Die presidensie het Donderdag in ʼn verklaring gesê hy neem kennis van ʼn lys van name wat op sosiale media die ronde doen oor ministers en adjunkministers wat na bewering in die kabinet geskuif gaan word.
“Die lys is onbekend aan pres. Jacob Zuma,” het Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie in ʼn verklaring gesê. “Dit is duidelik die werk van skelm mense wat verwarring en onsekerheid wil saai.
“Pres. Zuma veroordeel ten sterkste die kwaadwillige verspreiding van leuens deur mense wat nie die belange van die land op hul hart dra nie.”
Kyk maar …hulle ontken herken benoem beaam en en …net dit hulle skelmstreke pas …waar n rokie is is daar n groot vuur in die anc se geval
So asof hy die land se belange op die hart dra. Wat ‘n grap
Sowaar. Per definisie ‘n hipokraat.
n Goeie kabinet skommeling sal goed wees, eerstyens “fire” die president en dan ontslaan jy sommer die res ook.
“Wat nie die belange van die land op die hart dra nie” Hy het hom sekerlik die keer verspreek!!! Hy het mos voorheen self dit duidelik gestel dat die anc belangriker is as die land. Weet beslis nie meer watter kant toe hy moet lieg nie.
Maklik…om te slaag in sy absurde bedrieglikhede, omring hy homself met sy eie soortige disfunksionele “standaarde”. So almal en als funsioneer of dieselfde disfunsionele vlak. Glo mekaar; en nog erger: HULSELF!
Hierdie ou wil nou voorgee hy is vurig oor SA..dink hy ons is so simpel, dat ons dit sal glo?!