President belowe werkskepping, transformasie en ekonomiese groei

Pres. Cyril Ramaphosa lewer sy toespraak by die ANC se 107de verjaardagviering en die bekendstelling van die party se 2019-verkiesingsmanifes. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Saterdag aan duisende ANC-ondersteuners by die Moses Mabhida-stadion in Durban gesê die regerende party moenie sy suksesse in die nuwe demokratiese Suid-Afrika as vanselfsprekend aanvaar nie.

Ramaphosa het gepraat by die ANC se 107de verjaardagviering en die bekendstelling van die party se 2019-verkiesingsmanifes. Die stadion was volgepak met ondersteuners wat vanaf 06:00 vanoggend die stadion binnegestroom het.

Ramaphosa meen die ANC het baie bereik oor die afgelope jaar en ʼn stewige fondament gelê vir groei en hernuwing in die samelewing. “Die vordering wat ons gemaak het, is allermins onomkeerbaar. Ons kan nie die suksesse wat ons bereik het as vanselfsprekend ervaar nie,” het Ramaphosa gesê.

Hy het weereens soos talle kere vantevore ʼn beroep op ANC-strukture gedoen om te verenig ter wille van sosiale en ekonomiese transformasie. Hy sê die party erken dat hy “vir ʼn aantal jaar” nie aan verwagtinge voldoen het nie.

Ondersteuners het die stadion volgepak by die ANC se 107de verjaardagviering en die bekendstelling van die party se 2019-verkiesingsmanifes. Foto: ANA

Ramaphosa sê die redes vir die kwynende vertroue in die party is deeglik tydens die ANC se 54ste nasionale konferensie in Desember 2017 bespreek en ʼn program is begin om hierdie foute te herstel. “Die ANC het begin om homself reg te ruk. Ons vra julle om saam met ons op hierdie pad van selfkorreksie en hernuwing te stap. Kom ons wees mekaar se gids op hierdie reis. Ons doen ʼn beroep op die mense van Suid-Afrika om weereens hul vertroue in die ANC te plaas in ons najaag van groei, werkskepping, radikale ekonomiese en sosiale transformasie en nasionale eenheid,” het hy gesê.

Die president het lank en breedvoerig gepraat oor werkskepping en ʼn getransformeerde, inklusiewe ekonomie. Hy het verwys na die herstel van beleggersvertroue, beleidsekerheid en die uitroei van korrupsie in die staatsektor.

“Ons sal met mening en bewustelik die regering se massiewe verkrygingsbesteding gebruik om ons ekonomiese transformasiedoelwitte te bereik en werkskeppings en gelokaliseerde herindustrialisering te ondersteun,” het hy gesê.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het in reaksie op Ramaphosa se toespraak gesê die ANC se verkiesingsmanifes bevestig dat die party nie verander het nie en dat Ramaphosa “net ʼn ander bestuurder vir hierdie heeltemal gebreekte voertuig is”.

“Sy toespraak vandag was weereens net vol leë beloftes aan alle Suid-Afrikaners wat hy nooit sal nakom nie,” het Maimane in ʼn verklaring gesê. Die opposisieleier sê drie dinge was baie duidelik toe daar na Ramaphosa geluister is, naamlik: Die ANC het nie verander nie; Ramaphosa kan nie die dringende verandering bring wat die land nodig het nie; en Ramaphosa maak net leë beloftes.

Maimane meen Ramaphosa toon nie die leierskap en dringendheid om Suid-Afrika se probleme op te los nie en al sy oplossings is langtermyn, terwyl die land onmiddellike verandering nodig het. “Ramaphosa belowe 275 000 nuwe werksgeleenthede per jaar, maar in die eerste jaar van sy presidentskap het Suid-Afrika 278 000 werksgeleenthede verloor. Hy het meer werksgeleenthede in sy eerste jaar verloor as wat hy nou belowe om te skep. Dit wys net hoe betekenisloos sy beloftes is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Hasie ·

Die vorige presidente het ook werk vir almal belowe, en niks het daarvan gekom nie. Ongelukkig koop die oningeligte dom Suid Afrikaaners sulke strooistories dan stem hulle anc.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit help nie jou belowe “werk” nie? Die mense van Suid Afrika soek nie werk nie?….hulle soek geld!!!

Dereck Le Roux ·

Ek het die afgelope klompie jare goed daarna opgelet hoe die ANC presidente hul eie kiesers bedrieg met jaar in en jaar uit se beloftes van werkskepping omder andere maar kom ons veronderstel hulle lee beloftes het dalk gerealiseer dan moes ons so ooraanbod van werksgeleenthede al gehad het dat werkloosheid glad nie omtrent bestaan het nie en dan sou daar ook nie ‘n werkloosheid syfer van 60% min of meer landwyd gewees het nie maar dit wys dat enige een wat so gewillig in hulle web van leuens vasval werklik nie veel logika en denkvermoens het nie.

Gemaskderde Sopbeen ·

Weereens………die mense van SA wil nie hoor van “werkskepping” nie, dit klink teveel na werk. Hulle wil “radical economic transformation” hoor……..en terug sit en geld kry. Niemand wil meer “onder begin” en hulleself OP werk nie? Hulle wil bo begin…….en niks doen nie vir miljoene Rande per jaar….want dis wat hulle geleer word….

Neels ·

Lee beloftes ja maar die nasie gaan vir die Anc stem vernaamlik die in Kzn en oliggende streke . Want hulle is weer vandag bederf met n ou wors rolletjie en drink dingetjie so nou is hulle tevrede daar is vir hulle gesorg en na die verkiesing word hulle weer vergeet vir die volgende 4 jaar . So gaan die kringloop aan en aan sonder n einde

Snowball ·

Die enigste ding wat die ANC skep is korrupsie en nuwe maniere om te skep uit die krimpende staatkoffertjie.

Tanya ·

Belowe tot hy pres is dan is daai belofte weer vergete.Jou belofte is leeg nes zuma sinne

Henk ·

uitroei van korrupsie – tog is zuma en al die ander korrupstes onder die korruptes steeds op die anc se lys van 200!? tog is zuma nog nie toegesluit nie. tog is shabir shaick nog nie weer inhegtenis geneem en toegesluit vir sy aandeel in korrupsie nie. ook nie vir regsverydelig en bedrog oor die feit dat hy vrygelaat moet word omdat hy besig is om dood te gaan nie? dog lewe hy steeds soos ‘n koning!?

ferdi ·

Saam di beloftes het elkeen ook kospaki en hemp gekry fooitog siestog met so min tevrede

ANNA ·

Siestog…jaaa Ferdi én ñ ou madiba gesig plakkertjie…
ARMEARME…stomme ou skapies, wat wolf anc,blý glo….en blý stem v hulle…?

zoom zoom ·

Die enigste manier van werkskeping is om ontslae te raak van alle vakbonde. As jy nie perform nie word jy gefire en daar is kans vir iemand anderste wat wil werk.

Chris ·

Hy gaan vir elkeen ‘n graaf of ‘n pik in die hand stop en ‘n plek op die grond wat hy onteien het wys waar om te spit, vir ander weer gaan hy agter ‘n lessenaar laat sit en ‘n pen in die hand stop, vir hulle weer beduie hy hulle moet ‘n nuwe verkiesingsmanifes vir die ANC uitskryf, iets wat sal werk.

Pieter ·

Werkskepping met matrieks/gegradueerders wie se kwalifikasies niks beteken nie vanweë hul slaagsyfer en/of vakkeuses. Lae standaarde werk ook nie. Wat het geword van onteiening sonder vergoeding? Dit is ‘n vloekwoord vir beleggers. Daar is reeds te veel getransformeer en die skade is onherstelbaar onder die huidige regering. Dit is opmerklik dat in KZN nou nie veel ekonomiese ontwikkeling plaasvind buite die hawens nie. KZN se ANC ondersteuners moet tevrede wees om agtergeblewe te bly vanweë hul rassistiese partypolitiek wat slegs swartes tolereer in hul tradisionele gebiede.

Stemmery beteken niks nie. Die IMF gaan hier die septer swaai saam met die Chinese wie die land baie geld skuld.

Chris ·

Mariné, ek sien nou in die nuwe jaar, wat nou maar pas begin het, julle werk al julle vingers deur, nie een van julle het seker meer ‘n gesiggie of ‘n sterretjie op ‘n nael nie, ek het idee dit gaan by Solidariteit, Afriforum en jul ander vertakkinge net so rof. Jig, en die jaar lê nog voor, voorspoed met die taak. Ek bid julle oopkop realisme, verslaggewing en wysheid toe, krag en energie in die uitvoering daarvan.

Plaas dat Cyril, wat hom besig hou met beloftes soos per die verkiesingsmanifes, Solidariteit en vertakkinge gaan besoek om te ervaar hoe dinge gedoen moet word wat werk.

Anoniem ·

Besluit net eers op ‘n kleur verf maak ons dan almal dieselfde kleur en dan sorg ons dat Suid-Afrika ‘n groeikoers van 10% handhaaf ! Kry dan ‘n Vrou as ‘n President wat almal met ‘n Ystervuis REGEER !

Buksie ·

ANC = Association of Narcoleptic Clowns

Baie subtiel grappe. En niemand vang dit nie.

Werk skepping. Whahahahhahaha!

Ekonomiese groei! Whahahhahahahahhaha!

Transformasie. Wel, dis klaar gedoen.

Herman Goosen ·

Dieselfde afgesaagde storie van onvervulde beloftes. Ek het altyd gedink dat denkwyse die verskil tussen vooruitgang en stagnasie is, maar ek moet die saak weer bedink dat versukkeldes dalj net werklil onnisel is as hulle vir dieselfde swak verkoopspraatjies oor en oor val

Staak saam ·

En nou kan ons Trump as voorbeeld gebruik, onder Obama het werkloosheid toe geneem weens sy verhoging in belastings. Trump het die belasting weer af gebring en daar is n groot afname in werkloosheid.
Trump het dit duidelik gestel dat die staat nie die verandwoordelike is vir werkskepping nie maar dat dit die privaat sektor se verantwoordelikheid is. SA sal nooit groei nie want die staat speel werkskeper.

Johan H. ·

Eers as al die vorige skelm kabinetslede in die tronk is,sal dit begin beter gaan met almal in die land. Soos die zumas ,majane.houndai.mbete,sizuloe, ag teveel om op tenoem. Wat hulle nie verstaan nie. N afrikaner kan net so jakals raak as jy hom heeldag en aldg bevark

Johanna Botha ·

Anc belowe dit al vir jare oor en oor …en ding gaan net slegter en gaan agteruit. Hoe dom moet mens nie wees om weer anc te stem !

Fanie ·

Het mense niks beter om te doen op n naweek as om na politieke partye (ANC, DA, VF, COPE, ander lande s’n) te luister nie. My naweke is so vol speel dat ek nie eens tyd het om vir die verkiesing te registreer nie.

Adrian ·

Volgens die lys is dit dieselfde lede in die parlement tot Joema Pieteson is trug. Dieselde ou klomp korruptes bymekaar …. niks gaan verander nie net nog korrupsie en diefstal

Vryheid ·

2019 sal die jaar van ekonomiese ineenstorting wees. Die anc gaan seker vir die miljoene honger mense ook lee beloftes maak.

Renier ·

Die kruipende aanvaarding van kommunisme is duidelik selfs in Westerse lande. Die idee dat dit die regering se rol is om werk te skep word oral oor sonder twyfel aanvaar.

Sê maar net ·

Ja, om te sit in die pad en te staar na iets wat dalk werk kon wees tydens diens. En natuurlik word daar al vanaf 1994 werk geskep, maar siestog…niks kom daarvan. Hoe lank wil jul nog werk skep?

Lanie ·

Hulle belowe soveel werkskepping, net om stemme te werf. Gee T hemde weg asook kos ens. Maar min wetend. Wag tot na die ANC hulle stemme gewerf het, dan begin besighede met hulle aflegging. Bv Eskom, SAUK en nog meer mastskappye. Wat gee die ANC om, absoluut niks, want hulle het mos nou stemme gewerf en dieselde storie herhaal homself vir die soveelste keer.

Jeremia ·

Die absurditeit het geen einde nie. Narre soos Bokassa, Idi Amin en wat is daardie ou nou weer van Zim asook vele ander laat selfs fiksiekarakters onwerklik lyk.
En hierdie absurde nagmerrie duur voort. Dit kos nie baie opleeswerk oor die hele Afrika om dit agter te kom nie.
Een gemenedeler: die Chinese is ingegrawe in Afrika. En dis beslis hierdie keer nie ‘n Tanzam-spoor fiasko nie. Vir die Chinese (se vermeende kommunisme) beteken dit die besetting van Afrika deur sg. lenings en natuurlik lewensruimte vir hulle triljoene.

Lalie ·

Geluk mnr die president. Dit is as die afgelope 25 jaar belowe. Se net hoe gaan jy dit doen.

ChrisE ·

Ag asseblief tog. Wat jy waar kry. Die mense leef in ‘n droom wêreld geskoei op haat nyd en afguns. Malemma gaan AWB lid word is nader aan waar.

John ·

Die verveligste toesprake… te lank in die boks gevorm… kan nie meer uit die boks dink nie ok nie uiklim nie. Dalk is sy forte ook sing want hy dreunsing dieselfde ou ANC classics oor ‘n revolusionere nuwe begin met oorle kaders se pics agter sy blad… almal ook reeds weer geboks… “Ek kan doen met ‘n triljoen… ja.. dan sal ek al die dinge mooi kan doen…” is glo die verkiesing se kenwysie.

(F)Luister ·

1961 tot 1994: Binne 33 jaar die mees vooruistrewende en suksesvolste streek in Afrika suid van die Sahara.

1994 tot tans: Binne 24 jaar die mees korrupte en onsuksesvolse steek in Afrika suid van die Sahara.

Daar is ongeveer 9 jaar nog beskikbaar om die streek tot sy volle glorie soos dit was in 1994, te herstel.

Mnr Ramaphosa, ek glo nie eens Trump sal dit kan vermag nie as hy vandag in jou skoene moes staan nie. Jou en die ANC verkiesings manifes is duidelik ‘n klug gebou op lugkastele met Chinese fondamente!

Koos ·

En al hierdie beloftes met die argitekte van korupsie en staatskaping aan jou sy. En al jou kiesers gaan jou weer glo. CR jy is al ‘n jaar president en nog nie een hoë amptenaar is vervolg nie. Hoe verduidelik jy dit? ESKOM, SAL, WATERWESE, VBS, PRASA, SPOORNET en nog andere is plat teen die vloer, en jy soek nog stemme? Om plundering verder toe te laat?

wilhelm ·

Ja Maimane,jou geraas klink ook maar soos ‘n kettang wat getrek is.Daa’s geen manier dat jy en jou partytjie enigiets anders kan doen as Ramabuffelbul nie.

aj ·

… blah … blah …blah …blah..

… blah … blah …blah …blah… blah … blah …blah …blah

… blah … blah …blah …blah

en die ANC gaan varke leer VLIEG ook!!!

Gemaskerde Sopbeen ·

Komaan mense, wees regverdig………..weet julle hoe moeilik dit is om nie net werk te skep vir Suid Afrika se mense nie…………maar ook vir miljoene “brothers from another mother” wat hiereen stroom om te kom aas nadat daar NIKS in hulle eie lande oorgebly het nie? Dieselfde Zimbo’s wat by my geloop het toe Mnangagwa president geword het (omdat Zimbabwe nou gaan herstel en ‘n great land word) is terug voor my deur……..vir hulle poste. En hulle smeek behoorlik………… ‘n Volk verdien die regering wat hy voor stem….so eenvoudig soos dit. Die nuwe Suid Afrika is die som-totaal van die leiers se potensiaal………..gaan dink daaroor.

mills ·

Goed, die ANC verkoop hul gebruiklike beloftes en hul ondersteuners word afgemaak is dom. My vraag…hoe verskil n ANC-ondersteuner van ‘ n DA-ondersteuner? Nuwe jaar, selfde nonsens…maar steeds volhard hul met hul stemme. SA se behoud lê nie by die stembus nie.

Chris Ws ·

Die president belowe alweer.Dis ‘n klomp snert wat hy kwytraak.Al wat hy kan praat is bollie!En sy onnosel anc aanhangers val hook line and sinker daarvoor!

A Mac ·

Yes, Chief, we believe you. Toe ons kinders was het ons gesing: “How the hell can we believe you!” As mense teen die tyd weet dat jy net so goed as jou woord is of mense so begogel met jou liegtery, en dit wat jy adverteer is niks anders as ‘n liegtery, moet hulle maar sukkel. Net jammer dat die massas aan die lewe gehou moet word deur ‘n klein groepie wat hulself agteroor buig om hulself en die land aan die gang te hou.

D..s ·

The kaltchar of entitelment! Die (hie hie hie) alwyse president sê in effek hy gaan meer witmense sonder werk los om daardie werk vir swart mense te gee. Viva transformasie. Hier kom weer n landslide ekonomiese mislukkings.

1+1 ·

Ek het nie gehoor dat hy ‘n woord oor BEE gese het nie. Miskien ‘n ligpunt om SA uit die modder te kry.

Is nie twee nie ·

Hoe vertaal jy transformasie? Hy is net so vol haay en wraaksugtig teenoor blankes wat hard gewerk het om te kom waar hulle was, as enige van sy voorgangers.

tamboti ·

10 000 woorde verkiesings manifes: WOW, HOE INDRUKWEKKEND!
En dit is waar dit stop.
Die werklikheid is dat demokrasie, een id boekie (wettig of vals) = een stem, nie die sukses van ‘n land verseker nie.
En in baie lande soos in SA, is demokrasie nie eers regverdig toegepas nie.
Kyk na ZIM, wat het gebeur en wat gebeur vandag – 14 Januarie 2019 daar.
Dit gaan net so in SA gebeur, die enigste verskil is: SA se val gaan net groter wees, nuwe rekord laagtepunte, nuwe rekord flaters en misdrywe.
En die Ramasteuners is nogsteeds stil van verwondering oor die “goeie nuus” en wonderlike beloftes!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.