Pretoria gewaarsku oor beurtkrag

Argieffoto

Argieffoto

Inwoners van Pretoria moet gereed maak vir beurtkrag van tussen drie en vier ure per sessie.

“Ons wil gebruikers waarsku dat die beurtkrag moontlik vir ʼn week lank kan voortduur,” het Selby Bokaba, woordvoerder vir die stad, gesê. Hy sê die stad het inligting oor beurtkrag van Eskom ontvang.

Andrew Etzinger, woordvoerder vir Eskom, het Donderdag gesê voortdurende reën het tot nat steenkool gelei wat ʼn tekort in elektrisiteitopwekking veroorsaak. “Ons het ons groot nywerheidsverbruikers versoek om hul verbruik met 10% te verminder, maar dit is klaarblyklik nie genoeg nie,” het Etzinger gesê.

Bokaba sê ʼn skedule van kragonderbrekings in Pretoria sal Vrydag op die stad se webwerf beskikbaar wees.

OR Tambo Internasionale Lughawe het intussen vlugvertragings ondervind. Klik hier om meer te lees.
Die regering het gesê beurtkrag het nie ʼn impak op die ekonomie nie. Klik hier om meer te lees.

Klik hier om Eskom se beurtkragskedule te sien.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.