“Die kabinet het vandag die presidensiële handboek beskikbaar gestel soos goedgekeur tydens die kabinetsvergadering op 18 November. Dit is ook ooreenkomstig die onderneming aan regter Sutherland op 12 Oktober om die handboek voor 30 November beskikbaar te stel,” het die presidensie in ʼn verklaring gesê.
“Die presidensiële handboek verskaf riglyne vir die administratiewe, logistieke, veiligheids- en algemene ondersteuningsdienste wat deur die staat verskaf moet word aan die president, sy of haar eggenoot, afhanklike kinders en die adjunkpresident en sy of haar eggenoot,” het Phumla Williams, woordvoerder van die presidensie, gesê.
Die hooggeregshof in Pretoria het verlede maand ná ’n uitgerekte regstryd tussen AfriForum en die presidensie beslis dat die omstrede presidensiële handboek openbaar gemaak moet word. Dié dokument bevat die reëls vir die gebruik van openbare geld om enige vermaak-, verblyf- en reiskoste van die president en adjunkpresident te betaal.
Die handboek is op die presidensie se webwerf beskikbaar.
Wat gaan dit die volk help, net mooi niks. Nr1 se weergawe – eeeMe everything eeeYou notthing!!!
Moet seker lees sy ‘eggenotes’?
Of dit kan weer,weer verander word..
Hoeveel bladsye is uitgeskeur?
ABC – DOM
123 – SLIM
Hiehiehie … hiehiehie hiehie … Hiehiehie
Dankie, maar nee dankie. Ek lees eerder die strokiesprent Peanuts. Dis meer ontspannend en daar word nie van my verwag om dit te glo nie!
Hulle kan nie eers die grondwet eerbiedig nie, waarvoor sal ons nou belang stel wat hulle vir hulle self uitdink. Brainwash.
Het iemand al probeer om die handboek te “print” ek kry dit nie reg nie net die voorblad
kom uit.
Afrikaners soek hulle eie
1. land
2. regering
3. eie wette
4. eie President
5. eie taal
6. eie paspoort
Maryna,
Beste en korste uitdrukking van wat ons soek wat ek nog gesien het.
Kudos!