Prestasie-ooreenkomste: Ramaphosa kom nie belofte na

Pres. Cyril Ramaphosa tydens sy staatsrede (13 Februarie 2020) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die DA sê hy het vasgestel dat pres. Cyril Ramaphosa nie by sy belofte gehou het om prestasie-ooreenkomste met ministers en adjunkministers aan te gaan nie.

Volgens Solly Malatsi, DA-woordvoerder, het dit aan die lig gekom tydens ʼn voorlegging aan ʼn portefeuljekomitee in die parlement. Daar is glo dokumente voorgelê waarin aangevoer word dat die ondertekening van prestasie-ooreenkomste opgeskort is hangende ʼn besluit van die president.

“Die president het tydens sy staatsrede in Februarie met onbeperkte ywer aangekondig dat hy hierdie prestasie-ooreenkomste gaan onderteken,” het Malatsi gesê.

Ramaphosa het inderwaarheid tydens sy staatsrede gesê dat die ooreenkomste teen einde Februarie onderteken sou wees.

“Hierdie ooreenkomste – wat gegrond is op die teikens in die Mediumtermyn- Strategiese Raamwerk – sal openbaar gemaak word sodat die mense van Suid-Afrika diegene wat hulle verkies het, tot verantwoording kan roep.

“Ons beskou hierdie prestasie-ooreenkomste as die hoeksteen van ʼn nuwe kultuur van deursigtigheid en toerekenbaarheid, waar diegene wat die verantwoordelikheid kry om te dien – hetsy as verkose ampsdraers of staatsamptenare – doen wat van hulle verwag word,” het die president gesê.

Volgens Malatsi is dit nog een van Ramaphosa se leë beloftes. “Die president se enigste motivering met die opskorting van die ooreenkomste is klaarblyklik om nie meer sy comrades aanspreeklik te hou nie deur eerder politieke opportunisme te kies sodat die optrede van sy ministers van openbare insae beskerm word.”

Die DA gaan Ramaphosa skriftelik versoek om in fyner besonderhede redes te gee vir sy onwilligheid om voort te gaan met die finalisering van hierdie prestasie-ooreenkomste. “As die president ʼn man van sy woord is, moet hy hierdie prestasie-ooreenkomste onmiddellik bekend maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Porseleintjie ·

Dink die DA werklik dat hy dit gaan onderteken? Die hele regering sal tot verantwoording geroep word. Jy word soos dié met wie jy jou omring. Bring die amptenaar wat nie korrup is nie. Cyril besef die implikasies van die ondertekening van daardie dokument. Sy leë belofte is ‘n duidelike bewys daarvan. Hyt die DA net n rukkie getroos. Kyk na ons land. Sien jul iewers beloftes wat nagekom is?

Anne-Marie ·

Ek stem saam…. maar WANNEER en WIE gaan ons red van hierdie onbetroubare ANC?

Porseleintjie ·

Die Here. Hy is gister, vandag en tot in alle ewigheid ‘n Lewende God.

Leon ·

Prestasie ooreenkomste word nie in ‘n Sosialisties Kommunistiese staat toegelaat nie. Ramaphosa kan dus nie sulke ooreenkomsteaangaan nie. Ace is die sekretaris genaraal van die ANC. So hy beheer die ANC. Cyril moet na sy pype dans.

Peet ·

Het ons enige iets anders verwag. Praat, praat en doen niks. Al die skelms loop ook nog rond. Hy kan die goed nie teken nie nie, want hy presteer nie.

Cornrit ·

Ek kan in elkgeval nie glo dat oom Cyril Promises hierdie belofte kan volhou nie. Ek het so baie vertroue in hom gehad, maar hy kan net met sy mond perform, maar druip deur sy aksies. Dit lyk vir my dat hy voorgesê word deur die Zuma mense in die parlement. BAIE TELEURGESTELD IN U, MNR RAMAPHOSA.

Fedup ·

Oh please, give me one person’s name or a good reason to understand who is not corrupt.
All we have is no L factors, incompetent, stupid and just plain childish.

Pierreli ·

Die land se president, cr is net ‘n digaan in hedendaagse gewaad. Niks is anders as in 1838 nie, Stel nie jou vertroue in ‘n ander nie, ek vertrou liewer op ons Hemelse Vader.

Pieter ·

Weereens nie verbaas deur anc se optrede, dis mos die beste wat mens van hulle kan verwag. Onthou ook “belowe” in Afrika tale beteken eintlik “ek sal kyk wat ek kan doen”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.