Pretoria-betogings: Einde nog nié in sig

Die toneel naby die Hervormde Kerk Wesmoot in Pretoria [11 April 2019]. (Foto: Verskaf)

Protesaksie in die Gomorrah-nedersetting in die weste van Pretoria het Vrydag voortgeduur nadat ontstoke lede van die gemeenskap sedert Donderdag hier en in ander dele van Pretoria chaos veroorsaak het.

Kapt. Bonginkosi Msimango, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê lede van die gemeenskap betoog weer vandag hoewel polisiebeamptes reeds op die toneel is om orde te handhaaf.

Volgens Msimango is dié betoging na sy wete die enigste betoging wat vandag voortgesit word.

Maroela Media het vroeër berig betogers het gisteroggend vroeg in verskillende dele van die stad opgeruk. Gebiede soos Soshanguve, Mabopane, Hammanskraal en veral Van der Hoffweg en Bremerstraat voor die Daspoorttonnel in die Pretoria Tuine-gebied het onder dié betogings gebuk gegaan.

Betogers het onder meer skade van derduisende rande by die Nederduits-Hervormde kerk Wesmoot in Booysens aangerig toe hul dié kerk binnegestorm en geplunder het en ook gepoog het om die gebou aan die brand te steek.

Betogers het ook benewens buitebande in die weste van die stad ʼn ondersoeksbeampte se motor aan die brand gesteek as deel van die sogenaamde “Save Tshwane Total Shutdown”-beweging wat vandeesweek op sosiale media dekking gekry het, verduidelik Msimango.

“Ek weet nie waaroor hulle vandag betoog nie, maar ek dink hulle wil aangaan,” het hy vanoggend gesê.

Hy kon nié bevestig hoeveel mense aan vandag se betoging deelneem nie. Geen paaie is tot dusver vandag gesluit nie.

Volgens Msimango is 19 betogers net in Gomorrah in hegtenis geneem en sommige van hulle sal reeds vandag in die plaaslike hof op aanklagte van openbare geweld verskyn. Die res sal Maandag in die hof voorkom.

Genl. Khehla Sitole, die nasionale polisiekommissaris, het vir kalmte gevra ná die dood van twee betogers in Soshanguve in die noorde van Pretoria. Sitole het Donderdagaand in ʼn verklaring gesê hy veroordeel die moorde asook aanvalle op polisiebeamptes en die brandstigting by eiendom wat gister tydens die gewelddadige protesaksie oor dienslewering in Soshanguve plaasgevind het.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het vanoggend aan Maroela Media gesê die situasie in Soshanguve is weer kalm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

John ·

‘Ek weet nie waaroor hulle betoog nie, maar ek dink hulle wil aangaan.’ Vanoggend het ‘n joernalis ook gesukkel om uit te vind waaroor die betoging gaan omdat ‘n betoger self nie geweet het nie.

anoniem ·

hulle betoog nou glo om die wat gearresteer uit die selle te kry..

JG ·

Hierdie is anargie…hierdie is nie “betogers” nie…dit is misdadigers. SAPS staan hande gevou en “monitor” terwyl die land brand.

Chris du Preez ·

Rosslyn polisie stasie was gister gesluit. Polisie het seker weg gekruip vir die betogers,want hulle is te slap om op te staan teen die klomp

Wit Leeu ·

JG, SAPS is deel van die land se misdadigers. Kop in een mus die hele lot.

Vlam ·

JG. Ek wil graag net se dat SAPS glad nie gister hande gevou gestaan het in die hercules area nie. Hulle het alles gedoen wat hul moontlik kon om die gemeenskap te beskerm. Kan eerlik waar se “well done” en dankie vir die manne en vroue in blou wat gister in hercules are was

jakes ·

Ek verlang nou terug na die 80’s toe ons korte mette geaak het met betogers. Binne minute die orde herstel. Gee my net een peloton van 30 man en ek wys julle hoe dit gedoen word.

Willie ·

Dis eindelik simple. Die voorste klomp skree, Human Rights, die middelste klomp hoor nie als en skree Electric Lights, die agterstes hoor nog minder wat voor aangaan en skree, BiG Corn Bites.

Tanya ·

Hulle gaan net aan en aan daai klomp nie eers van sa nie buitelanders en ramaposa is die oor saak van die hy hits hulle aan

HPV ·

Hulle betoog selfs sonder rede omdat vir hulle lekker is en hulle hulself gate uit geniet. Kyk na die videos, hulle dans en lag, hoe meer hulle mors, breek en brand hoe vriendeliker word hulle, niemand is kwaad of verontreg nie. Die regering voorvoor hulle gestem het laat dit toe want niemand word vervolg nie. Bogenoemde is ook die terugvoer insake videos wat ek oorsee stuur.

Toog ·

Dis duidelik n ANC front, betoog betoog riot voor verkiesing, sodat hul stemme so wen en die DA laat sleg lyk in hul wyke.

Ralph ·

Hoekom gebruik die DA wat Pretoria beheer nie hul metro polisie om die ANC plunderaars uit te haal nie

Chris du Preez ·

Metro polisie sal niks doen want hulle wil bribes ontvang

fred ·

ek wonder of die Zuma ANC faksie hier nie agter sit…hulle sit ook in die polisie…hoe meer chaos ,des te beter vir hulle…hulle wag net vir die regte tyd om n move te maak…hulle het baie geraamtes om weg te steek..

Jeremia ·

Professionele verwoesters wat al jare oefen.
Die beoefening daarvan raak veral baie betalend in verkiesingstyd.

Sakkie ·

Sou ons nou in hulle woon gebied ingaan en moles maak sal hulle gelukkig voel?

Attie. ·

Ons in SA het lankal nie meer ‘n polisiemag nie. Ons het lankal nie meer ‘n weermag nie. Die paar wat wil werk kry lankal nie meer bevorderring nie. Tans is SA bankrot en onregeerbaar. As ons gaan stem vanjaar wil ons almal direk vir die wenner stem en onsgaan nêrens kom indien ons ons oë nie betyds oopmaak nie want vir my lyk dit of ons nie weer in die land gaan stem na vanjaar nie. Stem soos een man vir ‘n ordentlike koalisievenoot, dan kan die party se leiers self besluit vir hulle wil steun. Ons sal altyd deur ‘n koalisieregering regeer word, soos in Israel. Die DA regeer op heelwat plekke met die hulp van my splinterparty se hulp. Kom ons word wakker en stem slim.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.