Pretoria-buurte sonder water

Argieffoto

Argieffoto

Meeste voorstede in Pretoria was Dinsdag sonder water ná probleme by die Palmiet-pompstasie.

“Die situasie behoort Dinsdagaand te herstel,” het die stad Tshwane gesê. “Dit duur ʼn geruime tyd om die hele Gauteng-stelsel te voer wat water verskaf aan die munisipaliteite van Johannesburg, Ekurhuleni en Tshwane.

Gauteng ondervind al sedert verlede Maandag waterprobleme. Vier pompstasies is op verskillende tye hierdeur geraak. Die Palmiet-stasie kon nie water pomp nie, aangesien ʼn kragkabel gesteel is. Elektrisiteit na die stasie is later dieselfde dag herstel.

Die opgaartenks wat hierdeur geraak is, sluit Pretoria Een, Twee en Drie, Rooihuiskraal, Brakfontein, Loulardia, Erasmia, The Reeds, Laudium, Akasia, Magalies, Constantiapark, Pretoria, Waterkloof, Lotus Gardens, Soshanguve en Mabopane. Ga-Rankuwa, Atteridgeville, Pierre van Ryneveld, Monumentpark, Klapperkop, Clifton, en Hartbeeshoek word ook hierdeur geraak.

Die opgaartenks wat nie hierdeur geraak word nie, sluit Grootfontein, Elarduspark, Garsfontein, Parkmore, en Koedoesnek in.

“Die stad vra om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Francois ·

Ek onthou nog so goed, ‘n paar jaar terug, toe Eskom met hulle krag problem begin sukkel het, een of ander minister or LUR van Rand Water Board gese het, hulle sal nooit dieslefde problem as Eskom ondervind nie, want hulle maak toe al voorsiening daarvoor. YEAH flippen right ne!!!

Francois ·

Marius, jy is 100% reg! Maar aanhou om dit te vernietig sal hulle. Sit eerder daai geld in hul sak en bogger die res!

tom ·

As CPI nog daar was om te keer dan sou dit nie gebeur het nie.

hoekom is hulle kontrak gestop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.