waarin Nixon aangevoer het dat ’n president vrywaring geniet van regsprosesse en hy [Zuma] dus nie bande wat hom impliseer aan ondersoekers hoef te oorhandig nie.

Downer het glo teruggekap en gesê die bewerings teen Zuma was van “die mees skokkende korrupsie” wat swaar boetes dra. Hy het aangevoer dat Nixon nie vrywaring gekry het nie en bedank het.

Downer het glo in ʼn memorandum aan Mokotedi Mpshe, voormalige hoof van die NVG, gesê Zuma is nie ʼn dienende president nie en indien hy tot president verkies sou word, dit gedoen sou word met volle kennis van homself, sy party en kiesers dat daar ernstige strafregtelike aanklagte teen hom hangend is.

Mpshe het egter ʼn maand later die korrupsie-aanklagte teen Zuma laat vaar. Mpshe wou nie Vrydag kommentaar lewer op die berig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

alet ·

Kyk nou net as n mens skelm is jy skelm die waarheid sal seevier of hoe Zuma sal sy dag kry verseker hulle sal hom nie altyd kan beskerm nie of hoe

alet ·

Kyk nou net as n mens skelm is jy skelm die waarheid sal seevier of hoe Zuma sal sy dag kry verseker hulle sal hom nie altyd kan beskerm nie of hoe .Oumackie trap al dieper in die gemors met al sy leens

HEVW ·

Ou grote jy se korupsie is n westerse konsep. Met ander woorde jy veroorloof jouself om korup te wees. Jy erken hiermee dat jy wel korubsie mag pleeg,en staan dus reeds skuldig voor die gereg.
Vir meer dan 300 jaar is jul alreeds bloodgestel aan n westerse beskawing en julle het nog nie vrygekom van hiedie opvatting nie. Wanneer dan????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.