President spreek land vanaand toe

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Sondagaand die land toespreek oor die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie.

Tyrone Seale, Ramaphosa se woordvoerder, het in ’n kort verklaring gesê Ramaphosa sal die land omstreeks 19:00 te woord staan.

Ramaphosa het die afgelope paar dae met die nasionale koronavirusbevelsraad, die presidensiële koördineringsraad en die kabinet vergader.

Dít te midde van al meer sprake dat Suid-Afrika sy dreigende derde virusgolf tegemoet gaan.

Die land beleef weer ’n toename in Covid-19-gevalle en dit word verwag dat die president strenger maatreëls sal afkondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Rayman ·

Ja Hendrik, jy sit seker lekker by jou huis en verdien jou hele salaris so dit pla jou nie né, jy het seker jou inspuitingtjie ook al gekry proefkoenyn

MakersMark ·

Nog nooit so soveel mense gesien wat suur is oor geld nie selfs nou vir corona kwaad en die wat die verstand het om die voorsorgmaatreëls na te kom.

JohanR ·

En hieert gaat ons. Dlamini-Zuma het Cyril weer permissie gegee om te praat. Cyril verskyn Maandag aand, en Dlamini-Zuma verskyn Dinsdag aand om soe paar dingetjie reg te maak. Vlak2 toe. Geen drank, 9nm to 4vm toegesluit. Resturante sal net tot 18h00 kan bedien. En nog meer besighede in die grond ingeploeg.

JohanR ·

Maroela hoekom kan ek nie die “stem nie saam nie” knoppie 50 maal druk net vir hierdie kommentaar?

Anoniem ·

Stem saam behalwe vir die drank, Australië en Nieu-Seeland doen dit nie

johan ·

Hi Hendrik…gaan bly in ‘n tent iewers in die kalahari, en moenie jou masker vergeet nie…

Eugene ·

En vernietig die totale ekonomie. Level 5 nou sal die daad van n volslae idioot wees

Samuel ·

Wat kan hy ons vertel? Hoekom laat hy nie maar net toe dat NDZ haar sê sê nie?

MakersMark ·

Stem saam. Gisteraand fotos gesien van ‘n rave in Pretoria. Seker 500 jong mense almal binne half meter van mekaar almal glas in die hand. Nie ‘n masker in sig nie. Hardkoppiges en balhoriges dra net by tot die probleem. Sit streng maatreëls in plek, stop drankverkope en sluit die toe wat nie ore het nie.

Thom ·

Australië steeds minder as 1000 sterftes _____ laat mens dink nê !? En Lucinda Arden ? Nou ja , daar is ‘n ware leier !

Friedrich ·

Leer mense om maskers reg te dra, nie net oor hulle monde met neus oop nie. Dit sal klaar n GROOT verskil maak

MakersMark ·

Hoop hy neem die regte stappe om ‘n derde golf in te perk.

Kokerboom ·

Dit sal darem aangenaam wees as die man ook so gereeld praat oor opheffing van die ekonomie en nie altyd rassisme aanblaas.

Snowball ·

Dit sal ook aangenamer wees as die miljarder van ‘n president en sy ANC huis vol korruptes die inentingsprogram vinniger en meer effektief toegepas het. Ons is Dinsdag in die 6de maand van 2021 en daar is nog nie ‘n miljoen mense ingeênt nie. Pateties. Hierdie derde golf was voorkombaar.

Johann ·

Klaar gaan bakhand staan en demand dat hy en sy mede vergrypers se.leë sakke volgemaak moet word. Seker weer vol van homself en sy kaders se suksesvolle inentings program.

Jr ·

So what. Luister nie meer vir hom. Want ek wil braak reg in die eerste sin. ” MY FELLOW SOUTH AFRICANS.”

Jaco ·

Vreemd. Geen skoolvakansie tans nie. So dié nuwe inperking van vanaand af is nie gemik teen wit mense se vakansie by die see of teen wit toeristebesighede aan die kus nie. Nuwe inperking is seker deel van die 10% maatreëls wat wel regtig teen Corona is. Die ander 90% is net gemik teen wit mense en wit besighede.
En VOORDAT almal my nou kruisig vir my opmerking, onthou net: ramaphosa het al méér as eenkeer gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop. So veels geluk mnr ramaphosa, die inperkings wat jy vanaand aankondig is vir ‘n verandering nie teen wit mense gemik nie.

Andre ·

Ag wat, voer die vrees nog ‘n bietjie, praat ons bang en vat ons wapens. Hoe lank nog?

Anton ·

Ek sal maar dat my vriende uit die Flats kommentaar lewer ????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.