President spreek weer die land toe

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Maandagaand die land om 20:00 toespreek oor verwikkelinge in Suid-Afrika se reaksie op die Covid-19-pandemie.

Die toespraak sal regstreeks op hierdie artikel beskikbaar wees.

Solidariteit het Donderdagmiddag aangekondig dat die nasionale ramptoestand na verwagting Dinsdag in oorleg met minister Nkosazana Dlamini-Zuma opgehef sal word.

Dié aankondiging het gevolg nadat die nasionale ramptoestand op 15 Maart 2020 ingestel is en absurde regulasies soos die verbod op die verkoop van warm hoender, alkohol en sigarette en oop skoene gekom en gegaan het.

Solidariteit en die regering het verlede week Woensdagaand laat ooreengekom dat die ramptoestand eindelik op 5 April opgehef sal word. Dlamini-Zuma het in ʼn skrywe aan Solidariteit haar vaste voorneme in dié verband bevestig.

Die ophef van die ramptoestand beteken dat pres. Cyril Ramaphosa nie meer sy sogenaamde familievergaderings byeen sal roep nie. Dit beteken ook dat daar eindelik weer parlementêre oorsig sal wees en dat die bevelsraad nie meer Suid-Afrikaners se doen en late kan bepaal nie.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het Donderdag tydens ’n mediakonferensie aan verslaggewers gesê Solidariteit kry baie met die regering te doen en weet maar al te goed dat die minister moontlik nié by haar woord gaan hou nie.

Die vakbond sal hom egter nie só maklik “laat vang” nie en sy saak teen die minister is steeds op die Pretoriase hooggeregshof se rol vir Woensdag, sou die ramptoestand nie Dinsdag beëindig word nie.

Solidariteit was ook nie tevrede met slegs ’n voorneme nie en het nou ’n regsbrief wat Dlamini-Zuma by haar woord hou. Dit beteken as sy nie die ramptoestand Dinsdag ophef nie, ’n regter dit Woensdag namens haar sal doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nico ·

Hoe gaan hy die R350 grant stop, wat belowe is kan nie gestop word nie. Niks het verander nie. Gaan kyk waar pensioene by die poskantoor gehaal word die hoeveelheid mense, sosial distants en dra van maskers is nie te sien nie baie dra die die masker nie.

Benita ·

Wat wil jy toespreek en vir wie. Jy wag vir kopdoek om jou vvor te skryf. Blerrie sirkus

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.