President ontplooi honderde soldate by staatsrede

President Zuma during a press briefing

President Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma het die ontplooiing van 441 soldate by die parlement in Kaapstad goedgekeur om “wet en orde” tydens die parlementsopening Donderdagaand te handhaaf.

Die presidensie het Dinsdag in ʼn verklaring gesê weermaglede gaan die polisie bystaan in die oploop tot en tydens die parlementsopening, waar Zuma sy staatsrede vir 2017 sal lewer. Die polisie en weermag sal tot Vrydag in die omgewing ontplooi word.

Die EFF en DA het intussen die ontplooiing van die soldate sterk veroordeel.

Johan Steenhuisen, DA-hoofsweep, het kort ná die aankondiging aangedui hy gaan dringend met die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, vergader oor die president se “militarisering” van die staatsrede.

“Hierdie aankondiging is kommerwekkend. Die president se doelbewuste gebruik van die woorde ‘wet en orde’ verwys na ʼn oormatige gebruik van die weermag, buiten die seremoniële rol wat hulle gewoonlik tydens die fanfare van die opening speel,” het Steenhuisen gesê.

“Die DA sal nie toelaat dat die publiek se parlement in ʼn sekuriteitsstaat verander nie. Daar is geen twyfel dat die president die weermag wil gebruik vir gratis beskerming vir sy verpligtinge op die dag nie. Dit is ʼn desperate poging om te verseker hy word beskerm teen verdiende kritiek op sy presidensie.”

Steenhuisen het gesê hy eis ʼn antwoord van die Parlement dat hierdie soort optrede nie deur die uitvoerende gesag geduld sal word nie.

Die EFF het ook die stap veroordeel. “Dit moet beskou word as ʼn verklaring van oorlog teen die land se burgers, wat beteken Zuma beplan om diegene waarmee hy nie saamstem nie, tydens die staatsrede te vermoor.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Francois le Cochon ·

Ek sou se^ dat alle politieke partye en die media SONA moet boikot, en hul eie SONA te hou om die mense in SA in te lig oor die werklike stand van sake in die land.

AL ·

Ou bangjan! Hy weet is net sy korrupte lojale ondersteuners wat hy nog oorhet. Die sirkel raak al hoe kleiner en die vyand meer! Wanneer word ons gebede verhoor dat hy uitgeskop word?

BOLANDER ·

AL, DIT IS NADER AS WAT ONS DINK, HOOR WAT EK VIR JOU Sê !!!!!!

Amanda Landman ·

Hier gaan iets aan waarvan Jan Alleman weerhou word…as dit stink na vis, is dit gewoonlik vis…

Magda ·

Hoekom Zuma- Bang vir iets??? – en weer word ons geld en tyd gemors op mense wat dit NIE verdien nie!!!!!!!

Chris ·

Toe ek n kind was, in die laat 80s, het ons Sondae die Monumente gaan besoek en geklim en geklouter dat dit bars. Self by die Uniegebou kon jy op die stoepe gaan loop en deur die vensters in kantore loer. Na 1994 is die boonste vlakke van die Uniegebou toegemaak dat selfs n muis nie kan in nie. Vir wie is die mense bang? Hulle is dan gekies deur die massas? Sekerlik is hulle nie bang vir hulle eie mense nie?

Christa ·

Ja Chris, en dis die paloeka wat beweer het dat misdaad afgeneem het!!! What a joke!!!

pieter ·

Laat die weermag liewers ons BOERE oppas nie die President nie hy het genoeg lyfwagte wat oppas.

De Villiers ·

Dis intimidasie-taktiek teen sy opposisie en die landsburgers, niks anders nie.

Theresa B ·

Julle gaan geen hond haar-af-maak nie. Zuma sal doen (en hy gaan) wat hy wil.
Hy is vrek bang – al het hy ‘n smile op sy gesig.

WDP ·

Hulle is Bang daar word by hulle karre ingebreuk terwyl hulle in die parlement sit en vlas beloftes maak

Johann ·

Die blatante begin van die inspan van die weermag om Zuma se magsbasis te beskerm! Selfaangewese magsbehepte dom astrante ANC strategie…

humor ·

In der daad intimidasietaktiek. Eie aan Afrika. As jy besef dat jy n ronde nul is en die mag teen jou draai dan wend jy n magsvertoon aan. Dit is tragies dat sy presidentskap so verval het dat hy n vrees vir sy eie nasie ontwikkel het.

Pete ·

Republiekfeeste, parlementsopeninge het nog altyd baie soldate teenwoordig gehad. Het iemand iets vergeet? Sedert die 1960’s was militêre magsvertooon in ons strate geensins vreemd nie.

Kiepie ·

Weermag is altyd betrokke by sulke geleenthede in ‘n seremoniële kapasiteit en sal ook weer hierdie keer wees, maar wat hier na verwys word is die ontplooiing van addisionele gewapende magte om wet en orde te handhaaf tydens die staatsrede. Groot verskil.

Donovan ·

Het ons nog soveel soldate oor in ons weermag… wel ek reken om die EFF onder beheer te hou is dit dalk die regte manier…

Pete ·

As hulle die NIE doen nie, loop ons land gevaar om in nóg groter chaos gedompel te word, met nadelige gevolge vir almal wat links en regs slim klink sonder om verder as hul neuse te kan sien.

Alida ·

Wie gaan die EFF keer. Hulle kan ingaan en hul plekke inneem. Hier kom weer ‘n sirkus. Ons gaan lekker lag.

PJ ·

Ja ou de klerk en kie hier sit ons nou met die gemors wigte en teenwigte en al

Chris ·

Dit is laat in die dag waneer die staatshoof/koning sy soldate se hulp moet inroep om hom te beskerm. ‘n Benoude kat maak benoude spronge.

Willie ·

Bangbroek, moet altyd after iets skuil… Nou nie dat die weermag vandag se dae iets beteken nie…

CWS ·

Aaaaag jinne…als holrug geryde stories….niks nuuts nie….klaaaag en klaag soos my oorle oom gese het maar ek self steek gn hand uit om n boer te beskerm wat praat ons nog van al die dorps en plot bewoners…al die besighede????? ai ai ek se maar net hoop ek kon n Smile op iemand se gesig sit..!!!!

Koos1 ·

Mense word bang. Baie bang vir ons land se toekoms.
Ons grontwet maak nie voorsiening vir die ontplooing van die weermag binne die landsgrense nie, behalwe in sommige gevalle as die president dit goedkeur. Die SAPS het al herhaaldelike kere vir die SANW se hulp gevra met die bestryding en bekamping van misdaad, maar dit is die standaard antwoord wat hulle kry. Nou word daar 441 ontplooi om een mens op te pas. Dis die werkwyse van diktators in Afrika.

Arthur Christy ·

Why don’t all the opposition parties Boycott this farce and let him and his ANC talk to the trees and empty benches??

Celia ·

Ons woon in Kaapstad(voorstede) bly weg uit stad vandag en more, vat geen kanse, EFF en Zuma se soldate…. EFF beskou dit as n oorlogsverklaring.
Wat n skande dat jy so bang is vir jou eie mense.

Sarel Strydom ·

Mors net mens se tyd met verwagte urelange ” Staatsrede”. Die Anties gaan weer uithang met hulle “grend” uitrustings, die een meer uitspattiger en duurder as die ander. Hoeveel van hierdie uitrustings is met staatsgeld bekom. Hoeveel van die ou se vrue gaan die “ding” bywoon. Soldate word nie ontplooi wanneer bates afgebrand en mense lewens bedreig word nie maar wel by die “ding” Onverstaanbaar soos gewoonlik.

Andre ·

En nou draai die EFF dit om om te se dis ‘n dreigement van moord. JULLE huts dan geweld aan. Julle versteur elke liewe keer die “proceeding”. Julle maak elke keer amok!
Wat verwag julle moet hy doen?
Ek stem glad nie saam met Zuma se presedensie nie, maar flip man, laat hy tog net klaar kry. Julle: EFF, is die rede agter so radikale besluit. Hou op om “victim” te speel…

student ·

Hmmm. Die president speel vir sy ondersteuners. Ek is seker hulle weet wie in beheer isen dat hulle belange beskerm sal word.

WW ·

OK dan! Dis darem ‘n bietjie dik vir ‘n daalder – gratis beskerming vir ou Zumpie teen verdiende kritiek? Twyfel of Zumpie beskerming soek vanaf soldate teen “kritiek”. Nee gits, seker eerder soek hy beskerming as die spul weer handgemeen raak!
Oor die EFF se uitlatings en redes vir beswaar bly ek liewer stil……LOL dis baie snaaks.

Kobus ·

441 Soldate….?440 om hom te beskerm en 1 om die skare te beskerm teen hom…

John ·

Waar is die res van die weermag? Of is dit al wat ons kan bekostig. Hoop die manne hoef nie iewers by ‘n museum of in ‘n kostuumwinkel klere gaan leen of huur nie… hoop hulle gee dit terug… anders verloor mens jou deposito…

Ken ·

Ja nee kyk…. Ek dink tans sal een van die veiligheidsmaatskappye soos ADT of High Risk die SA Weermag kan aanvat….. Hulle is pateties om die minste te se….. Ek sou nie te benoud wees nie…

BOLANDER ·

Hy is nie ‘n president se dinges werd nie. !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Johann ·

Ai man het ons nog ooit n weermag???Die ou bang broek gaan net weer mompel en he he he die hele tyd!!Ek was van die laaste verpligte manne en daar was trots en respek…nou sommer n uithang kamp…Hoe op aarde kan zumpie so die land se geld net blaas..en blaas..Ek glo nie hy het enigge idee wat aangaan om daai pos te beklee.Daar is al oor die 783 aanklagte teen “BUTTERNUT/SHOWER HEAD” en nog steeds probeer hy ons voorskryf wat om te doen???

Cilleen ·

Daars elke keer soldate by die parlements opening kyk julle nuus.

Alida ·

Ek wonder of JZ besef watse bespotting hy van homself en die land maak. Hy vertrou nie eers sy eie mense nie. GA!

Johannes Meintjes ·

… En tog, nadat hierdie Nuwe SA regime en SP nou al herhaaldelik oorlog verklaar het teen die landsburgers, teen blanke, teen Afrikaans, teen Landbouboere – en ons beroof word van ons belastinggeld, van dienste ontneem word en ekonomies afgegradeer word, verander die patetiese pogings van politisie en gewoonte-kreunende landsburgers feitlik niks aan die brutale feite van daaglikse verval nie. Hoe lank voor alles tot stisltand ruk en in totale anargie verval – om dan wat te bereik?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.