Dr. Bongani Ngqulunga, Zuma se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê dit het ʼn neiging geraak vir City Press en Rapport om elke Sondag “misleidende gerugte en ʼn geskinder” te publiseer wat na bewering voortspruit uit ʼn bron of bronne binne die Suid-Afrikaanse Lugmag.
Rapport en City Press het Sondag berig die president weier om met sy amptelike vliegtuig, Inkwazi, te vlieg. “Die president het nie geweier om in enige vliegtuig te vlieg soos wat vandag berig is nie. Die presidensie het versoek dat ʼn betroubare vliegtuig beskikbaar gemaak word op 23 Mei om nog ʼn ongerieflikheid so gou ná Katar te vermy toe Inkwazi probleme gegee het.”
Volgens die presidensie is die berig in City Press dat Zuma op pad is na Durban om aandag te gee aan die kwessie rakende die nuwe premier, ook inkorrek. “Die president is Dinsdag Durban toe vir die bekendstelling van die nuwe Toyota Hilux en Fortuner-modelle waarna hy Kaapstad toe is om as voorsitter van die kabinet te dien die volgende oggend.”
Ngqulunga het gesê die weermag het aangedui dat daar na langtermynoplossings gekyk word rakende Zuma se vliegtuigprobleme.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Die nuwe Hilux en Fortuner is al te koop. Weke reeds al bekend gestel.
Voer maar jul eie lede ń p**p
Die klomp onderskat die mense se intelligensie .Zuma lei die land nie eers ordentlik nie waarom sal hy nou nuwe vrystellings van karre bywoon of is die karre vir sy vroue wat betaal word deur ‘n staatsdepartement se begroting lol
Nee, maar daar is dalk familie wie se motors, soos sy vliegtuig, ook vreeslike probleme ondervind. So…
Toyota, julle skuld ons nou n verduideliking. Is dit waar of nie, en as dit waar is, waarom betrek julle die president? organisasies met etiek en respek vir geregtigheid behoort nie meer met die man geassisieer te word nie. Of wat se julle wat kliente van Toyota is?
Hoekom langtermyn oplossing as hy nie meer lank president gaan wees nie