President vergader met staatsdiensvakbond

Pres. Cyril Ramaphosa vergader met Nehawu (25 September 2020) (Foto: Presidensie/Twitter)

Die regering en die vakbond Nehawu sal gesprekke voortsit oor ʼn rits kwessies wat betref kollektiewe bedinging en werksplektoestande vir staatsamptenare, veral in die lig van die Covid-19-pandemie.

Dit was die ooreenkoms Vrydag tussen die president en nasionale ampsdraers van die National Education, Health and Allied Workers Union (Nehawu).

Die vergadering volg ná die vakbond ʼn memorandum by die president ingedien het wat onder andere verband hou met verbetering van beroepsgesondheid en -veiligheid in die lig van die pandemie, diensvoorwaardes en salarisaanpassings vir die 2020/21- finansiële jaar.

Pres. Cyril Ramaphosa was die voorsitter van die vergadering en Nehawu is onder andere verteenwoordig deur die vakbond se president, Mzwandile Makwayiba en algemene sekretaris Zola Saphetha.

Minister in die presidensie Jackson Mthembu, minister van indiensneming en arbeid Thulas Nxesi, minister van staatsdiens en administrasie Senzo Mchunu en die adjunkminister van gesondheid dr. Joe Phaahla het ook die vergadering bygewoon.

“Die gesprek was openhartig en menings en inligting is goedhartig gedeel,” het Tyrone Seale, waarnemende woordvoerder van die presidensie, gesê. “Die vergadering het ooreengekom dat die regering en Nehawu steeds aan die kwessies sal werk wat in die memorandum aangeroer is en tans bespreek word deur taakspanne van die regering en Nehawu.”

Die verslag van dié taakspanne sal voorgelê word aan ʼn vergadering van senior leierskap van die regering en staatsdiensvakbonde wat binnekort weer sal vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sarel ·

Vaknond = 1 Regeting =0
Vakbonde gee hulle lede opdrag hoe hulle moet stem so die ANC ksn nie anders as om toe te gee nir

Nic ·

is ramaposa die president of is die vakbond in beheer van suid afrika
als wat hulle sê is ja en amen

Jaco ·

En daar sit almal. En al wat oor is is die pap lepel. Hulle moet die foto raam en in n museum sit. Om te wys hoe dit in laaste dae was.

wim ·

Dankie vir die foto, ek gaan dit spaar vir waneer ek sonder ‘n masker betrap word, of as iemand kla dit sit te laag op my neus of wat ook al.

annie ·

En heerlik koek-en-tee die collective in die ou Kaapse opstal en droom rondom die blink ou tafel van flukse wit setlaars. Hoeveel is nog oor in die wakis… broe Cyril? Bring net eers die kristal-kraffie met die ou rooie… heel links… ja, comrade… ja, en skink tot dit bruis… ooh, keer dit kook oor!

Willempie ·

Sandie Shaw sing daai liedjie vir ou Cyril…” like a puppet on a string…”

My siening ·

Ja cyrel jy praat baie en dreig baie, maar waar is jou en die vrou voor op foto se maskers. Cele sluit hulle toe of is hulle bo die wet in korrupte staat!

JohanR ·

Agh Nehawu wat kan ons vir julle dien, wat kan ons vir julle gee sodat julle ons nie verlaat nie. In 2021 het ons julle steme nodig of ons gaan verloor. Het julle gesien hoe die mense van SA vir ons se #VoertsakANC! Ons dink miskien is hulle love affair met ons overs cadovers!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.