President praat dán weer

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa sal die land Maandagaand toespreek oor die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie in die lig van die komende feestyd.

Tyrone Seale, Ramaphosa se woordvoerder, sê die presiese tyd van die president se toespraak sal later aangekondig word.

Die kabinet, die nasionale koronavirusbevelsraad en die president se koördineringsraad het Sondag vergader midde ’n skerp styging in Covid-19-infeksies. Net minder as 8 000 nuwe gevalle is in die laaste siklus van 24 uur aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het vroeër vandeesweek bevestig Suid-Afrika beleef tans sy tweede golf van Covid-19-gevalle.

Ramaphosa het in sy vorige toespraak Nelson Mandelabaai in die Oos-Kaap tot brandpunt verklaar weens ’n skerp toename in gevalle.

Die res van die land kan waarskynlik strenger beperkings oor die feestyd te wagte wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Renier johannes ·

Waar doen julle die toetse wat so gou uitslae kry

Dave ·

Die toetse is in elk geval onakkuraat omdat die DNA wat geneem word 40keer gekonsentreer word en dan valse positiewe resultate gee. 25 keer konsentrasie is baie meer akkuraat maar dan gaan jy baie minder positiewe gevalle kry en dan kan die regering die mense nie skrik maak met hulle 2e golf storie nie.

Strandloper ·

Het gehoor dit is in Soweto….blykbaar n horde telraame met duisende werkers?

SomeOne ·

hoekom stel jy nie jou afspraak uit tot ‘n latere datum, soos wat jy met alle vergaderings doen nie

Chris ·

Ek hoop nie die hele land word weer gestraf vir die mense wat nie ore het en nie wil luister nie

quartus ·

Ek dink veral hier aan die ouers wat hulle kinders toegelaat het om “rave” partytjies te gaan bywoon en byna n duisend kinders nou die virus opgedoen het. Absoluut onverantwoordelik.

Jaco ·

Ná ramaphosa se toespraak: Wes-Kaap vlak 5; res van die land bly op vlak 1.
Amptelike rede: om Corona te stop.
Eintlike rede: om die DA en die wit mense in die Wes-Kaap te onderdruk.

Debbie ·

Bring lockdown op kuier, rond ry, kroee, clubs en bottelstore en klok reel terug. Dit het die eerste keer gewerk. Hou besighede oop en werkers moet permitte he om te ry. Mense wil nie hoor nie dan moet hulle maar voel

johb ·

Negatief op bottelstore en rondry. Positief op kuierplekke. Niks fout as iemand sy desember eenkant met brannas wil geniet nie. Nika verkeerd met ek wat eder op my eie plekkie eenkant in die kaap eerder as in johanneburg wil wees nie

Blomme ·

Coenraad ja daar is die ekonomie.. Maar ook die realiteit van oor 23 000 sterftes binne 8 maande.. Wat volgens jou weeg nou die swaarste?

katerinadiekat ·

En as die ekonomie heeltemal vou- hoeveel sterftes van hongersnood?

Coenraad ·

Blomme en hoeveel mense gaan stef van die honger en selfmoord omdat hulle dit nie meer gaan/kan maak maak nie? Wat volgends jou gaan die meeste getalle oplewer?

Johann ·

Neem aan sy “fellow south AFRICANS” kan nie wag nie? Die res van ons wat hom en sy vergrypers finansier noe noodwendig nie.

Boerkind ·

Stop ook onmiddellik alle ANC, EFF en inisiasieskole se massa-bedrywighede!! Wees konsekwent!!

johb ·

absoluut ja dit is die beste plan ooit verban dommer alle eff rallies permanent

marius ·

Sy politieke mag speletjies gaan binnekort in sy gesig ontplof . Die land se mense is dik vir hul twak !

Jan ·

Die “eerste golf” het nog nie eens die helfte van die 2018 griepsterftes behaal nie, ten spyte van histeriese pogings om die syfers “beter” te laat lyk. Die 2 Junie hoërhofbevel dat die regulasie ongrondwetlik en ongeldig is word ook geïgnoreer. Wanneer word ons mense wakker en besef ons word met twakstories om die bos gelei?

Johan ·

Jammer om te sê naar ons gaan nog die regering moet beveg…en nie met die hof nie. As n regering nie meer bang is vir die mense is diè wat gebeur.

Johannes Andreas ·

My maggies, het hy nou regtigwaar WEER ‘n Praat Permit gekry by Tannie Kopdoek? Sy voel sekerlik in ‘n feestelike bui so kort voor die vakansie…

annie ·

It never rains but it pours… mens moet darem wys jy’s nog iemand na die magtige ANC-boshof met jou klaar is en die vlermuise aan jou ore begin peusel… daai miljarde agter jou naam, aaitog… En so mors die spul rykes met mekaar oor wat en waar en hoe… Daai Krugermiljoene is dit nog soek?

Nico ·

Hoeveel kundiges sit op hierdie rade, hierdie rade beheer die die land, die rade saam met die president wil Suid Afrika heeltemal vou, die verbod op sigarette gaan weer deur sekere ministers behartig.

Yolandie ·

Dis een ding om strenger maatreels in te stel, maar ‘n ander as die meerderheid die reg gegun word om the “protest” sonder maskers, sonder socoal distancing want dit troef mos alle ander SA’ners se reg op bestaan en lewe. So Ja Cyril moet maar mooi dink voor hy die SA ekonomie wil tot stilstand bring, ons ekonomie kan nie nog ‘n lockdown oorleef nie!!!!

Dirk Mostert ·

Ons kan bly wees Boris Johnson is nie ons staatshoof nie.

Jacobus ·

EN, ek het haar toestemming om weer niks te sê nie.
Sonder ‘n grappie – net twee skuiwe is nodig. Raak ontslae van Ace en NDZ. Steleen bekwame wiskundige statistikus aan en een gebeurlikheisds beplanner. Meeste, indien nie ALLE groot ondernemings het albei in diens.

Annelize ·

My fellow South Africans… ek sien die moeilikheid weer op ‘n myl ver aankom. Ek is seker daarvan die Bottelstore doen flink sake op hierdie Maandagmore, en die sigarettoonbanke is seker klaar leeg.

Ek het net so gevoel aan my, hier kom streng inperkings en baie se Kersfees en Nuwejaar planne gaan vir hulle gekanseleer word.

Genis ·

Die problem is die staat kry geld, vir elke positiewe geval, sterftes, en herstel…maak Genis dink

Anoniem ·

Miskien kan jy tog vir my hierdie dokumente publiseer wat jou aanname staaf. Waar kry hulle hierdie geld vandaan? Wie betaal dit?

Blomme ·

Dit land word wel swak bestuur met ń uiters onbevoegde regering.. MAAR realiteit is dat die virus grootskaalse vernietiging bring.. Mense kan gerus meer simpatiek wees teenoor die trauma wat dit aan families bring.. Ja die ekonomie is belangrik maar wat beteken dit as jy met ń bevolking sit waarvan die helfte siek is… Niemand is teen hierdie virus bestand nie… so bly by jou huis en as jy dalk nie aan jouself dink.. dink ten minste aan jou medemens. Te veel sien hierdie as ń politieke speelbal.. Wonder sal jy steeds so voel as jy albei jou ouers binne 4 uur agv die virus verloor. Wees versigtig wat jy sê.

katerinadiekat ·

As jy jou ouers verloor het, het ek intense simpatie met jou. Waarlik, en uit my hart. Maar wat as die ekonomie heeltemal tot niet gaan, of dit selfs net gebeur dat derduisende mense nie kan geld verdien om kos te koop en hul dak oor hul koppe te betaal nie? Wat gaan van hulle word? Hoe gaan hulle aan die lewe bly?

Adam Adriaan ·

Kan nie verstaan hoekom sukkel ou CR so met Our People nie. Hy moet ook vir on sê waar is die laboratoriums is waar die toete daagliks so flink ontleed word. Wonder wat gaan gebeur as die klomp tegnikuste begin moeg word en begin staak?

Corne123 ·

Ek kan nie ander asbom te dink hy gaan weer dit inbring dat mens nie tussen provinsies mag rys nie

JohanR ·

Agh nee man…praat alweer! Kan hy nie vir on dans of sing, of miskien vir ons akrobatiese toerties op ‘n koorddraad uitvoer nie?

koekoes ·

As mens sien hoeveel gevalle in die Kaap van Covid is. Dit maak mens bang want hoeveel van daai mense is van ander dorpe. Weet nie hulle het die Covid nie en steek weer almal daar aan. Wat dan…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.