President moet vandag antwoord oor Phala Phala

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa verskyn Dinsdag voor die nasionale vergadering waar hy antwoorde oor ’n wye reeks kwessies sal moet verskaf – insluitend die Phala Phala-ondersoek, Eskom, geslagsgebaseerde geweld en onwettige immigrasie. Die sessie sal virtueel plaasvind aangesien Ramaphosa tans in Gauteng is.

John Steenhuisen, leier van die DA, het ʼn dringende versoek vir nog ʼn vraag rakende die Zondo-kommissie by die parlement ingedien, maar dit is deur Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, van die hand gewys.

Luidens ’n verklaring deur die kantoor van die president sal Ramaphosa die parlement onder meer inlig oor hoe Eskom voorberei om hernubare energiekapasiteit in die nasionale netwerk te integreer om energievoorsiening te verhoog en die risiko van beurtkrag te verminder.

Parlementslede het ook vrae ingedien oor die ondersoek deur wetstoepassingsagentskappe na bewerings oor bedrog op die president se Phala Phala-wildplaas, asook of die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ’n rol het om te speel in die bekamping van misdaad in die land.

Speaker sê nee vir DA 

Mapisa-Nqakula het die DA se versoek om ʼn dringende vraag tot die vraelys te voeg Maandag afgekeur. Die DA wou duidelikheid van Ramaphosa hê oor sy onlangse uitlating dat die aanbevelings deur die Zondo-kommissie “nie bindend is nie”.

In haar antwoord aan die DA sê die speaker dat die party op 29 September weer die geleentheid kan kry om sy vraag te stel.

Ramaphosa het Maandag ʼn nuwe nasionale teenkorrupsie-adviesraad aangekondig, wat die regering van raad sal bedien oor die aanbevelings in die Zondo-verslag wat Ramaphosa teen 22 Oktober aan die parlement moet voorlê.

“Suid-Afrika moet weet dat die proses om staatskaping te beëindig op dreef is, en dat die sowat R1 miljard van die publiek se geld wat aan die kommissie bestee is, nie bloot vir advies was of nutteloos bestee is nie,” het Steenhuisen gister in ʼn verklaring gesê.

“Veral Zondo se gevolgtrekking dat die ANC se beleid van kaderontplooiing ‘onwettig en ongrondwetlik’ is, behoort bindend te wees en moet dus daardie beleid beslissend beëindig. Sonder kaderontplooiing sou die ANC nie in staat gewees het om byna elke staatsinstelling te beheer nie.”

Steenhuisen sê die speaker is veronderstel om onpartydig te wees en het ʼn grondwetlike plig om magsmisbruik deur die uitvoerende gesag te voorkom. Hy meen die speaker is egter “ook maar ʼn produk van kaderontplooiing”. Ingevolge die reëls van die Nasionale Vergadering moet vrae minstens 16 dae voordat dit beantwoord word, vir goedkeuring ingedien word.

Die parlement sê in ʼn verklaring dat dié bepaling daar is om te verseker dat die vrae aan die reëls en riglyne voldoen. Dit het verder ten doel om te verseker dat die president redelike tyd gegun word om sy antwoorde voor te berei. Die reëls maak wel voorsiening om dringende vrae in te dien, wat ook aan sekere reëls en riglyne onderworpe is. In die lig hiervan het die speaker glo die versoek afgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Roek ·

Wat hul verloor op die darts maak hulle op by die swings , sal nooit weet nie !

Swerwer ·

Van waar gehasie is kader ontplooiing nodig om die staatinstellings te beheer. Ai maar ons as onnosel siele weet mos dat Ramaphosa nie nou die waarheid praat nie . Regtig Ramaphosa, probeer weer. Raak ontslae van Rassisme wat jul in ons land inplementeer het en siedaar, dalk mag dinge dan regkom. Op die foto lyk hy vreeslik jammer vir homself en of hy enige oomblik in trane wil uitbars. Alles net omdat hy en sy kader totaal en al misluk het.

Voilet ·

Nee wat niks gaan van dit af kom nie…die spul kom altyd skotvry van alles af. Kop in een mis .

Nie Verbaas ·

En hulle dink regtig dat hy eerlik gaan antwoord? Asseblief.

Papsak ·

Hulle en hy weet nie wat die woord eerlik beteken nie lieg sal hy lieg dit verstaan hulle en kan dit goed doen

Wondermaarnet ·

Soos gewoonlik gaan hy die vrae omseil en niks gaan sin maak nie en teen die einde van die dag is geen vrae beantwoord nie. ANC taktiek.

Di ·

Ag asb! Hy gaan weer daar staan en die een leuen op die ander kwytraak. Ek glo nie ‘n woord wat uit ‘n Kommunis se mond uit kom nie. Alles word altyd met mooi woorde, lee beloftes en leuens bedek.

Vettiemaragartos ·

Agga shame! Siestog! Kyk hoe hartseer lyk hy omdat hy uitgevang is!

Anel ·

Hoekom nog ‘n adviesraad? Hoekom moet hy die vravso lank voor die tyd kry? Sodat hy behoorlik kan voor berei om te lieg? Sodat hy nie bubbels hap as daar vir om direkte vrae gevra word nie? Waarvoor is hy bang? Dat mense hom sal sien vir wie hy regtig is? ‘n Slap rugraatlose wese!!! En dit is my opinie!!!

Dries ·

Ramaphosa kry ook al so n mislike laggie aan hom soos Zuma. Hehehe

JM ·

Sal graag wil weet wie die AFBEKKIE is wat by feitlik elke kommentaar verskyn!!

Pietertjie ·

Dis nou amper 17h00. Moenie asem ophou vir enige betekenisvolle geluide vanuit die Presidentskantoor nie.

Swerwer ·

Kry my jammer ek is onskuldig en ek gaan nou in trane uitbars want ek is regtig onskuldig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.