Pretoria-ampswoning is in die mark

Die voormalige burgemeesterswoning in Muckleneuk in Pretoria. Foto: DA

ʼn Gelukkige koper sal binnekort in die voormalige amptelike ampswoning van Pretoria se burgemeester kan tuisgaan nadat dié eiendom vandeesweek in die mark gesit is.

Die DA het Woensdag op Twitter bevestig dat die voormalige burgemeesterswoning in Muckleneuk in Pretoria amptelik in die mark is. Dit kom nadat die Tshwane-metroraad verlede maand tydens ʼn raadsvergadering ten gunste daarvan gestem het om die ampswoning te verkoop en die geld te gebruik om basiese munisipale dienste te verbeter. Die geld wat deur die verkoop van die huis ingevorder word sal onder meer vir behuising vir armes gebruik word.

Die stemproses oor die verkoop van die huis is in Augustus aanvanklik vertraag nadat daar nie ʼn kworum was om oor die kwessie te stem nie. Daar is uiteindelik op 28 September deur middel van ʼn stemproses besluit om wel van die huis ontslae te raak.

Nadat die DA verlede jaar beheer van die metro oorgeneem het, het die nuwe administrasie met gesprekke begin om die huis, wat voorheen as die burgemeester se ampswoning gebruik is, te verkoop. Volgens die DA het die mees onlangse waardasie van die eiendom aangedui dat die huis vir ʼn minimum van R5 miljoen verkoop kan word.

Dit is ten spyte daarvan dat die vorige ANC-administrasie R12 miljoen spandeer het om die huis op te knap. “Ten spyte van die buitensporige bedrag wat gebruik is om die eiendom op te knap, het waardeerders gebreke aan die eiendom ontdek, insluitend oppervlakkige krake aan die binne- en buitemure en duidelike bewyse dat die geld wat veronderstel was om die huis te verbeter eerder na ʼn paar mense se sakke gegaan het,” lui die DA se verklaring.

Die huis, in St Patricksweg 135, spog met vyf slaapkamers met twee en suite-badkamers, nog twee aparte volbadkamers, twee aparte gaste-toilette, ʼn ingangsportaal, eetkamer, sitkamer, woonkamer, familiekamer, ʼn ten volle toegeruste kombuis met ʼn opwaskamer en spens. Daar is ook ʼn studeerkamer op die grondvloer en twee buitekamers vir personeel.

Die huis sal hierdie komende Sondag van 14:00 tot 16:00 beskikbaar wees vir besigtiging deur potensiële kopers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dalene de Vente ·

Dagsê WL

Dankie vir jou valkoog. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Dalene
nms. Maroela Media

Maureen ·

Hoekom is die huis nie in die mark gesit nie maar op die mark?

Loeis ·

Gaan daar ‘n ondersoek wees na in wie se sakke die geld vir die opknappings beland het?

Hierdie herinner bietjie aan Nkandla. Op klein skaal.

Poppie ·

R1 000 000 is seker vir opknapping gebruik en res is uitgedeel en gedink om dit by die opknappingswerk te eis.

Frikkie (Nie pienk) ·

Die ouditeure moet maar kyk of hul iets kan optel, oor hoe die geld bestee is. Die grootste deel is waarskynlik gesteel. Sputla het mos sy kantoor in die stadsaal ook laat opknap teen iets soos R100 miljoen. Dit sou ook op die hoogste vlak ondersoek word, maar daar’s nie weer oor berig nie.

Alida ·

10/10 vir Solly. Ons glo hy sal die geld reg aanwend en huise bou vir die dakloses. Die vorige amptenare sal ook nog aan die pen ry en moet se waar die geld heen is. Die DA sal nie los nie.

MM ·

Dankie DA – nou begin met die ondersoek waar die R7milj gegaan het vir opknapping 7+5 = 12
Daai geld kan terug betaal word en ook gebruik word vir behuising – en die skelm kan tronk toe gaan.

Hens ·

Hoe opgradeer jy jy jou huis vir 12 miljoen??? Iemand se my want ek kan nie so ver dink nie. Sit jy n elevator in met goue krane in. Meeste van daai 12 miljoen is wel in die huis in, maar defnitief in die ou in die huis se sak beland

bgj van der westhuizen ·

wel ek wil weet waar om moet n bugermeester of ministers huise kry om n te bly hulle het huis en kry groot pay kan vir hulle self huis kry en verkoop al die huise wat hulle in bly in al die land

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.