
Die toneel Woensdagmiddag by The Meadows-veiligheidskompleks in die ooste van Pretoria. Foto: Kent Williamson
Vier mense is dood nadat ʼn man Woensdag polisiebeamptes en veiligheidswagte by The Meadows-veiligheidskompleks, in die ooste van Pretoria gyselaar gehou het.
Kapt. Dave Miller, ʼn polisiewoordvoerder, het bevestig dat die verdagte en nog drie mense dood is. Maroela Media het vroeër berig die man, ʼn inwoner in die kompleks, het glo op mense buite sy huis geskiet voordat hy polisiebeamptes en veiligheidsbeamptes gyselaar geneem het. Die gyselaars is later deur die SAPD se spesiale taakspan gered.
Miller wou vroeër nie kommentaar lewer oor ʼn foto wat die ronde doen op sosiale media, waarin gesien kan word hoe twee mense, wat vermoedelik dood is, in ʼn straat lê nadat hulle na bewering geskiet is nie.
Inwoners was ure lank verhoed om na hul huise terug te keer omdat die strate rondom die kompleks afgesper was. Hulle is omstreeks 21:00 deur die polisie na hul huise begelei waar hulle gevra is om binne te bly.
Meer besonderhede oor die skieter en wat tot die voorval gelei het, is nie onmiddellik beskikbaar nie.
Lees alle vorige berigte oor The Meadows-gyselaarsdrama op Maroela Media.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
My Suster het heeldag/aand met een van die oorledenes se dogters gesit by haar. Tragedie wat nooit moes gebeur. Daai meisiekinders is stukkend.
Yolanda, naamloos het gesê EEN van die oorledenes se dogters.
Dit moes nooit gebeur het nie. N ruk terug het n vriend van my n klag teen die man gelê want hy het my vriend aangeval met n mes omdat my vriend “oor sy grasperk geloop het”. Wonderlike polisie het hom net so gelaat. Ons vir jou Suid Afrika.
Ai die man wou sekerlik gesterf het plaas neem hy nou maar net sy eie lewe en los die onskuldige mense uit.maar nee…nou is daar n paar families wat baie hartseer het..oor n man onverwerkte issues in sy lewe gehad het….net n lafhaard maak mense dood envdan homself….taakmag moes hom vroeer van kant gemaak het…nou sit daar so baie en onnodige hartseer…sy eie familie self glo ek ervaar ook baie hartseer…
Dis vreeslik die arme onskuldige mense hul se hy het n al van tevore n mens met n mes aangeval dis vreeslik ons innage meegevoel met die oorledenes se familie