Pretoria-betogings: Spesiale sentrum op die been gebring

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Gesamentlike operasiesentrum is op die been gebring om die massabetogings wat sedert Sondagaand oor die hele Pretoria woed in bedwang te probeer bring.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het in ʼn verklaring gesê die sentrum sal bestaan uit beamptes van verskillende wetstoepassingsagentskappe en ander rolspelers. Alle polisielede in die stad, asook dié wat van diens af is, is ontplooi in Arcadia, Mamelodi, Soshanguve, Atteridgeville en in die weste van Pretoria. Lede van die SAPD-hoofkantoor is ook ontplooi om met die polisiëring te help.

Volgens die SAPD word ʼn saak van moord ondersoek nadat ʼn ANC-lid Sondag tydens die geweld doodgemaak is. Sake van opsetlike saakbeskadiging en intimidasie is ook aangegee.

Intussen is die N1 tussen die Pumulani-tolhek en Hammanskraal en die R101 gesluit weens betogings. In Atteridgeville is Seeiso-, Maunde- en Khozastraat deur betogers versper en die Daspoort-tonnel in die weste van Pretoria is ook gesluit nadat dit met brandende bande versper is. Die R80 in Pretoria-Noord is vanaf Britsweg ook deur betogers afgesper.

Busse wat oornag in Mamelodi, Pretoria gebrand is (Junie 2016). Foto: Facebook

Busse wat oornag in Mamelodi, Pretoria gebrand is (Junie 2016). Foto: Facebook

Volgens berigte op sosiale media is drie vragmotors Dinsdagoggend aan die brand gesteek.

Ondanks verskeie pogings kon die provinsiale polisiewoordvoerder nie Dinsdagoggend vir kommentaar bereik word nie. Die woordvoerder van die Tshwane-metropolisie was ook nie beskikbaar nie.

Die ANC het Maandag aangekondig dat Thoko Didiza die party se burgemeesterskandidaat in Tshwane vir die komende munisipale verkiesing sal wees. Kgosientso Sputla Ramokgopa, die huidige burgemeester, asook sy adjunk-streeksvoorsitter, Mapiti Matsena, sal dus nie weer verkiesbaar wees nie. Die ANC in Pretoria is glo verdeeld in hul ondersteuning aan Ramokgopa en Matsena is ongelukkig omdat Didiza uiteindelik die keuse van die ANC se nasionale leierskap was.

Lebogang Matji, ʼn woordvoerder van die Tshwane Metro-munisipaliteit, het gesê Ramakgopha sal vanaf 10:00 vandag die gebiede besoek waar die geweld woed om met die inwoners te vergader.

Betogings Maandagaand (20 Junie 2016) in Pretoria. Foto: Verskaf

Betogings Maandagaand (20 Junie 2016) in Pretoria. Foto: Verskaf

Donald Liphoko, die waarnemender direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel (GCIS), het Dinsdagoggend namens die regering die geweld ten sterkste veroordeel en ʼn beroep op inwoners gedoen om die betogings te staak. “Geweld, saakbeskadiging en oortreding van ander se reg op vrye beweging sal nie deur die wetstoepassingsagentskappe geduld word nie en oortreders sal die volle mag van die gereg in die gesig staar,” het hy gesê.

“Daar is geen kwessie wat nie deur demokratiese prosesse en dialoog opgelos kan word nie. Lede van die publiek word aangemoedig om van die regte kanale gebruik te maak om hul ontevredenheid uit te spreek.”

Lees alle vorige berigte oor die Pretoria-onluste op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Johann Marx ·

Dit bly steeds skrikwekkend dat daar op elke “hoof aar” wat uit die meeste groot stede loop ‘n informele nedersetting is wat daardie stad binne minute heeltemal kan afsluit….sodat niemand IN of UIT kan beweeg nie??

Esmay ·

Dink net as hul die paaie so vinnig kan afsper, hoe vinnig hulle ons kan omsingel. !!!!! Die klomp plakkerskampe so na aan ons is met n doel daar. Net jammer ons hande is afgekap………!!

Gerhard ·

Maroela, kan julle dalk ‘n kaart met die brandpunte publiseer wat gereeld opgedateer kan word sodat mens kan sien watter areas om te vermy en areas wat naby gevaarpunte is?

Sune van Heerden ·

Dagsê Gerhard

Ons het ongelukkig nie self so kaart nie, en probeer die bron bepaal van die kaart wat ons wel bekom het – ons kan dit ongelukkig nie sonder die nodige krediet publiseer nie. Die metropolisie het ook hulle hande vol met die verskillende brandpunte.

Hou gerus Maroela Media dop – ons sal alle inligting publiseer soos dit aan ons bevestig word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Marietjie ·

Die anc pluk nou die vrugte van hul wandade en leuns. Veiligheids mense moet nou hul lewens in gevaar sit om die barare onder bedwang te bring. Hoekom kom kyk zuma en kie nie hoekom die belasting betaler se geld verder vermors word nie, nee hulle is te bang. Geweld is ok in SA nie een van die brandstigters of klip gooiers word in hegtenis geneem nie. Ander lande moenie sien hoe sleg dit in SA gaan nie, vermy alle media dekking daaroor.

vierkleur ·

lyk soos n oorlog sone. Die terroriste is nou besig om meer openlik te verwoes.
maar daar is niks kort met die reenboog nasie nie,of hoe?

Piet ·

Nee ek hoor op RSG vanoggend een of ander VN hooggeplaaste dink SA is ‘n goeie voorbeeld van hoe rasse in harmonie kan lewe. Blykbaar bekommerd oor die gemors in Europa. Ek het dadelik op my kalender gaan kyk of dit 1 April is.

Loerie ·

Ag dit gaan nog altyd so in hierdie land. Ek het groot geword met hierdie soort onrus en verwoesting. Dis al 40 jaar en niks het verander nie, en niks sal verander nie.

Johannes ·

Loerie, vertel ons bietjie, in die 40 jaar wie was dit wat gebou het en wie was dit wat gebreek het?

Joann ·

Marietjie jy is reg. Waar is onse prez dan nou? Dit gaan dan so goed in die land volgens hom,maar o ja die geleerdheid ontbreek.

Anika ·

Ja Zumpies, kom maak dit nou weer af as ‘n grappie en lag daaroor – soos wat jy gewoonlik doen !!!

Rens Roodt ·

asseblief nie onse prez nie – defnitief nie myne nie!

Christie Joubert ·

Ek werk in Silverton en moes gister deur die gemors ry huis toe. Ons monitor die situasie huidiglik en sal moet huis toe gaan as dit te gevaarlik raak. Twee jaar terug moes ons n maand lank by een van ons ander plants gaan sit omdat ons nie kon werk toe gaan nie, as gevolg van geweldadige stakings. En dan wonder die mense hoekom hulle nie werk het nie……

Asjas ·

Wit mense in hierdie land waag letterlik hul lewens om te gaan werk. Waar eis ek my “danger pay”??

Kobus ·

Soos dit nou aangaan dink ek die moontlikheid van n burgeroorlog is grootter as die kans dat die verkiesing wel nog sal plaasvind. Die land brand agv Jacob Zuma en sy trawante. :(

Esmay ·

Ons het nog n kans gestaan voor *94 met n burgeroorlog, wat gaan ons nou regkry, ons is klaar ontwapen!!

Connie ·

Stem saam met jou Esmay. Ons moet toe maar vasgebyt het en oorlog gemaak het. Is nie mooi nie, maar dan het ons ‘n kans gehad.

Pendoring ·

Ons is JARE al in ‘n burger oorlog! In hierdie land sterf daar meer mense daagliks / jaarliks as in lande met sogenaamde “offisiële” burgeroorloë.

Esmay ·

Pendoring, wat ek bedoel voor “94 was ons weermag ens sterk. Ons almal het wapens gehad. Ons kon n staatsgreep uitgevoer het. Dan het ons nie vandag met al hierdie “probleme” gesit nie. Ons boere word in tronke gegooi net omdat hul wapens versteek maar buite loop moordenaars rond met wapens wat gesteel is !!!!!

Helena ·

Wanneer Gaan die ANC van hul dektators skap ontsla raak en ophou lieg Zuma vat verantwoordlikeid vir die gebeure , hoekom moet SAPS ALTYD JULLE GEBREEKTE BELOFTES UITSORTEER. EK HOOP DIE ANC GAAN HULLE GELD GEBRUIK OM VIR SKADE TE BETAAL EN NIE BELASTING GELD NIE.

Louise ·

Wat my bang maak is dat n lewe niks beteken nie.
Niemand word verantwoordelik gehou vir weldadige betogings nie. Wanneer daar iemand dood gemaak word moet ons eers vergader en hoor AI mensies hoekom het julle iemand dood gemaak, is julle ok.. Dis belaglik en die ergste is hierdie betogers weet nie wat n oorlog is nie. wat alles in gedrang is nie. Nee man net solank ons wys wie is baas en wie is klaas…

Marina van Rooyen ·

Ja, nou is al die polisielede daar ontplooi, maar hulle mag net staan en toekyk. Wat ‘n grap!! Hulle hande is dan heeltemal afgekap. Word hulle daar vermoor, is dit ook nie vir die regering belangrik nie. Kyk maar wat het by Marikana gebeur…

Leeutjie ·

Ek wil hardop skree en se stop!!!! hou net op!!!!! kan julle nie sien dat julle ons land in chaos bring nie??????????????? Dis sinneloos!!!

vierkleur ·

Dit is juis die plan wat hulle het met SA. Maak dit onregeerbaar

KP ·

Ja so brand hulle af more staak hulle weer oor dit wat afgebrand is. Hier in Kaapstad het hulle metro treine afgebrand nou hou Tony Erenreich n optog na die stasies om te betoog oor die swak diens van die metro treindiens omdat daar nie genoeg treine vir al die mense is nie. So raak dit n bose kringloop tot SA soos die res van Afrika lyk net n lee dop.

CAB ·

Junne maar my woorde was nog nie eens koud nie, volgende week is dt oor die afgebrande skole dan universiteite dan die busse. O my genade dit hou nie op nie.

vierkleur ·

En ons boervolk se vryheid daarna Anna……………….

GES ·

Hou moed mense. Beskou hierdie as deel van die geboorteproses van die Boerevolk se vryheid.

vermeende ·

Hoeveel kos n kaartjie, ek soek n voorry sitplek. Die een moet ek sien, het reeds n asblik vol popcorn gespting.

SAPD vs ANC

Gertjie ·

Niemand noem dit nie hierdie mense was met busse texies ens aangery deur die nag.

Theresa B ·

LOL !!! Vermeende – ek hou van die popcorn gedeelte!!

Irene ·

Anc se werk dink ons ander mense moet bang wees om te gaan stem

Hoop eff hou buste weg met stemdag soos hy gese het

Anc gaan hulle aan ry na Pta

james ·

Kan ons die gebeure vir die international mense stuur wat mos die goed jammer kry in my oë het hulle nie n bestaans reg nie want hulle gee nie om vir ander se reg nie. Daai woord ongelowege of non believer wat almal se is rasisties ver duidelik hulle gedrag

Bloues ·

MAROELA MEDIA. Asb ek stem saam met Gerhard vir n kaart waarin die punte uitgewys word sodat ons kan weet hoe en waar ons moet ry?

Erika ·

Ja asseblief, want ons hoor soveel stories, werk in CBD en al die winkels is al toe hier onder!!

Sune van Heerden ·

Dagsê Bloues

Ons het ongelukkig nie self so kaart nie, en probeer die bron bepaal van die kaart wat ons wel bekom het – ons kan dit ongelukkig nie sonder die nodige krediet publiseer nie. Die metropolisie het ook hulle hande vol met die verskillende brandpunte.

Hou gerus Maroela Media dop – ons sal alle inligting publiseer soos dit aan ons bevestig word.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

ABP ·

Ons werk in Arcadia en hier geen polisie nie? Seker op papier maar nie in werklikheid nie

vermeende ·

Maria kry n gemakstoel en spring popcorn, maar bly daar weg.

Nico ·

Voor 1990 was die buiteland aanmekaar op sy perdjie oor Apartheid en het almal hierdie spesifieke gedrag en beelde op televisie gesteun en geloof, want ons het ‘n ” evil regime ” gehad wat al die arme mensies vreeslik onderdruk het. Toe kon hulle ons nie vinnig genoeg vergruis en kruisig nie en genoeg geldelike steun bied aan die sogenaamde bevryders nie. Noudat daai selfde terroriste weer so optree en die beelde WEEREENS PRESIES lyk soos in die ’70’s, ’80’s en ’90’s, nou is bekke stil en ons sit lekker handjies gevou. Ek hoop julle Amerikaners, Britte, die V.N. ensovoorts is NOU tevrede.

Flippie ·

Hierdie “protesaksie” van “sekere dele” van ons samelewing is georkestreer. En dit het ‘n doel. Die uiteindelike doel is wydverspreide onrus en onstabiliteit in die land wat sodat regering ‘n noodtoestand kan (moet) verklaar endie president krygswet kan afkondig en per dekreet kan regeer.

Connie ·

Dit klink soos 1976. Moes ons arme mans is daai koue gaan werk het. Ek se niks verder nie. Kom ons help hulle brand sodat daar niks is om meer te brand nie.

Louis ·

Mense gaan koop…julle moet julle spense vol maak…blikkies kos ,kerse ,parrafien ens….

trompie ·

Jy moet te alle tye op alert wees.Dit help nie om nou te wil wakker skrik nie.

Joann ·

Esmay jy sal jou verbaas hoe gereed ons boere is. Hul mag wapens en weermag besit maar dis ook al hul weet nie hoe om die wapens te gebruik nie. Ek praat nie van gewere nie ek praat van grof geskut.

Esmay ·

Joann, wel in daardie geval kan julle plan maak sodat ons, ons ook kan bewapen??????

Andrea ·

Het Siener nie hierdie voorspel net voor n verkiesing nie…?

Malcolm ·

Loss of words, of kom ek stel dit so ek is op die oomblik in Somalia, dam well veiliger hier as in SA huidiglik.

Skande dat ons huidige regering wie hulle ook al is,toelaat dat die mense alles plunder en brand. Any way, Ek soek n paar 11 “NIKE’S” as daar nog oor is.

Johann ·

Als deel van n strategie..skroom nie om die ongeskoolde desperate massas te “mobiliseer” tot ondersteuning van die dag se selfsugtige behoeftes nie…ANC MOBILIZING THE MASSES….

Chrisjan ·

Nou word dit duidelik hoekom die komandos ontbind moes word.
Elke buurt… stig n komando….nou.

vermeende ·

Asemrowend.
Ons hele land brand van al die proteste.
Net 24uur terug was die proteste in Pta geisoleer maar het in 24uur uitberei so erg dat die SAPD van die hele GP daarheen haas.
Wat gebeur as daar vandag of aselfs net later sulke geweldadige protesaksies in ander GP dorpe sou uitbars……wie gaan dan daar keer, hulle polisie is dan in PTA. Dit is hoe vannig dinge in SA verander, binne 24uur.
Waar is die mense nou wat altyd so roem op ons goeie grondwet, die mees liberaalate grondwet tewereld.

Koos B ·

Ek het ‘n werkswinkel in die noorde van Pretoria.Werk is maar skaars en die werkers moet betaal word werk of nie werk nie.Gelukkig is dit so as jy nie vir werk opdaag nie is daar geen betaling nie.Dink net met hoeveel daal my lone Vrydag.

Lh ·

Hoe vinnig kan mens n voormalige 32 Bt. Peleton bymekaarmaak, 12 ure later sal daar geen onrus in Pta meer wees nie.

Nico ·

Ja De Klerk en al 1992 se JA stemmers kyk net waar is ons nou al. !!!!!!!!!!!!!!

Hendrik ·

Ja ja wat doen ons nou? Die huide maak saak op die oomblik. Ons kan niks verander wat in die verlede gebeur het nie.

Esmay ·

Nico. Viva vir jou. Dis waarom ek NEE gestem het !! Het geweet hier kom n ding. As ek vandag fw de klerk in die hande moet kry……!!!

cobusp ·

Daars hy dalk moet ons blankes dieselfde doen begin te brand en plunder en steel soos ons broers want ons wil ook nie deur n Zoeloe Zuma regeer word nie…………wil ons eie mense he….

m ·

Hierdie mense is soos n diep donker gat wat alles en almal saam met hulle aftrek…

Ou Vlakvark ·

Liewe kommentatore, ONTSPAN, ONTSPAN en nogmaals ONTSPAN.

Met die oog op die komende verkiesing is sekere nasiegenote besig met ‘n magstryd om politieke posisies. Bly op die kantlyn en buite die magstryd. Hou jul kommentaar uit die nuusmedia. Plaas ‘ wag voor die mond en hou dadelik op met derms uitryg en verwyte slinger oor die verlede.

Vergewis jouself wat die sogenaamde “National Democratic Revolution” en die “National Democratic Society” is en welke impak dit op alle Suid-Afrikaners se lewens mag inhou.

En bid vir wysheid om die regte besluite te neem gebaseer op ‘n waardestelsel van: “Doen aan andere wat jy verlang hulle aan jou ook sal doen (Goue reël van naasteliefde)”

Sarie Joubert ·

Ons pragtige land is daarmee heen. Van ‘n reenboog nasie het ek niks goeds waargeneem nie. Dit is seker te verstane..want die reenboog bestaan net uit sewe skakerings wat wissel van ligswart tot pikswart. Daar is geen toekoms vir ons nie. Zimbabwe lyk goed teen SA.

Peet J ·

Nee ons moet ons nie bekommer nie ek lees die VF+ wil ‘n koalisie met al die klein partye aanknoop en glo op die manier die ANC eendag by die stembus verslaan . Al die blankes en kleurlinge in die land maak maar 156% van die huidige populasie uit nou weet ek nie waar gaan al die kiesers vandaan kom nie.

Schalk ·

Pragtig Peet J. As ons 156% van die populasie is,het ons nie nodig om enige iemand te verslaan nie. Ons is mos dan met 156% die meerderheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.