Presidensiële inhuldiging: Regering swyg oor kostes

Collins Chabane tydens die perskonferensie in Pretoria. Foto: GCIS

Collins Chabane tydens die perskonferensie in Pretoria. Foto: GCIS

Collins Chabane, die minister van die presidensie, wou Donderdag nie die kostes van president Jacob Zuma se inhuldiging op 24 Mei bekend maak nie, maar het gesê dit sal goedkoper wees as die geleentheid vyf jaar gelede, toe Zuma vir die eerste keer ingesweer is.

Chabane het tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê minder geld sal spandeer word as in 2009 weens “besparingsmaatreëls wat deur die kabinet geïmplementeer is”. Die inhuldiging in 2009 het belastingbetalers R75 miljoen uit die sak gejaag.

Sy verklaring weerspreek mediaberigte van vroeër vanjaar wat gebaseer is op ‘n parlementêre antwoord deur Pravin Gordhan, minister van finansies. Gordhan het gesê dat R120 miljoen, oor verskeie staatsdepartemente, vir die geleentheid opsy gesit is.

Gordhan het in ʼn antwoord, in reaksie op ʼn vraag van die Demokratiese Alliansie (DA), gesê dat die beplande koste meer gaan wees as in 2009, omdat meer buitelandse afgevaardigdes genooi gaan word.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se begroting maak voorsiening vir 40 afgevaardigdes, wat dubbel die aantal persone is wat vyf jaar gelede in Pretoria gehuisves is.

Chabane het nie bekend gemaak hoeveel staatshoofde na die plegtigheid genooi is nie. Hul name sal eers volgende week bekend gemaak word sodra hulle op die uitnodigings reageer het.

Hy het bevestig dat alle voormalige Suid-Afrikaanse presidente genooi is, en bygevoeg dat hy hoop hulle sal wel die geleentheid bywoon.

Die regering verwag dat tienduisende mense die geleentheid sal bywoon, waarvan 4 500 in die Nelson Mandela-amfiteater by die Uniegebou geakkommodeer sal word.

Chabane het gesê Zuma sal die nuwe kabinet binne twee dae bekend maak nadat hy ingesweer is. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JB ·

“Werk” saam in een “huis”, maar kan nie eers dieselde antwoord gee oor die kostes nie!!! Tipies!!!

Meisie ·

Waarom moet hy weer ingehuldig word?? As hy werklik `n verskil wil maak, waarom nie daardie geld aanwend vir die armes in die land nie. Gee dit vir die hospitale wat in `n patetiese toestand is, gee dit vir behuising en bou skole vir die kinders!!! Dit is maar net nog `n kans om ons geld te mors en een groot party te hou!!! Ons land is een graaot grap. As hy darem moet hoor wat die mense oorsee eintlik van ons dink!! , maar ja , dit sal hom ook nie pla nie!! Ons land sit met `n pateeet vir `n president!!!

Marietjie ·

Natuurlik weet hy hoeveel is *opsy* gesit. Kyk nou gaaan so n klomp darem weer dronk raak en vreet tot hulle bly le. Laat my dink aan vroeer jare voor onafhanklikheid, mens het nooit van sulke uitspattighede gehoor nie. En soos as die president kom besoek afle, in een of ander dorp, dit is regtig n hele vloot motors, ambulanse, noem dit, en hulle jaag soos die duiwel, en ry hulle iemand raak/dood is dit ook maar goed so

Schutte ·

Ok maar lekka dom hy is mos in die stoel gee di mense net n boerewors rolletjie en n coke. Dis baie goedkopper. Ek dink daar is baie mense in Pta wat sal help vir die braai. Kan sien hul weet nie waar geld vandaan kom nie en wat nog om spaarsaamig te wees nie. Waaroor die uihang vir wat??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.