‘President skuld land verduideliking oor Eskom’

Foto: Twitter

Mense het die reg om te weet wat die ware omvang van die krisis by Eskom is en die uitwerking wat dit op die hele land, asook op die ekonomie en ons groeivooruitsigte sal hê, sê Cope.

“Ons moet ook weet wat die regering van plan is om te doen om die krisis die hoof te bied,” sê die party na aanleiding van die jongste vlaag kragonderbrekings.

Pres. Cyril Ramaphosa moet die verantwoordelikheid aanvaar en Suid-Afrikaners ʼn volledige en eerlike verduideliking gee van die kragopwekkingskrisis wat die land in die gesig staar en wat, indien enigiets, die regering daaraan doen.

Die party sê hy het die afgelope week in die parlement gewaarsku Eskom het die vermoë om die hele land te kelder.

Intussen meen die DA “beurtkrag” is die prys wat alle Suid-Afrikaners moet betaal vir die ANC se korrupsie en wanbestuur.

Die Wes-Kaapse ekonomie word gevange gehou deur die mislukte kragvoorsiening.

“Ons weet die steenkool by baie van die land se groot kragsentrales is so te sê op weens die frontmaatskappye wat die Guptas gebruik het om Eskom leeg te tap terwyl die steenkoolvoorraad feitlik in duie gestort het,” sê Tertius Simmers, DA-lid van die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer en voorsitter van die staande komitee oor ekonomiese geleenthede, toerisme en landbou.

“Aangesien die Wes-Kaapse regering uitgelewer is aan die ernstige korrupsie in die nasionale regering onder aanvoering van die ANC, word ons provinsiale ekonomie gevange gehou deur die mislukte kragvoorsiening.”

Hy sê dis die prys wat die hele land en toekomstige geslagte moet betaal vir die ANC se kultuur van nepotisme en korrupsie wat nuwe hoogtes bereik het met die algehele kaping van die land, sy hulpbronne en dienste vir eie gewin.

Simmers gee die versekering die Wes-Kaapse regering sal alles in sy vermoë doen om die uitwerking van korrupsie op nasionale vlak af te weer.

“Gelukkig kon die DA-beheerde Stad Kaapstad die uitwerking van beurtkrag versag deur die bou van ʼn 180 MW- hidroëlektriese kragsentrale by die Steenbrasdam. “Dit het ons in staat gestel om kragonderbrekings te vermy of fase 1- pleks van fase 2-beurtkrag toe te pas. So kon ons ons provinsiale ekonomie en duisende werkgeleenthede beskerm,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Celtis Africana ·

Skuld ons n verduideliking?
Sy ge ” our people” moontlik.
Ons weet presies wat gebeur het en wat sy donker agenda is!

Paul ·

En wat nou aan die gang is, nie net by Eskom nie, maar als waaraan hulle raak, en ook groot dele van Nelspruit se water wat van sewe uur gisteroggend af afgesluit is, verander dit nie persepsies in mens se kop oor die bevoegdheid van die ANC nie. Ek lees kommentare onderaan ‘n ander berig hier op Maroela na watter lande mens kan emigreer ter lafenis van jou gekneusde en gebroke siel, en vir oorlewing.

O ja, en ons bad nou nie in die Spa se water nie, maar dompel die waslap in die Spar se water wat ons effe warm gemaak het en vee die lyf af. Die hande skep die water vir die gesig en dan vat ons maar die handoek om die res te doen.

John ·

Ons kan nie so druk op ons prez plaas nie. Die man is nou ‘n wereldleier in die voorste linie van die grotes soos Brittanje en Turkye en Saudi-Arabie en… dan is die hele Afrika ook nog daar wat hy moet lei en Trump om reg te sien en… Gelukkig is Soros daar as raadgewer… Ons steenkool word uitgevoer na die buiteland en vaste kontrakte is gesluit deur julle weet wie. Nou sit ons met die swak oorblyfsels en met drome oor atoomkrag… CR gaan baie in die buiteland kuier aanstaande jaar en hard hoop ons tv-sisteme val in duie sodat niemand kan sien hoe dit tuis gaan nie, want dit gaan wild gaan, en as hy later terugkom, sit Zuma weer in sy ou stoel.

EXACTLY ·

Exactly hoe moet die ou iets veruidelik wat hy nie kop of g..t weet van nie

Smirre ·

Daai nar met sy Afrika mentaliteit sal geen verduideliking gee nie. Dis alles apartheid se skuld. Hy staan weer Afrika style met die bedelbakkie in die hand – die keer by die Saudi prins vir…..investering in energie in SA. Saudi bekend vir sy fantastiese menseregte rekord. ANC en SA nog steeds te koop. Arme land en sy mense 24j verkrag en verniel deur sy ANC meesters dit wat van haar oor is word nou uitgebie vir nuwe meesters – Arabiere en Chinese.

Paul ·

En my on-the-button-kommentaar word nie geplaas nie? Seker omdat dit té op die man af is en die waarheid sonder doekies omdraai vertel, ondiplomaties, soek nie rond vir grimering nie, ook nie inkleur potlode nie.

Morné van Rooyen ·

Dagsê Paul,
Dankie vir jou kommentaar. Hou asseblief in gedagte dat alle kommentaar eers deur iemand nagegaan moet word voor dit verskyn. Daarom is daar soms ‘n vertraging.
Groete,
Morné nms. Maroela Media

Paul ·

Dankie Morné, ek sien ek het toe die sneller te vinnig getrek. Do so voort met jul uitnemende werk.

Groetnis en mooi dag verder.

Sparks ·

N vriend vanmy het tonne en tonne steenkool . Hyt steenkool vi eskom aangebied ma deure is in sy gesig toe geslaan. Hy sè da is genoeg steenkool by eskom dis die onderhout wat nie gedoen is nie.

Lorinda de Jager ·

Moet nie veel van Cyril verwag nie hy is net so useless soos eskom

Koos ·

Eskom is bitter diep in die moeilikheid… Selfs die nuwe eenhede wat gebou word, word gedruk vir krag – instandhouding is n bysaak.

Clem ·

Ek kan net saam met jou stem Lorinda, almal dink Syruppy Cirrel is so ‘n fantastiese besigheidsman, waak teen julle oogklappe mense, hy het alles op ‘n skinkbord gekry na 1994 deur skemas wat vorige benadeeldes in ‘n roomryke posisie gelaat het! Hy skep net nou van daardie room en dan is hy ook in beheer van ‘n regerende party wat poog om alle belastingbetalers te verarm tot die dood toe.

Magrietha ·

1 woord Wees waker hou alles om julle dop en beveilig all wat jy kan aan raak.

Elsa ·

Buite alles wat genoem word, is hierdie net n manier om hul prys verhoging te laat implimenteer. Eskom probeer so Jan Publiek manipuleer.
Kry al die geskaakte geld en onwettig tenders terug, en prys van elektrisiteit kan verlaag word.

Sakkie ·

Dankie dat julle ons op hoogte hou van die Eskom situasie. Ons krag is al heeldag sonder waarskuwing af, oral loei die huisalarms, maar ons wat Maroela lees was darem voorbereid. Dankie daarvoor.

Arie ·

Ja die regering het geen bevoegdheid nie hulle het ‘n land oorgeneem waar alles reg gewerk het en dit totaal afgebreek waar niks meer werk nie, rammie kan niks verduidelik nie want die blankes kry die skuld, die regering is belaglik

Callie ·

Hierdie het niks te doen met steenkool nie. Eskom sit met 35 000 anc kaders wat miljoene verdien in ESKOM sonder om enige werk te doen. Maroela doen SA n guns en kry kenners soos mnr Blom om die ware feite weer te gee. Dat almal kan besef hoe KORRUP ramaphosa en sy hele anc party is. Daar word daagliks biljoene gesteel met ramaphosa wat toekyk. Die land gaan vou. Dit gaan geweldadig wees en in n bloedbad ontaard omdat die media liberalisties is en tog nie die regering wil te nakom nie. Hemel daar is regte kenners daar buite. Dis al hoe daar druk op hierdie totaal korrupte, onbevoegde, selfverrykende massas geplaas kan word.

Piet Pompies ·

Intussen ry daar trein vragte van ons land se beste kwaliteit steenkool na Richardsbaai hawe om op skepe gelaai te word vir uitvoer na die buiteland.
Ons maatskappy wek ook eletrisiteit op met steenkool maar in ‘n mindere mate, die aankoop en verkryging van steenkool word deur ‘n minderheid monopolie mense beheer. Skatryk, met buitelandse bankrekeninge en gee nie om wat met SA gebeur solank die geld instroom.

Paul ·

Nog ‘n voorbeeld, die nuwe minister van kommunikasie is pas aangestel en sy ruk die SABC uit mekaar want SY is die een wat die kitaar nou slaan. Hoe hou mens huis met hierdie mense se ingesteldheid. Elkeen wil koning wees maar het geen kennis en insig oor die basiese vaardighede van bestuur en die taak op hande nie.

Boer ·

En ek loop nog daagliks wit mense raak wat glo paddapot gaan alles mooi kom reg maak….dis nag mense! Letterlik en figuurlik! Maar dan weer….ek hoor gereeld ek is een van daardie dom regse afrikaners.

Deon Meyer ·

Mense,hier waar ek in Jeffreysbaai sit,sien ek hoe die windturbines tog te lustig draai en draai.En raai wat,ons het ook beurtkrag(fase 2) gisteraand was dit vanaf 1900 TO 2130 en vanaand is dit weer so.Nou wonder ek,is dit werklik dat daar nie steenkool is nie,of is die finansies van ESKOM nie die oorsaak nie?Dit is tyd dat die plaaslike Munisipaliteite waar daar wel windturbines is wat krag opwek,hul krag vanaf die bron kry en ESKOM in sy maai stuur.

Henk ·

n Klein deeltjie van my wens heimlik dat ALLES (elektrisiteit, water, net mooi ALLES) tot stilstand moet kom. Op die oomblik huiwer alles net op die afgrond. Laat 1994 se Groot Vrede nou vir eens en vir altyd ophou sodat ons van voor af kan begin.

Boer ·

Henk, ek stel 100% met jou saam. Hoe gouer dit gebeur hoe beter

Marius ·

Almal moet net ontspan. Daai wigte en teenwigte gaan nou enige oomblik inskop. Dan is alles weer dood dollies.

Trojaanse Donkie ·

Waar is ou vreeslose Frikkie nou met sy wigte & teenwigte die armsalige drommel kon dit nie eers self skryf nie al wat hy ken is eksdom

Kernvdsaak ·

Easton word die Weskaap Velas met beurtkrag as Koeberg se tuiste hier by ons is? Behoort ons nie die voordeel daarvan te trek nie?

Manie ·

CR het langs zuma gesit toe hy en sy party húlledik steel en nie n vinger verroer. Hy’s net so vasgevang in die korrupsie. So moet nie iets van hom verwag

Hanna Hoekom ·

Solank “our people” nie deur die kragonderbrekings geraak word nie, sal daar geen verskonings van die president af wees nie. Ek mag verkeerd wees, maar dis net die “betalende” areas wat geraak word. Die elektrisiteit word nooit in die “wanbetalers” se areas onderbreek nie. Nee wat, “our people” word nie geraak nie. En iemand moet vir hierdie gemors betaal!

Emma ·

Met al hd kragonderbrekings gaan al meer mense alternatiewe begin installeer!!! Die uiteinde gaan wees dat al minder geld inkom terwyl d kragtappers al meer gaan word!!

Julia ·

Beurtkrag het niks te doen met n tekort aan steenkool Nie. Dis net afpersing Vir n 80% plus verhoging sodat die grootkoppe (wat heeldag niks doen Nie) lekker vet bonusse en verhogings Kan kry. Waar is daai klomp geld heen wat hulle by China gekry het??

Callie ·

Sien Maroela verduidelik mooi vir Paul. Miskien verdien ek ook een. Of is dit oor ek vra dat Maroela waarheid van Ted Blom kry. Of sien die media nie kans om die waarheid oor die korrupte regering te publiseer nie. Almal begin darem sien hoe korrup Zuma is. Die media begin daaroor praat. Ramaphosa het jare langs hom gesit. Hy weet van niks. Magtig, dis skrikwekkend. Huidige pres het nie gesien, of geweet of gehoor hoe is Eskom vernietig nie

Morné van Rooyen ·

Goeienaand Callie,
Maroela Media het outomatiese filters wat kommentaar na die asblik stuur wanneer sekere woorde daarin voorkom. Jou kommentaar het om die een of ander rede daar beland, maar ek het dit herstel.
Groete en dankie vir jou belangstelling,
Morné nms. Maroela Media

Philip ·

Dan wil hulle die Mediese Skema wees
Wat ‘n joke. Ongelukkig dink die massa dis wonderlik wat die ANC aanvang. Die staats beheerde eenhede is almal bankrot en dan wil die unies wal gooi as daar sprake van herstruktureering is. Nogal depressing moet sê

Clem ·

My vraag is: Eskom het net nou die dag trots aangekondig dat hulle R1 miljard wins getoon het tydens die laaste boekjaar. As die munisipaliteite wat se uitstaande skuld R17miljard beloop by die wins getel moet word beteken dit Eskom sou R18miljard wins toon? Maar hulle koop nie steenkool nie en onderhou nie die steenkoolstasies nie, dan is ek oortuig die R1miljard is ‘n skelm oogverblindery net om seker te maak dat die Eskom uitvoerende bestuur hulle lekker vet bonusse kan kry. NVG en die Staatskapingskommissie kan gerus bietjie by Eskom gaan aanklop en indiepte ondersoek wat TANS ook daar aan die gang is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.