Presidensie vaar uit teen berigte oor Zuma-vliegtuig

Zuma in Uganda. Foto: Elmond Jiyane

Zuma in Uganda. Foto: Elmond Jiyane

Die presidensie het uitgevaar “teen nog ʼn misleidende berig in Naspers-titels” oor pres. Jacob Zuma se vliegtuig en vlugte.

Dr. Bongani Ngqulunga, Zuma se woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê dit het ʼn neiging geraak vir City Press en Rapport om elke Sondag “misleidende gerugte en ʼn geskinder” te publiseer wat na bewering voortspruit uit ʼn bron of bronne binne die Suid-Afrikaanse Lugmag.

Rapport en City Press het Sondag berig die president weier om met sy amptelike vliegtuig, Inkwazi, te vlieg. “Die president het nie geweier om in enige vliegtuig te vlieg soos wat vandag berig is nie. Die presidensie het versoek dat ʼn betroubare vliegtuig beskikbaar gemaak word op 23 Mei om nog ʼn ongerieflikheid so gou ná Katar te vermy toe Inkwazi probleme gegee het.”

Volgens die presidensie is die berig in City Press dat Zuma op pad is na Durban om aandag te gee aan die kwessie rakende die nuwe premier, ook inkorrek. “Die president is Dinsdag Durban toe vir die bekendstelling van die nuwe Toyota Hilux en Fortuner-modelle waarna hy Kaapstad toe is om as voorsitter van die kabinet te dien die volgende oggend.”

Ngqulunga het gesê die weermag het aangedui dat daar na langtermynoplossings gekyk word rakende Zuma se vliegtuigprobleme.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Uys ·

Die nuwe Hilux en Fortuner is al te koop. Weke reeds al bekend gestel.
Voer maar jul eie lede ń p**p

Grap ·

Die klomp onderskat die mense se intelligensie .Zuma lei die land nie eers ordentlik nie waarom sal hy nou nuwe vrystellings van karre bywoon of is die karre vir sy vroue wat betaal word deur ‘n staatsdepartement se begroting lol

John ·

Nee, maar daar is dalk familie wie se motors, soos sy vliegtuig, ook vreeslike probleme ondervind. So…

Leeukop ·

Toyota, julle skuld ons nou n verduideliking. Is dit waar of nie, en as dit waar is, waarom betrek julle die president? organisasies met etiek en respek vir geregtigheid behoort nie meer met die man geassisieer te word nie. Of wat se julle wat kliente van Toyota is?

Leeukop ·

Dankie vir die verduideliking, ek verstaan nou waarom zzzz in hierdie geval betrokke is.

Adam Boshoff ·

Hoekom langtermyn oplossing as hy nie meer lank president gaan wees nie

christine ·

Lyk of hy nie net in china se karre belangstel nie. volgens die berig se foto lyk dit sowaar of hy die volgende berig se seeppoeier op proef gestel het.

Frederik ·

Lyk my Nammawan se span het dit nou teen Naspers. Hy het nou vir byna ‘n week sy bek in toom gehou en Naspers se aandele het rekordhoogte bereik.

Cherokee ·

Ek ry die mees betroubaarste kar in die land; ‘n Corolla.
Waarom Toyo dit toegelaat het dat Zuma ons image bekonkel sal slegs die Japs weet. Slim genoeg om goeie karre te maak maar weet niks van politiek.

Wilhelm ·

Waarom doen die presidensie die moeite om op enigiets te antwoord, want niemand glo wat uit hul monde kom nie. Die gewone landsburger kan maar net die huidige lamsakkige regering verduur vir solank as mense wat nie logies kan dink nie hul daar hou.

Zumie ·

Probeer ons sagmaak oor hoe nodig ‘n ou nuwe vliegtuigie is ……..
Probeer weer …. ons is nie onnosel nie…..

Francie ·

Ek persoonlik dink dit gaan nie soseer oor die vliegtuig nie as oor ‘n man wat sy spiere wil wys
en dan geen rede wil verstaan nie
Hy laat my dink aan ‘n tweejarige kind wat sy sin wil hê.

Berhalet Beukes ·

Pleks vaar julle die see in en kom nooit weer terug nie. Julle is almal ‘n ewe pateties!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.