Pretoria-burgemeester gekaap

Solly Msimanga, Pretoria se burgemeester. Foto: Phillip Bruwer

Solly Msimanga, die uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro, is Saterdag in die vroeë oggendure in Midrand gekaap.

Samkelo Mgobozi, Msimanga se woordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Ek het nog nie al die feite nie. Ek kon nog nie met die burgemeester praat nie; hy is nog duidelik geskok, maar ongedeerd. Ek sal later vandag met hom praat, waarna ons ʼn verklaring sal uitreik,” het Mgobozi gesê.

Volgens wat Maroela Media kon vasstel is Msimanga Saterdag in die vroeë oggendure buite ʼn restaurant gekaap en is sy grys Mercedes Benz CLS 250 met die registrasienommer FT 43 XH GP gesteel.

Die voertuig is nog nie opgespoor nie. Dit het ʼn opsporingstoestel gehad, maar die sein is na bewering vir die laaste keer in die noorde van Pretoria opgemerk.

Msimanga het ná die voorval hulp op Twitter en Bolo versoek in ʼn poging om die voertuig op te spoor en om mense te vra om daarvoor uit te kyk.

Meer inligting volg.

Die burgemeester se motor wat gekaap is. Foto: Via Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Marietjie ·

Dit lyk Vir my die mense is Nou daarop uit Om die DA skade aan te doen

Selfbeskikking ·

Ja, die anargie begin en ons moet terwyl ons kan, dringend, nou selfbeskikking voor onderhandel as ons wil oorleef.

Koos ·

As ek nog een keer moet hoor oor selfbeskikking gaan ek myself beskik!

snoefie ·

koos, selfbeskikking sit met taai handjie oor al die fantasieë oor wat in sie volkstaat aka tuisland gaan gebeur. sy sien haarself as heerser en help dan haarself

Pieter ·

Snoefi,
Ag bollie, jy praat nou van die wonderlike reenboogland.

Aster ·

Koos, lelike dinge kom en enigiets is beter as om in ‘n kommunistiese land ‘n minderheid te wees.

LB S ·

Selfbeskik, jy is by verre in die minderheid. My familie in Jhb glo in ‘n toekoms wat nog reggemaak kan word, hulle verdien groot geld daar en is heel gelukkig. Wil jy dat mens ‘n paspoort moet gebruik om van die selfbeskikte landjie na Jhb moet gaan?

Rkman se siening ·

LB S, presies die feit dat hulle ryk is is waarom hulle nog glo aan n toekoms, hulle kan enige tyd weghol sodra die moeilikheid kom. Meeste Afrikaners het nie daardie opsie nie en gaan as vlugtelinge afgemaai word soos in Busundi, Sirie.

Cherokee ·

heehee.. moet dalk stadiger lees want ek het gelees ‘Liewe Sisulu… ens maar toe ek weer lees was dit nie meer Liewe Sisulu nie. :-)

zoom zoom ·

Is dit sy eie motor of is dit ‘n stadsraad motor. Waar was die bodyguards dan tydens die kaping of het hulle nog op Tswane se rekening geeet en gekuier.

jaco ·

Waarom moet hy dan nou so ‘n luukse motor hê? ‘n Gewone Toyota Corolla 1400 gaan hom mos ook elke dag werk toe en huis toe kan vat.
Hierdie politici van ALLE politieke partye is in politiek NET vir die lekker geld. Eks die meeste verbaas oor die “wedergebore Christene” in die ACDP. Wat maak hulle met die Bybelvers wat lui “the love of money is the root of all evil”? Dis seker doodgekap of uitgekrap in hulle Bybels.

Siener van Melbourne ·

Nou weet die agbare lid hoe die inwoners voel oor hul erfbelasting…

Alida ·

Hou tog op om die arme man te veroordeel. Hy het seer sekerlik n privaat lewe ook sonder lyfwagte. Kry jul feite reg.

Anoniem ·

Ek is altyd bly as sulke dinge met “bekendes” gebeur want dan voel hulle hoe ons gewone mense voel en sal hul dalk daadwerklik beter aandag gee aan kwessies wat vir ons werklik is

cb ·

Net een vraag hoe kan ons mense van SA so neerhalend wees teenoor mekaar. Ons kan die slegte sien in alles, onthou wat jy saai sal jy maai, Geld kan nie geluk koop nie, asb gee om vir mekaar ons is mos Afrikaners, swart, wit pink of geel. Afrika Groete en Liefde aan ons mense..

Zumie ·

Solly
Kry vir jou ‘n stokou kar soos ek – dan behoort jy veiliger te wees…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.