Presidensie verdedig Ramaphosa-erwe

Uitsig oor die see vanaf Fresnaye (Argieffoto, Maroela Media)

Uitsig oor die see vanaf Fresnaye (Argieffoto, Maroela Media)

Die presidensie het Sondag reageer op ʼn berig in die City Press oor eiendom wat adjunkpresident Cyril Ramaphosa in Fresnaye in Kaapstad aangeskaf het.

“Die presidensie wil graag bevestig dat die twee eiendomme in 2010 aangeskaf is deur ʼn lening wat teen ʼn ander eiendom onder sy familie se Tshivhase Trust aangegaan is,” het Ronnie Mamoepa, woordvoerder van die presidensie, in ʼn verklaring gesê. “Die eienaarskap van die twee eiendomme in Kaapstad vorm deel van adjunkpres. Ramaphosa se finansiële verklaring aan die parlement en die kabinet.”

Mamoepa het gesê die presidensie is besorg dat ʼn berig van só aard gepubliseer is sonder om kommentaar van die kantoor van die adjunkpresident te bekom.

City Press het berig Ramaphosa het die twee gesogte stuk grond aangeskaf teen ongeveer R30 miljoen. Konstruksie het reeds op die eiendom begin. Die grond is van die laaste erwe in Headweg met ʼn see-uitsig.

Volgens City Press het Bloomberg verlede maand Ramaphosa se fortuin beraam op R6.8 miljard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

ig ·

Hopelik sal hy dan nie nodig he om nog te steel by die gewone belastingbetalers om sy eie Nkandla te bou nie

fiki ·

Ai… Mag swart mense nie geld hê nie of eiendom besit nie. En verwyder weer my kommentaar maroela.

ig ·

Ironies dat Cyril in die Kaap koop en bou waar alles werk,Laat mens dink

neelsie ·

Lonmin het Ramaphosa lekker verryk.
Hoop nie belastingbetalers betaal die huis nie.

zahn ·

Ek gun enigiemand sukses toe in die wêreld vandag, maar in hierdie geval is daar ‘n paar vrae. Vandag se regering verkondig wyd en syd dat die swartman voor 1994 vreeslik deurgeloop het. Die boodskap is dat almal, almal van hulle, het gelei onder apartheid. Sonder uitsondering. (Die van julle wat van my verskil, kan hier inklim, asseblief. ) As hierdie stelling waar is, kan mnr Ramaphosa sseblief vir ons sê hoe de duiwel het hy in so ‘n kort tyd sy rykdom bymekaar gemaak? Indien daar geen politieke konneksies en uitbuiting was nie, beteken dit dat hy dan reeds voor 1994 sy skatte begin versamel het. Reg? Wel, hoe verklaar hy dan dat hy dit reggekry het terwyl AL die swartmense gelei het onder apartheid? Dis mos ‘n bewys dan dat apartheid inderdaad nie almal uitgesluit het nie, allermins vir hom? Geen politieke konneksies nie? Asseblief! Geen korrupsie nie? Sjym. Ons is nie almal voting stock nie, party van ons kan dink en gevolgtrekkings maak.

Stefaans ·

Ou Cyril en sy comrades het sekerlik nie vryheidsvegters (lees: terroriste) geword met die doel om arm te wees nie. Ek wonder maar net – as hy met sy blink karre en blou ligte verby die plakkerskamp ry, dink hy enigsins aan die arm mense wat mekaar, ter wille van liberation, lewendig verbrand het?

Rynhardt ·

Cyril Ramaphosa het groot belang by Lonmin en McDonalds,plus hy kry n astronomiese salaris maandeliks,danksy sy beste vriend,Roelf Meyer wat alles moontlik gemaak het.Nes FW de Klerk,sit Ramaphosa nou ook in n R30miljoen woning in die Kaap!Baie interessant.

pop ·

Ek sou Cyril enige tyd gekies het bo Zuma. Ten minste sou hy nie belastingbetalers se geld vir eie gewin gebruik het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.