Pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting Saterdagaand om 20:00 die land toespreek oor ontwikkelinge in Suid-Afrika se risiko-aangepaste strategie om die verspreiding van Covid-19 te bestuur.
Die president se toespraak volg ná ʼn vergadering vroeër vandeesweek met die nasionale koronavirus-beheerraad en vergaderings vandag met die presidensiële koördineringsraad en die kabinet.
Die president se toespraak sal regstreeks op televisie en radio en hier op Maroela Media uitgesaai word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
32 Kommentare
Behoede my!
ek het reeds ander planne jammer
Mmmmmmmmm in a minute
Wie gee om wat hy sê? Hy praat net altyd net ‘n klomp woorde wat niks sê nie en dan kom die kopdoek en verander alles.
Ons gaan nou eers weer die geskiedenis van Corona hoor van Maart af tot nou en al die biljoene wat orals moes help. Ek gaan maar weer na die stert van sy aankondiging luister want dis al wat ‘n mens wil hoor.