Presidensie vaar uit oor Zuma/Gordhan-berigte

Pres. Zuma en Gordhan. Die foto is in 2011 geneem. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Zuma en Gordhan. Die foto is in 2011 geneem. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die presidensie het Vrydag uitgevaar teen berigte van ʼn bitter magstryd tussen pres. Jacob Zuma en Pravin Gordhan, minister van finansies, oor beheer van die tesourie en gesê as president het Zuma reeds die finale sê oor die departement.

“Dit is absurd om te sê dat die president in ʼn magstryd gewikkel is om ʼn regeringsdepartement wat hy reeds beheer, veral wanneer hy eintlik die hele regering beheer,” het Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, gesê.

Ngqulunga het met verwysing na mediaberigte, ope briewe en bewerings gesê die “toksiese narratief” wat in die media ter sprake is, word met minagting deur die presidensie bejeën.

Sedert Gordhan se heraanstelling as minister van finansies in Desember 2015 word die verhouding tussen Zuma en die tesourie beskou as ʼn toutrekkery wat die staat se hulpbronne betref. Die persepsie is verder aangeblaas deur berigte dat Gordhan in hegtenis geneem kan word vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn sogenaamde “rogue”-eenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Volgens Ngqulunga is dit onmoontlik vir Zuma om “beheer” te kry oor die tesourie aangesien hy reeds aan die stuur van sake is. “Daar moet kennis geneem word dat die president alle staatsdepartemente beheer, insluitend die tesourie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lucas ·

Stem saam Johan. Dis hoekom alles in sy maai in is in hierdie land want hy IS in beheer!!!

Cherokee ·

…..aangesien hy reeds aan bestuur van sake is. “Daar moet kennis geneem word dat die staatspresident alle staatsdepartemente beheer, insluitend die tesourie.”

Wàt ‘n beskrywing van kommunisme!!

PJ ·

Ek wonder darem oor die fete een uit tien die waarheid hulle sè waar daar n rokie trek is daar n vuurtjie

Buitestaander ·

Met die hood NAR is dit geen wonder dat die land ‘n Sirkus is nie……

Johann Marx ·

Arme Bongani….wat nie verskil ken tussen “beheer”, “bestuur” en “plunder” nie. Ek is ook in “beheer” van my werkgewer se multi-miljoen Rand bankrekening waaruit ek krediteure betaal volgens die finansiële raamwerk van die maatskappy……Dit beteken NIE ek kan spandeer soos ek wil en vir my vliegtuie en ski-bote en jaggewere koop nie? Ek “bestuur” my verantwoordelikheid met daardie gedeelte van die maatskappy, wat aan my toevertrou is, en waaroor ek verslag moet doen wanneer ek gevra word. As ek net wild en wakker begin Range Rovers koop vir my vrou, ‘n vuurpoel by my huis laat insit, wildsplase vir my vriende koop…..dan “plunder” ek, en kan ek strafregtelik vervolg word en in die tronk beland!!! Wie gaan vir die armsalige idioot ‘n les gee in HOE dit eintlik werk?

christine ·

Hierdie nar vertrou ek sover as ek hom sien. Die pes se sekel is uit vir die minister. Nou raak hy ongeduldig hoe dom dink die ding is ons. PASOP en sy spin Dr erger as Mc M wat se ogies skeler trek as hy deur sy tande lieg.

Rowan ·

As hy in beheer van NIKS was nie sou dit uitstekend in die land gegaan het.

Johann ·

Deel van sy selfverhewe mingeagtheid se totale beheer en kontrole ( veral die tesourie) is dat hy ORALS skep wat en hoeveel hy wil he. En uitdeel aan sy trawante binne en buite die staat. Grootste rede wat Zuma NIE sal bedank nie is juis dit: hys nog nie klaar geskep vir homself nie…en beslis nog nie wat hy belowe het aan sy magsbasis nie. En om te donk ons praat só van ons land se president!!!!!!!

CHRISTA ·

Zuma is dalk in beheer van die tesourie, maar wat sy hok “rattle” is die feit dat hy nie die kapitaal wat in ons land belê word regtig kan beheer nie. Hy het gesien hoe sy aksies ons rand kan vou, want die buitlandse beleggers vat die pad!!! Daarom word hy so woedend – hy besef as hy Gordhan gaan vervang, gaan hy ons land se ekonomie so beskadig dat nie eers sy kwart-miljard woning die waarde van ‘n miershoop sal hê nie!!!

John ·

President wil vir amal lessies leer. Onthou, hy glo hy is die baas oor alles in die land. Gordhan is gewaarsku om nie iets te doen waaroor hy spyt kan wees nie. Ons president gaan binnekort sommer ook die 2 duisend jare oue probleme van Israel oplos. ‘Good luck, dr Zuma’.

Rynhardt ·

Die presidensie kan alles in hul vermoe doen om Zuma in n goeie lig te stel, maar die realiteit is dat alles is besig om induie te stort om hom en Anc! Te veel reise na die buiteland bewys alles en hy wil nog die wereld se probleme ook oplos terwyl SA s’ n floreer!

Andrea van Vuren ·

Nee Rynardt. Die man vlug weg van sy probleme. Jy noem dit in die fisiologie die “veg-en-vlug reaksie. Een van die dae vlug het met sy nuwe straler. Waarheen? Ek wag net tot die man se adrenalien opraak en hy begin vou…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.