President bring hulde aan Surtie-Richards

Shaleen Surtie-Richards.

“Ons het ʼn kunstenaar wie se kenmerkende energie, artistieke veelsydigheid en nederigheid generasies van Suid-Afrikaners vir langer as drie dekades aangeraak het, verloor.”

Volgens pres. Cyril Ramaphosa het Shaleen Surtie-Richards (66) ʼn huishoudelike naam geword en hy het sy medelye met haar familie, vriende en kollegas betuig.

“Op die verhoog en die skerm het Surtie-Richards ʼn spieël gehou vir ons onregverdige verlede en ons hoop gegee vir ons toekoms as nasie. Mag haar siel in vrede rus.”

Surtie-Richards is Maandag in Kaapstad dood waar sy tuisgegaan het terwyl sy aan die televisiereeks Arendsvlei gewerk het.

Surtie-Richards was bekend vir haar vertolking in die rol van Nenna in die destydse M-Net-sepie Egoli en Fiela Komoetie in die oorspronklike rolprentweergawe van Fiela se kind.

Die parlementêre portefeuljekomitee oor sport en kuns en kultuur het ook sy medelye met Surtie-Richards se familie en vriende, asook die vermaakbedryf betuig.

Beauty Dlulane, voorsitter van die komitee, het gesê Surtie-Richards se dood is ʼn groot slag wat op die verkeerde tyd plaasgevind het. “Sy is ʼn legende wat oor die jare soveel gegee het deur haar loopbaan en so min terugverwag het.”

Alistair Izobell, kunstenaar en vervaardiger, asook woordvoerder vir Surtie-Richards se familie, het vroeër gesê die “nasie word bedank” vir hul medelye ná die geliefde aktrise se dood.

“Dit is algemene kennis dat sy aan diabetes en hartkwale gely het. Haar dood kan dalk hieraan toegeskryf word, maar die familie wag vir die nadoodse ondersoek om die oorsaak daarvan te bepaal. Daar is verskeie gerugte oor die oorsaak van haar dood en daarom wil ons benadruk dat Surtie-Richards nié haar eie lewe geneem het nie.”

Surtie-Richards se werk het verlede jaar deel geword van die Suid-Afrikaanse Legendes-museum. Sy het in haar loopbaan as aktrise meer as 40 gesogte toekennings ingeoes, waaronder die Fleur du Cap-toekenning vir haar rol in die teaterverwerking van Shirley Valentine.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
MakersMark

Soos gewoonlik sal die ANC en Ramaphosa weer na die onregverdige verlede verwys by ‘n gebeurtenis wat niks daarmee uit te waai het nie. Wanneer verwys hy na die 27 jr waar sy party in beheer was en die absolute gemors waarin dit SA huidiglik geplaas het?

Snowball

Selfs met die dood van iemand vir wie wit en swart lief was kan ou Cyril nie die kans laat verbygaan om wittes se verskriklike dade op te bring nie….nes die skape in Animal Farm – “Two legs bad four legs good’ en so kap die ou dieselfde ou rympie, Blacks good, Whites bad, tot vervelens toe. Die geskiedenisboeke gaan jou en die ANC ook so onthou, die manne wat mense van lopende krane af gekry het om weer water aan te dra en in skottels te bad en van elektrisiteit af, weer terug tot by die kers.. The more… Lees meer »

LeanetteS

Rus sag my liewe mens!!!!

JM

Ag regtig! Pres. Cyril Ramaphosa kan maar nie ophou om “die onregverdigheid van die verlede” aan te haal nie. Hy kan nie ‘n enkele kommentaar lewer sonder om die “blame game” te gebruik nie.

Jan Seerot

“Wag, laat ek net so ‘n stekie met die rassisdolk gee, net om die dag so bietjie soeter te maak en die vervlakste wittes te verpes. Ons moet die wond aanhou krap sodat hy aanhou bloei.”

Jy kan jouself nie help nie.