Pres. Cyril Ramaphosa sal Suid-Afrika Sondagaand toespreek oor verwikkelinge met die land se risiko-aangepaste strategie om die verspreiding van Covid-19 te stuit.
Die presidensie het Saterdagaand gesê Ramaphosa het met die kabinet, die nasionale koronavirus-bevelsraad en die president se koördinerende raad vergader wat die vooruitsig vir ʼn afwenteling van vlak 4 na vlak 3 van die koronavirusvlakke oorweeg.
Ramaphosa het ook met die sakesektor, vakbonde, Nedlac, leiers van politieke partye wat in die parlement verteenwoordig is, tradisionele leiers, geloofsleiers, die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die toerismebedryf vergader oor die voortgesette gesondheid-, maatskaplike en ekonomiese uitwerking van die pandemie. Volgens die presidensie is die toerismebedryf die grootste werkgewer in die private sektor.
Ramaphosa het op 13 Mei laas die land toegespreek en het toe gesê Suid-Afrika sal na verwagting teen die einde van die maand na koronavirus-vlak 3 beweeg.
Die president se toespraak begin na verwagting om 19:00 en sal regstreeks uitgesaai word.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
24 Kommentare
Hy moet liewer stil bly want as hy sy mond oop maak praat hy net n klomp nonsens
19h00 vir 19h40
So, Sy skoot hondjie het weer besluite geneem. Hy wil ons net inlig. Pateties.
Hou die parlement dop in die tyd. Hier kom groot dinge.
Is dit nou 19h00 of 19h30 of wie weet watter tyd dis ongeskik om laat te wees kan nie verwag miljoene mense moet sit en wag vir n afspraak nie verder hoop ek jy sit jou voet neer en se wat jy wil se nie wat in jou keel afgedruk word nie Kom ons kyk of dit weer n e pos uitsending gaan wees of darem iets wat mens kan oor dink na die tyd ons weet al baie goed se baie goed maar ons kan dit nie hier se nie so asb moenie weer klomp vye aan ons verkoop… Lees meer »
Kom ons hoop ek is verkeerd met die Zumas wat die land regeer, dit gaan lankal nie meer oor rook en drinkgoed nie, dit gaan wel bydra tot n lekker groot opstand.