President spreek land vanaand toe

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal vanaand weer die land toespreek oor die jongste verwikkelinge rakende die Covid-19-pandemie.

Tyrone Seale, Ramaphosa se woordvoerder, het bevestig die president sal die land om 20:00 toespreek.

Ramaphosa het die afgelope paar dae met die nasionale koronavirusbevelsraad, die presidensiële koördineringsraad en die kabinet vergader.

Suid-Afrika is tans op ’n aangepaste vlak 3 van die afsonderingsregulasies met meer as 1,5 miljoen bevestigde gevalle van die koronavirus en byna 50 000 verwante sterftes.

Meer as 67 000 gesondheidswerkers is reeds ingeënt teen Covid-19.

Kyk die toespraak vanaf omstreeks 20:00 hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jaco ·

En na vanaand, Wes-Kaap op vlak 5 van inperking en res van SA op vlak 1. Daars mos maar 2 stelle reëls vir amper alles in dié anti-wit SA.

Fritz ·

Jy klink seker van jou saak. Seker genoeg om daarop te wed? Ek wed jou R1000 dit sal nie so wees nie. Jy kan my privaat epos adres by MM kry sodat ons die betaling kan doen. Afhangend wie wen….

Persheks Adri ·

Ek’t wragtag nie tyd vir jou snert praat op ‘n Sondag aand nie. Alles gaan oor BEE, hoe bly jy is vir die entstof en ons blankes verder uit ons eie land uit probeer kry gggmmmfff jy maak naar!

Hoop jy praat oor julle korrupsie ook en WAT jy gaan doen omtrent dit en wanneer ons geld terug kan verwag pffft ek droom seker lekker…

Vonkprop ·

Hulle kan nou maar wragtig die aandklok ding laat gaan. Dit word net misbruik deur onbevoegte polisie. Besigheidsure kan weer verleng word, want die feit is die winter lê voor en die regering gaan definitief nie voorbereid wees nie so ons gaan verseker weer na vlak 5 toe vir die hele winter so die besighede moet ‘n buffer nou kan opbou.

Gatvol... ·

Mmm… Wonder wat gaan vanaand weer uitkom. Die landsburgers is op hulle knieë. Baie het geen werk, geen inkomste, kry kospakkies… Maar die regering spandeer net geld asof dit blare is.
En ewe skielik sterf die mense nou aan Covid ‘verwante siektes’. Ek wonder wie het hulle wakker geskud, want die mense is definitief nie oorlede net agv Covid nie

Johann ·

Eks way te male and pale en Afrikaans om deel te wees van sy fellow South Africans. Elkgeval G.VOL om te moet luister hoe fantasties hy en sy mede vergrypers is.

Truthful ·

Ek stel geensins belang…Zuma en Ace en en en en enen en en en moet eers tronk too

Vlooitjie ·

Ons gaan afgaan na laer level en almal moet gaan werk maar maskers gaan bly en drank verkope gaan nog sy eie inperkings hê.

Anel ·

Dit is mos nou naby Paasfees. So tot na Paasfees gaan ons seker op vlak 5 wees. Ou Legenjane of wat ook al sy naam is gaan srker bohaai opskop want vir die 2 jaar gaan hy nie inkomste kry nie. Maar nou ja. Hy moet maar praat. Het nog nooit geluister wat hy sê nie. Net keelvol vir al die virus stories. Alles is nou die virus se skuld, van sterftes tot korrupsie. Mense gaan dood van honger maar dis niks. Mense ontwikkel siektes agv maskers, maar pes ding moet jy dra. LAAT ONS GEWOONWEG MET ONS LEWENS AANGAAN. Lyk of die hele wêreld bang is om dood te gaan. Dis die enigste ding wat jy weet wat met jou gaan gebeur. So aanvaar dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.