‘President skuld land verduideliking oor Eskom’

Foto: Twitter

Mense het die reg om te weet wat die ware omvang van die krisis by Eskom is en die uitwerking wat dit op die hele land, asook op die ekonomie en ons groeivooruitsigte sal hê, sê Cope.

“Ons moet ook weet wat die regering van plan is om te doen om die krisis die hoof te bied,” sê die party na aanleiding van die jongste vlaag kragonderbrekings.

Pres. Cyril Ramaphosa moet die verantwoordelikheid aanvaar en Suid-Afrikaners ʼn volledige en eerlike verduideliking gee van die kragopwekkingskrisis wat die land in die gesig staar en wat, indien enigiets, die regering daaraan doen.

Die party sê hy het die afgelope week in die parlement gewaarsku Eskom het die vermoë om die hele land te kelder.

Intussen meen die DA “beurtkrag” is die prys wat alle Suid-Afrikaners moet betaal vir die ANC se korrupsie en wanbestuur.

Die Wes-Kaapse ekonomie word gevange gehou deur die mislukte kragvoorsiening.

“Ons weet die steenkool by baie van die land se groot kragsentrales is so te sê op weens die frontmaatskappye wat die Guptas gebruik het om Eskom leeg te tap terwyl die steenkoolvoorraad feitlik in duie gestort het,” sê Tertius Simmers, DA-lid van die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer en voorsitter van die staande komitee oor ekonomiese geleenthede, toerisme en landbou.

“Aangesien die Wes-Kaapse regering uitgelewer is aan die ernstige korrupsie in die nasionale regering onder aanvoering van die ANC, word ons provinsiale ekonomie gevange gehou deur die mislukte kragvoorsiening.”

Hy sê dis die prys wat die hele land en toekomstige geslagte moet betaal vir die ANC se kultuur van nepotisme en korrupsie wat nuwe hoogtes bereik het met die algehele kaping van die land, sy hulpbronne en dienste vir eie gewin.

Simmers gee die versekering die Wes-Kaapse regering sal alles in sy vermoë doen om die uitwerking van korrupsie op nasionale vlak af te weer.

“Gelukkig kon die DA-beheerde Stad Kaapstad die uitwerking van beurtkrag versag deur die bou van ʼn 180 MW- hidroëlektriese kragsentrale by die Steenbrasdam. “Dit het ons in staat gestel om kragonderbrekings te vermy of fase 1- pleks van fase 2-beurtkrag toe te pas. So kon ons ons provinsiale ekonomie en duisende werkgeleenthede beskerm,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

40 Kommentare

jongste oudste gewildste
Celtis Africana

Skuld ons n verduideliking?
Sy ge ” our people” moontlik.
Ons weet presies wat gebeur het en wat sy donker agenda is!

Paul

En wat nou aan die gang is, nie net by Eskom nie, maar als waaraan hulle raak, en ook groot dele van Nelspruit se water wat van sewe uur gisteroggend af afgesluit is, verander dit nie persepsies in mens se kop oor die bevoegdheid van die ANC nie. Ek lees kommentare onderaan ‘n ander berig hier op Maroela na watter lande mens kan emigreer ter lafenis van jou gekneusde en gebroke siel, en vir oorlewing. O ja, en ons bad nou nie in die Spa se water nie, maar dompel die waslap in die Spar se water wat ons effe… Lees meer »

John

Ons kan nie so druk op ons prez plaas nie. Die man is nou ‘n wereldleier in die voorste linie van die grotes soos Brittanje en Turkye en Saudi-Arabie en… dan is die hele Afrika ook nog daar wat hy moet lei en Trump om reg te sien en… Gelukkig is Soros daar as raadgewer… Ons steenkool word uitgevoer na die buiteland en vaste kontrakte is gesluit deur julle weet wie. Nou sit ons met die swak oorblyfsels en met drome oor atoomkrag… CR gaan baie in die buiteland kuier aanstaande jaar en hard hoop ons tv-sisteme val in duie… Lees meer »

Louis

Hy weet ook nie!!!

EXACTLY

Exactly hoe moet die ou iets veruidelik wat hy nie kop of g..t weet van nie