Presidensie verdedig Zuma se uitlatings oor tienerma’s

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Die presidensie het pres. Jacob Zuma se uitlatings oor tienerma’s verdedig en gesê hy het nie meisies uitgesonder nie.

“Pres. Zuma het die noodsaaklikheid beklemtoon vir tieners om op hul studie te konsentreer en gesê kinders moenie kinders grootmaak nie,” het Mac Maharaj, woordvoerder van die presidensie, gesê.

Volgens Maharaj het Zuma in sy uitlatings na seuns en meisies verwys. Hy het gesê dit is onwaar dat Zuma slegs meisies uitgesonder het vir kritiek oor tienerswangerskap.

Zuma het Dinsdag tydens ’n debat in die Huis van Tradisionele Leiers in die parlement gesê tienerma’s moet van hul babas geskei word totdat hulle hul skoolloopbaan voltooi het. Hy het in 2009 tydens die verkiesingsveldtog soortgelyke uitlatings gemaak wat
hom in die sop laat beland het.

“Hulle moet weggevat en gedwing word om ver weg skool te gaan. Hulle moet deur die regering opgelei word totdat hulle bemagtig is en vir hul kinders kan sorg. Vat hulle Robbeneiland of enige ander eiland toe om te studeer totdat hulle opgelei is en dan kan hulle terugkom en kom werk en na hul kinders omsien,” het Zuma Dinsdag gesê.

“Die vroue het geprotesteer en gesê ek wil hul kinders van hulle wegvat, bla-bla-bla. So, ek het stilgebly, want ek het gesê daar is geen manier dat jong kinders die ma’s en pa’s van ander kinders kan wees nie. Hulle weet niks daarvan nie,” het Zuma gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johan Viljoen ·

Die arme dom man kan homself nie eers verduidelik nie, iemand anders moet dit altyd doen. Ek is skaam om te se ek is n burger van SA.

Pretorius ·

Ou Zuma is n dr***l wat wat baie k**k kan kwytraak maar wat hy se van tiener meisies is waar en n groot probleem

magda ·

hehehehehehe gaan se dit vir die moeders van die kinders hehehe

ladybug ·

Hulle volg jou voorbeeld … 5 dik vrouens en 22 kinders …

CHRISTA ·

Zuma is ‘n regte Zombie!! Ten 1ste: Die ANC het tienerswangerskappe aangemoedig toe hulle begin het om die tienerma’s ‘n toelaag te betaal. Vir ‘n tiener lyk dit na BAIE GELD totdat hulle begin doeke, babakos ens koop. Hoekom dink hy kry ons so baie babas wat net in die veld en in toilette weggegooi word? Ten 2de: Die ANC het seks tussen tieners wettig verklaar. Jong kinders kan nie ma’s en pa’s wees nie, maar hulle kan maar seks he? Is Zuma so ‘n Zombie dat selfs hy nie weet waar babas vandaan kom nie? Nou kan julle sien hoekom ons land in so ‘n gemors is!!!

pop ·

Christa ek lag my tande ook los. Dalk weet Zuma nie wa kom kinders vandaan nie, daarom dat hy 22 het. n kluit grond het meer verstand, vat nou die shower storie. Ai tog

zahn ·

Maroela, hoe bepaal julle wanneer mens se kommentaar geplaas kan word, en wanneer nie? Hierbo is erger uitlatings oor die zombie se uitlatings, maar myne is verwyder. Ek verstaan nie?

HEVW ·

Nee Maroela, wie modereer die kommentare? Gebruik die pesoon wat modereer miskien dieselfde vuiltaal? Waarom word dit dan toegelaat? Hou asseblief hierdie geleentheid skoon en waardig. Ons wil dit almal geniet en as verrykkend beleef!!!!!!!!!!

zahn ·

Hoe nou? Ek verstaan jou glad nie? Ek stem, hou dit skoon en waardig, maar dan moet dit ook sin maak. Watter geleentheid moet skoon en waardig gehou word?

Johan ·

Dit maak nie saak wat hulle in die verlede gese of gedoen het nie, maar vir die eerste keer het daar ‘n bietjie “sence” uit ons No.1 A@$ se mond gekom. Jipeee
Hou net so aan, dalk kan jy erens kom!!!

kowie ·

WIE DINK HY GAAN NA DIE BABAS OMSIEN EN HOEVEEL MEER WEGOOI KINDERS SAL
DAAR DAN WEES AS DIE OUERS NIE VERANDWOORDELIK VIR HUL KINDERS IS NIE.
SWAK UITSPRAAK

Dave ·

Maroela, terwyl julle kommentare modereer, waarom het diè van kowie die paal gehaal? Waarom word kowie s’n geplaas? Moet asseblief geen skrywes plaas van mense wat nie die betekenis ken van ‘n caps lock sleutel.

Piet Pompies ·

Robben eiland gaan heeltemal te klein wees om al die skoolgaande moeders van Suid Afrika te akkommodeer. Ons president dink beslis nie met sy kop, sal graag wil weet wat is sy IK, regtig kan ‘n person wat die hoogste gesag op regering vlak is sulke klomp twak praat.

J.Z ·

Ou Mac,ons weet jy probeer ou gieterkop beskerm maar ou gieterkop het na tienerma:s ver -wys en nie na tienerseuns nie.

HEVW ·

zahn, ek bedoel die geleentheid wat Maroela ons bied om kennis te neem van die sienwyse van andere en self jou opinie te lig. Myns insiens kan dit opgebou word tot iets waardevols. Maroela dankie vir so n geleentheid!!!!!!

Bernadette ·

Verduidelik nou vir my die logika. Ons maak dit wettig vir kinders om van twaalf al sex te he, maar as jy swanger raak vat ons die baba weg. En wie gaan na die kindertjies kyk. Ek hou elke jaar ‘n kersboom vir kinderhuis kinders en het hy ‘n idee hoeveel kinders reeds in die kinderhuise is. Maar kom ons vat hulle weg. En dan as die kind nou reg is om haar kind groot te maak is die kleintjie reeds gevorm en ken nie sy eie ma nie. Mnr. President dit kilnk na ‘n plan. Jy het sowaar nie mooi oor jou uitlating gedink nie.

Drieks ·

38% jong mense het nie werk nie. Kan Zuma tog nie iets beter gesé het om die kiddies te laat uitsien na ‘n toekoms nie. En hoekom het Zuma ‘n kind buite die huwelik, omdat hy doen wat die tieners doen en nie soos ‘n groot man optree nie.

Leeutjie ·

As ek so na die statistiek kyk van babamoorde en die ma wat haar pasgebore baba se vingers afgesny het dan dink ek hy het ‘n punt. Miskien moes hy net ‘n bietjie verder gedink het om te se gee soggens gratis medikasie aan skoolkinders om ontydige swangerskappe te voorkom.

Bernadette ·

Nee ek dink daar moet harder wette ingebring word. As jy een keer ‘n kind gehad het en kon nie na die kind kyk nie of het iets aan kind gedoen wat hom of haar seer gemaak het, moet jy onmiddelik vir ‘n operasietjie gaan om nie meer kinders te kan he nie. As jy een keer jou kind weggerooi het is jy nie bevoeg om ooit weer ‘n ouer te wees nie. En hoeveel ouers het drie, vier en almal is in kinderhuise of plekke van veiligheid. Maar nee menseregte skending. Wat van daai kind wat nie gevra het om hier te wees nie. Daar is so baie plekke van veiligheid waarvan die helfte van ons nie eers bewus is van nie. Keer mense om soos hasies kindertjies te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.