Pretoria FM nou hiér ook uitgesaai

(Foto: verskaf)

ʼn Aantal gemeenskappe in Noordwes gaan nou ook Pretoria FM kan luister nadat dié gemeenskapsradiostasie aangekondig het dat sy volgende sender vandeesweek in gebruik geneem word.

Die gemeenskappe van Rustenburg, Brits, Marikana, Mooinooi, Kroondal, Broederstroom en dele van Hartbeespoort asook die aangrensende gebiede sal vanaf Saterdag 6 Maart op 107.9 MHz na Pretoria FM kan luister.

“Pretoria FM het ʼn paar maande gelede onderneem om sy pogings te verskerp om Afrikaanse radio reg oor die land uit te brei, veral in die lig van ernstige druk op die openbare uitsaaier en afleggings by die SAUK,” sê Hennie Koortzen, uitvoerende hoof van Pretoria FM.

“Dit is ook belangrik dat Afrikaans nie onder die juk van voorskrifte van staatsinstansies gebuk moet gaan nie, maar in al sy fasette vry van inmenging gehoor en uitgebou kan word.”

Koortzen sê luisteraars gaan kan deel in die nuusdekking van Klankkoerant en verskeie geselsprogramme wat deurlopend afgewissel word met goeie musiek.

Pretoria FM saai reeds in groot dele van Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, die Vrystaat en KwaZulu-Natal uit.

“Pretoria FM sal voortaan daarna streef om die Afrikaanse radiostasie te word wat ons taal, geloof en kultuur verder sal uitbou met nog meer senders en verbeeldingryke aksies sodat ons almal voluit daarna kan streef om te hoop, te glo en te leef in Afrikaans,” sê Koortzen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Phillip ·

Dankie Radio Pretoria eks van brits en kan nie wag om my kar se radio na julle te verstel nie dan kan die ander staasie maar gaan slaap ek liuster tans net julle op die werk se internet
Phillip Jessen

Pieter9 ·

Luister graag Pretoria FM maar opvangs in die Louis Trichardt omgewing op 96.6 is baie swak. Die afgelope 3 weke was daar basies geen ontvangs nie; uiteraard weet ek nie wat die probleem is nie. Ons wil dat Pretoria FM groei – sorteer die opvangs op 96.6 uit .

Paul ·

Stem saam. Radio Pretoria moet meer aandag gee aan sy senders hier in Limpopo. Polokwane / Pietersburg se sender is GEREELD van die lug af!

Groen Ghoen ·

Wonderlike nuus! Veral in die Wes-Kaap, waar Afrikaans manmoedig voortbaklei, sal Pretoria FM uiters welkom wees. Moet asb. net nie Tswane FM word nie…

Coenraad ·

Asseblief ook in die Wes-Kaap … spesifiek Stellenbosh en Somerset-Wes!

Mad Mike die Rhodesiër ·

Wat van OVHD en DTT? Een van die dae is daar nie meer analoë seine nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.