President saam met pendelaars op trein gestrand

Pres. Cyril Ramaphosa en David Makhura, premier van Gauteng, by ʼn treinstasie in Pretoria as deel van ʼn verkiesingsveldtog. (Foto: Thobile Mathonsi/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag eerstehands een van die gereelde frustrasies van gewone Suid-Afrikaners ervaar toe hy ure lank saam met ongelukkige pendelaars op ʼn stilstaande trein gestrand was.

Ramaphosa het as deel van ʼn verkiesingsveldtog net voor 08:00 saam met pendelaars op die trein by die Mabopane-stasie in Pretoria geklim. Die trein was toe reeds meer as ʼn uur laat.

Op pad na Bosman-stasie, waar Ramaphosa later afgeklim het, het die trein twee keer onverklaarbaar stilgestaan – een keer by Marabastad-stasie en die tweede keer by die Technikon Rant-stasie. Dit het nog twee uur by die pendelaars se reistyd gevoeg.

Sommige pendelaars wat klaar laat was vir werk het afgespring en werk toe gestap, terwyl Ramaphosa op die trein gesit en wag het. Hy is vergesel deur David Makhura, premier van Gauteng, terwyl ander ANC-leiers na ander treinstasies in Tshwane gegaan het as deel van die verkiesingsveldtog.

By Bosman-stasie het Ramaphosa en Makhura ʼn skare toegespreek wat gretig op hulle gewag het. “Dit is onregverdig teenoor ons mense. Ons treine is laat en kry mense nie betyds by die werk nie. Ons gaan ʼn vergadering met Prasa byeenroep,” het Makhura gesê.

Ramaphosa het op sy beurt aan die skare gesê hy het eerstehands die probleme beleef wat mense op ʼn daaglikse grondslag moet hanteer. “Mense kla daar is boewe op die treine en ons kan bevestig daar is geen sekuriteit op hierdie treine nie,” het die president gesê.

“Die trein is stadig en het om onverklaarbare redes stilgestaan. Dit is onaanvaarbaar dat dit drie uur duur om ʼn 50 km-reis af te lê en dit moet nou end kry. Ons gaan met Prasa praat en vir hulle sê hulle moet dit uitsorteer.”

Ramaphosa het gesê om die toestand van die treine te verbeter is een van die party se mandate omdat dit ʼn negatiewe uitwerking op die ekonomie het. “Mense wat treine moet gebruik, gaan noodwendig in die moeilikheid kom. Hulle word afgedank, kry waarskuwings en word gedissiplineer omdat hulle laat by die werk opdaag.”

Ramaphosa het ook aan die skare gesê hulle werk aan die huidige beurtkragprobleem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

chrissie ·

Dan moet hy besoek by skole aflê..ook by Eskom..ook by staats hospitale..dan ook by binnelandse sake…dan ook is daar n lys van plekke in S.A waar dinge “gebreuk” is.

Leona ·

Stem 100% saam. Laat Mnr President oral gaan waar ‘n diens gelewer moet word. Laat hy in Nood ‘n staatshospitaal besoek ipv ‘n privaathospitaal. Laat hy self in die rye gaan staan vir ‘n ID/Paspoort/Bestuurslisensie. Vir ure my SARS gaan sit. En laat hy ook beurtkrag beleef!

Snowball ·

Wat ‘n heldedaad! Sit op ‘n trein wat laat is om ‘n paar stemme te werf.
Wat van bietjie oorslaap op ‘n plaas, so sonder daai veilgheidswagte wat belastingbetalers voor betaal?
Laat wees is een ding, koelbloedig vermoor is ‘n heel ander storie.
Verkiesingsveldtog à la ANC. Gmpf!

IK ·

Trein wat ‘onverklaarbaar’ gaan staan. Ai, die blinde sambok darem . . .

Chris du preez ·

Net so. Wonder hoekom steek hulle toe nie die trein aan die brand omdat hy laat is nie

GM ·

Hy gaan sit een dag daar saam met die mense, seker omring met sy sekuriteitswagte, en nou maak hy of hy weet waardeur die pendelaars elke dag gaan, hahaha.

Ek stem saam, hy kan gerus bietjjie behandeling gaan ontvang by ‘n staatskliniek en hospitaal. Die enigste probleem is, hy sal voorkeur behandeling kry, en nie 7 ure by die kliniek hoef te sit soos ‘gewone mense’ nie.

Dirk ·

Oral waar wit mense verjaag word verander die hele maatskappy in ñ vrot pampoen. Eskom, SAL, Transnet, parlement, ens.

fred ·

stem saam..in my vorige maatskappy was hulle bereid om n nie blanke 30% meer te betaal dan n blanke wat meer ervare was…BEE die oorsaak van al ons probkeme

Arak ·

Wonderlike publieke verhoudings oefenintjie. Sien, die president is een van ons en so toevallig dat die media ook op die trein was om dit te kon beeldsend… /sark
Ek is nogal moeg vir hierdie tipe propaganda en manipulasie.

Judge Dredd ·

Sjoe – hy kan bly wees hulle het die trok nie aan die brand gesteek nie, ne ?

Treintjie ·

dit is n wonder dat die pendelaars nie die trein afgebrand het nie!

Hu ·

Age shame ons beleef dit elke dag veral op ‘n Vrydag middag. Vrydag middag van 16h20 tot 19h05 op n trein gesit wat veronderstel is om n 40 min rit te wees en die verskonings is legio. Moenie vergeet hoe lank die oggend rit neem nie jy moet al 4h00 n trein haal en hoop en bid jy is betyds as jy 7 of 8 uur begin werk. Dankie ANC ons het nie meer n lewr nie maar be staan net

LS ·

Die bes uitgewerkte reklame foefie wat die ANC nog aan kon dink.

Bennie van Zyl ·

Verkiesingsveldtog foefie….hulle sal enige iets probeer vir stemme….

Willempie ·

Ek stem 100% saam jou. ‘n Uitgeslape manier om stemme te probeer kry. Dalk is da gereel dat die treun moes “staan”.

Arie ·

Wat ‘n verkiesing nie kan doen nie, ewe skynheilig op ‘n trein geklim om stemme te werf, geen ander rede nie! En hulle val daarvoor! Hulle gaan weer vir die anc stem ? ongelooflik!!!!!

Wilma ·

Ai president ramaphosa stop asb met jou verkiesings foefies. Jy weet sedert 1994 al dat als besig is om te verval soos die res van afrika. Dis absoluut incompetence. Vir baie jare het mense van treine gebruik gemaak maar nooit soveel chaos. Treinongelukke is vandag aan die orde van die dag as gevolg van mense in posisies as gevolg van regstellende aksies en kaderontplooiing
Hou op vi die massas te lieg.

Gert van Wierdapark ·

Moenie dink die pres. sal more dieselfde trein “haal” nie, daarvoor is sy tyd seker te kosbaar. Ek is nie baie opgewonde oor sy opmerking dat hul aan die beurtkragprobleem werk = want verseker is Werk, teenoor Doen, nie op dieselfde vlak nie. Om die stoele op die Eishkom Titaniic se dek rond te stoot, is nie werk nie, dis oe-verblindery! Onthou die gesegde: in die land van die blindes is Eenoog koning!

Laetitia ·

Rerig! Wie probeer hy nou beindruk.
Wat ,n mens nie alles sal doen vir ,n stem nie.

Loraine ·

Al hoe hy / hulle gaan weet hoe dit regtig gaan in ons land en wat die gewone mense elke dag beleef by al die genoemde plekke is om hulle te vemom niemand sal weet wie hy/hulle is nie. Daar nie gou gou as hulle weet president of ministers oppad is hulle goeie voetjie voorsit nie. Alles is alreeds of al klaar besig om uitmekaar te val. Ons het nie meer krag nie ai tog wat nog. Ons het bekwame en goed opgeleide mense bitter nodig.

humor ·

AP dis nou wragtig nie iets om oor te lag nie.!!!!!!!!!!!!!!!!!

Boy van die Suburbs ·

Ja Nêh?! Wat Cyril & Kie nie alles sal doen, om die pound seats te behou nie!!!

Vonk Prop ·

Hy moet net nie vergeet om sy kiesers mee te deel dat sy en sy twee swaers se bates meer is as die totale ANC kiesers korps.

Philippus ·

Ongelukkig ly mense wat wil werk, onder hierdie soort bestuurders! En dit is die mense watvan denke moet verander, deur voortdurend die boodskap te stuur: Verandering lê by julle,net julle!
Opposisiepartye behoort hulle hierop toe te lê!

Manie ·

Al lankal gesê die anc en sy kaders wat probeer regeer is pateties. Snaaks hy sien net hoe pateties hulle is voor die verkiesing

Sue ·

Wahahahahaha… ??????? Dis skreeusnaaks, veral die “beurtkrag” gedeelte… En die mense glo hom?

Hennie ·

Cyril kan nie minder omgee nie. Stem tog net vir die ANC, dan sôkkol on sommer nog lank.

Opisthophthalmus ·

@Hennie, Jy is in die kol.. die hele oefening is SLEGS om stemme te kry.

George in Bloem ·

Ja toe kom ou Ramapocchio agter daar is ‘n redelike groot verskil tussen die gravy train en ‘n gewone trein ne? Wat die desperate spul narre nie alles tog sal aanvang vir ‘n paar stemme nie. Trek maar gerus die popcorn en slushpuppy nader,hier is groot vermaak op pad net die verkiesing om die draai.

Gert ·

As dit hom so ontstel en so onaanvaarbaar is, hy kan dit vinnig regstel: Skaf net AA en SBE af, alles sal binne maande weer vlot begin werk.

Elizabeth ·

En dan verwag hy die mense moet vir die ANC stem wat verantwoordelik is vir die gemors. Hy gan vir Prase “sê” om nou ‘n slag hulle sokkies op te trek … klink of hy met laerskoolkinders praat: “Ek sal net vir Meneer sê hoe stout is julle!”

Izak ·

Stuur die nar en sy mede hansworse na n Staatshospitaal vir stresterapie. Skuim van die aarde!

jaco ·

Het ek reg gelees:die ANC gaan met PRASA praat. Maar PRASA behoort aan die Staat en die Staat word deur die ANC regering beheer. Sekerlik is ‘n ANC-kader die hoof van PRASA. So eintlik gaan die ANC met die ANC praat. Hoe absurd.

KrokodilBotha ·

Tjoef tjaf . Jip en natuurlik het niemand die dag kaartjies betaal nie

Irene Myburgh ·

Hy moet ook bietjie kom Tswane busse ry wat of laat is of glad nie opdaag nie.

Jy staan en wag vir se nou n 15:00 bus wat nie opdaag nie dan wag jy in spanning vir die 15:25 bus wat ook nie opdaag nie dan is die volgende en laaste een vir jou rigting 16:00 dan daag dit ook nie op die nie. Nou begin jy kyk na ander “busse” wat jou naby aan jou bestemming kan bring dan moet ‘n mens soms tot sewe blokke loop.

wielie ·

Hoeveel lyfwagte was daar vir beskermimg? Hulle het vergeet om dit te noem. Want as die treine staan word die pendelaars geroof

Snip ·

Hy moet dalk net bietjie meer huiswerk doen, dan sal hy agterkom dat daar baie meer is as net die treine wat in slegte toestande is en dat hulle meeste verantwoordelik is daarvoor. Hulle breek en brand mos alles af en dan kan hulle nie weer opbou of regmaak nie. Dinge sal nooit verbeter solank as wat dit so aangaan nie. En baie ander mense word onnodig daardeur geraak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.