President moet sê oor SANW in Mosambiek, vra DA

(Argieffoto)

Die Demokratiese Alliansie doen ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa volledige besonderhede aan die parlement te verskaf oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se skynbare ontplooiing in Mosambiek verlede week.

Kobus Marais, die DA se skaduminister van verdediging, sê die DA het betroubaar te hore gekom dat 1 495 soldate verlede week Maandag na Mosambiek se Cabo Delgado-streek ontplooi is, as deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se bystandsmag. “Die parlement is egter nog nie deur die president hieroor in kennis gestel nie, soos vereis word deur artikel 201 van die Grondwet.”

Marais sê die DA het ernstige besware oor die ontplooiing. “Hoe sal dit gefinansier word en watter hulpbronne sal aangewend word? Ons kan nie nóg ʼn SAR-vernedering en onnodige sterftes van ons soldate in die buiteland toelaat nie, veral nie wanneer dieselfde bevelvoerende beampte betrokke is nie.”

Volgens Marais moet die publiek die volledige besonderhede bekom van die getal soldate wat ontplooi is, wat hul mandaat is, watter hulpbronne tot hulle beskikking sal wees en vir watter periode hulle ontplooi is. “Die president moet sonder vertraging die parlement in kennis stel van dié ontplooiing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek kyk na elke dag se feite en besef elke dag hoe groot die behoefte raak vir ‘n onafhanklike tuisstaat waar ons gelei sal word deur regte bevoegde leiers alternatief gaan ons net melkkoeie bly wat belasting moet betaal.

Wielspore ·

Sal nogal interresant wees op watse gronde die SAW ontplooi is, polities of geestelik (ISIS). Toe Namibie in die jare 70’s bedreig is deur kommunisme het dit baie internasionale kritiek opgelewer tot die 90’s toe die weermag ontrek het. Gaan die SAW betrokkenheid in 2021 in een van sy buurlande ook kritiek kry uit internasionle velde. ISIS is wel ‘n bedreiging vir ons land aangesien hulle optrede dieselfde is as terrorisme.

Samuel ·

Wat gee die regering tog om waaruit die ontplooiing van die soldate befonds word? Hoe lank nog voor die Wes-Kaap wegbreek en ‘n onafhanklike tuiste skep vir ons? Moeg daarvan om vir our people se ego’s belasting te betaal.

annie ·

Mosambiek het reeds gesê hulle soek nie SA in hul land nie. Die weermag reageer so stadig in sy eie land en is in die verlede daarvan beskuldig dat hul eerder belangstel in vrouegeselskap as in millitêre sake. Miskien kan die ooms wat so dagdroom oor ‘n volkstaat vir ons verduidelik waar en wie en hoe so staat staan gemaak kan word. Groot geld is nodig om skielik op ‘n dag ‘n leefbare brokkie aarde af te pen. Waarom is die plan nie 30 jaar gelede op die tafel geplaas nie? Waar was julle destyds?

Kanjynoumeer ·

Google en kyk gerus na die video van Frans Cronjé “Will SA become an ENCLAVE country?”
Enclave – Enklawe in Afrikaans.
Die Koninkryk van Lesotho is n enklawe van Suid-Afrika. So ook Swaziland nou genoem eSwatini.
Distrik 6 is n enklawe van Kaapstad.
NEE vir woorde soos Afstig, Afstigting of Tuisland!

Kanjynoumeer ·

Tuisstaat, Tuisland, Volkstaat nee vir die woorde.
Enclave of Enklawe val sag op die oor en word alreeds aanvaarbaar gebruik sonder om enige emosies op te jaag of aan te vuur.
Wel gedaan Frans Cronje!!

Ian ·

Met die ANC word alles n geheim gehou want daar is altyd n bybedoeling of n skelm streek. Dis net asof die anc nooit enige iets eerlik kan doen nie of nie wil eerlik doen nie.

marius ·

Stuur net vir kolonel molefe . Binne ‘n week is die terreur bende kaal gestroop .

Casper ·

ISIS is nie net ‘n bedreiging vir Masambiek nie maar vir die hele vasteland.Hulle is agter daai aanleg aan wat deur die Franse ontgin word.Hoeveel mense is al in die gebied vermoor en uit hulle huise gejaag.ISIS hoort nie in Mosambiek nie maar word hulle wel verdryf uit die provinsie uit vlug hulle Tanzaniërs toe waar hulle skynbaar veilig is.Die weermaglede is glo ek deel van ‘n vredesmagte wat daar ontplooi is.As Mosambiek nie ons weermag daar soek nie hoekom het hulle nie so gesê nie want ek glo hulle weet van ons soldate.

Anoniem ·

Hier is seker nie genoeg werk vir die SANW in ons land nie en die geld raak min.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.