President al jaar lank stil oor kindermishandeling

Die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle het Donderdag opnuut ʼn memorandum oor kindermishandeling aan die presidensie oorhandig. (Foto: Verskaf)

Die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle (Nylstroom), Limpopo, het Donderdag opnuut ʼn memorandum oor kindermishandeling aan die presidensie oorhandig.

Die kinderhuis het ʼn jaar gelede ook ʼn memorandum in dié verband oorhandig, maar tot dusver geen terugvoer van die presidensie ontvang nie.

Saam met die memorandum was ook ’n koek met een kersie en die brief van ʼn kind wat as simbool van pres. Cyril Ramaphosa se jaarlange stilswye gedien het.

Die brief, wat verteenwoordigend is van kinderslagoffers in Suid-Afrika, wys onder meer die statistieke van kindermishandeling en gebreke in die regering se stelsel uit.

Die brief lig uit dat meer as 24 000 kinders in die 2019‑’20-boekjaar seksueel aangerand is, terwyl 943 kinders vermoor is.

Dit word dan met die volgende paragraaf afgesluit:

“Dit is vir my so belangrik dat jy sien wat ek moes verduur. Dit is vir my so belangrik dat jy die vriende sien wat ek verloor het. Oom Cyril, omdat dit vir my so baie saak maak, bring ek hierdie jaar weer vir jou ons memorandum. En hierdie jaar, om die herdenking van ons memorandum te vier, bring ek ook ’n koek. Daar word vertel dat toe die Franse koningin Marie Antoinette met die lyding van haar mense gekonfronteer was, het sy hul honger met woorde ‘laat hulle koek eet’ verwerp. Oom Cyril, wanneer jy voor die lyding van Suid-Afrikaanse kinders te staan ​​kom, sal jou antwoord dieselfde as hare wees? Groete, die Suid-Afrikaanse kind.” Die kinderhuis meen Ramaphosa se stilte vererger kinders se wantroue in die stelsel.

Saam met die memorandum was ook ’n koek met een kersie en die brief van ʼn kind wat as simbool van pres. Cyril Ramaphosa se jaarlange stilswye gedien het. (Foto: Facebook / Abraham Kriel-kinderhuis Nylstroom)

“Hierdie stilswye van die presidensie vorm deel van die burokratiese selfvoldaanheid wat waarskynlik kinders se wantroue in stelsels wat oënskynlik bestaan ​​om hulle te beskerm, verdiep.

“Statistieke toon dat slegs een uit elke nege kinders genoeg vertroue in die stelsel het om mishandeling aan te meld. Dit is opsigself ’n krisis, wat die krisis van geweld wat tans ons kinders se lewens verwoes, net kan vererger.”

Die kinderhuis sê dit is noodsaaklik om druk op die presidensie toe te pas om daadwerklik teen kindermishandeling op te tree.

“Dit begin met die erkenning van die data, stories en behoeftes wat in ons memorandum uiteengesit word,” het die kinderhuis in ʼn verklaring gesê. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anton ·

Hy sal daaroor praat die oomblik wanneer die Europeers geld beskikbaar stel

Theuns ·

Hy is a swak man met geen leiers skap vermoee nie. Die onbevoegdheid is veral sigbaar in SAPS waar ‘n mens met ‘n hoed wat vinnig mense vang wat Atjar verkoop of mense wat hul voete op die sand sit, maar weg hardloop soos hoenders met weerstand van kriminele in Johannesburg en “JULIE LOOTING : toelaat sy minister is wat hierdie sake moet hanteer. Die president en sy ministers is ‘n skandvlek op die land en aandadig aan die kriminele dade want hul KAN dit keer as hul wil. Siek mense wat toelaat dat hulpelose mense in Johannesburg uit versorging in krotte geplaas word en 154 STERF van die honger . Wat doen die president—-ook niks. Stuur eerder aan mense wat omgee.

Frank John ·

Die dag as dit met su eie kinders gebeur, dalk fan sal hy besef die grootsheid van die probleem. Sien, in dié land word wette verander om kriminele te bevoordeel nie van hul weë te laat verander nie.

Roedolf Johannes ·

Hy stel glad nie daarin belang nie syne word opgepas

Anita ·

Dit is vir my HARTVERSKEUREND dat President Ramaphosa, iets wat SO dringend en noodsaaklik is net ignoreer.
Hoe kan ons sy aandag meer vestig oor die nood en realiteit van kinder mishandeling orals en selfs in kinderhuise?

Perdeby ·

Ek se weer hoeveel keer is daar op die nuus wat gedoen word ivm geweld teenoor kinders en vrouens?

Windhond ·

As dit nie vir Covid was nie, dan het Cyril niks gehad om oor te praat en te reageer nie

Tanniepetoors ·

My trane loop nou. Hoekom staan so baie mense apaties teenoor kindermishandeling? Erger nog, hoeveel mense rapporteer werklik kindermishandeling of spreek dit aan wanneer dit voor hulle plaasvind?

Samuel ·

Deur kinders te beskerm kan CR nie geld maak nie. Dus is dit totaal onbelangrik.

Ag kom nou man ·

Soos ek dit sien is daar seker nie “geld” vir hom in nie. Alternatiewelik kan hy nie nou iets doen om die kinders te help nie, want Sy regering het dan die vermoording van duisende ander kindertjies gewettig deur hulle ABORSIE wettiging.
ABORSIE is die grootste geweld teen kinders. Die verweer wat sulke vrouens gebruik “my liggaam, my reg” is uiters selfsugtig en wreed. Sien dit is nie hulle eie hart wat uitgeruk word nie. Van dat die hart begin klop is dit ‘n eie persoon. As hulle nie die kind wou he nie kon hulle mos voorbehoed middels gebruik het.

Mariana ·

Kinders in hierdie lank net eenvoudig nie belangrik genoeg nie. Dit is net soos plaasmoorde in baie opsigte, kriminele word net eenvoudig toegelaat om dit weer en weer te doen.

My siening ·

Swak leiers met net een ding op die brein, wat is daar vir Cyrel en kaders te aas!

Swerwer ·

Die Presidensie lewe in weelde en slaan nie ag op enige iemand of iets wat benede hul stand is nie.

Jakkie ·

Kan nie in sien hoe mens kinders kan verwaarloos en misbruik nie eendag sal hulle besef dat kinders aan ons gegee is om op te pas en te beskerm en te sorg vir alles wat hulle nodig het en as jy hulle nie kan versorg gaan na jou kerk hulle sal jou bystaan. Eendag sal hulle moet rekenskap gee.!!!!!!!

Carolina ·

Seker die mees swakste regering in die geskiedenis van SA!! Skaam jou Cyril ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.