Pretoria: Hier kan jy vandag nié ry nie

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Die Stad Tshwane sal Vrydag, as deel van sy Vervoermaand-aktiwiteite, ’n motorvrye sone in Hatfield skep met die oog daarop om motoriste aan te raai om eerder openbare vervoer as privaat motors te gebruik.

Lindela Mashigo, woordvoerder vir die Stad, het gesê twee dele van Burnettstraat tussen Grosvenor- en Hildastraat sal gesluit word. “Hildastraat sal ten volle in bedryf wees in die noord-tot-suid-rigting met beperkte toegang van suid na noord,” het Mashigo gesê.

Die Stad moedig inwoners aan om minder afhanklik te wees van hul privaat voertuie en eerder van openbare vervoer soos Tshwane se busdiens, Metrorail, Gautrein of taxi’s gebruik te maak.

“Die gebruik van openbare vervoer kan verkeersopeenhopings vergemaklik, uitlaatgasse verminder en ons mense kans gee om gehaltetyd waartydens hulle kan lees, studeer of werk in die vervoertydperk te beleef. Dit word ook verbind met gesonder leefstyle – mense wat openbare vervoer gebruik, is oor die algemeen meer fisiek aktief aangesien hulle van die vervoerpunt na die eindbestemming stap.”

Die sluitings sal van 08:00 af plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Tertia ·

….met ‘n 65% kans dat daar nie busse loop nie agv strikes….. Sjoe, hulle het nie so mooi aan hierdie plan gedink nie.

Abe ·

Ja Tertia,
En die studente en skoliere moet eksamen skryf. Watse twak is dit: “Vervoermaand”!

Hannetjie ·

Ja…en hoe veilig sal die taxi’s en Uber wees? Lees gereeld in die nuusblaaie van ontvoerings ensomeer.Jammer..selfs die Gautrein ook nie so veilig nie.

frikkie ·

My kar strike nie vir meer geld nie , ek hoef nie te stres terwyl ek wag vir n bus wat laat is en dan word dit uitgebrand nie, ek word nie beroof in n systraat terwyl ek loop na die stasie of bushalte nie. Mense dink nie. SA is nie Europa waar alles glad loop nie. Ons bly in brandaf land

MissDemeanor ·

Abe, die Universiteit van Pretoria het hul eie baie betroubare busdiens wat studente vervoer tussen Groenkloof, Hatfield, Onderstepoort en Prinsehof. So studente wat op of naby koshuise woon behoort geen probleme te ervaar nie. Ek dink dit sal gaaf wees as studente wat ook op kampus of naby koshuise woon eerder die UP busdiens sal gebruik ipv om met hul karre tusse kampusse te ry. Ek dink die stad van Tswane het n goeie idee hier beet. Ons kan almal ons deel doen en daarna streef om ons stadsentrums “auto vrij” te maak soos in die Nederland. As ons meer gebruik maak van die publieke vervoer sisteem, dan sit ons meer druk op dit om te verbeter. Ek dink die DA in Tswane den goeie werk. Die is nog net die begin.

Siek en sat ·

Ag genade wag nou nog. Baie tyd om sulke tjol uit te dink. Gebruik liewe julle energie om iets positiefs in die gemeenskap te doen bv daardie vuil en oorbegroeide sypaadjies skoon te maak en vuilgoed te laat optel.

Elize ·

Openbare vervoer – wat is dit? Die busdiens is pateties en die taxi’s gevaarlik so al wat oorbly is jou eie vervoer of om te stap. Met die gemors wat rondlê het jy nog ‘n groot kans om vrotpootjie te kry as jy stap.

Johan ·

Wees minder afhanklik op jouself en wees totaal afhanklik op die staat… Lui dit klokkies mense?

Ella ·

Vervoermaand en ons hoor eers op 20 Oktober daarvan? Agnee man julle kan seker beter doen as dit.
Die inisiatief is seker goed maar met al die stakins en wegblyaksies en itimidasie gaan dit nie werk nie.
Ja maak bietjie die stormwaterslote skoon dis reenseisoen maar ek het nie hoop nie.
Ek was n paar weke gelede by die munisipale kantoor in Van Basdenstraat en die tuine, beddings en geboue lyk verwaarloos en gehawend.

ES ·

Net jammer dis veiliger om in Hillbrow met ‘n skootrekenaar en foon te loop asom in ‘n taxi of bus te ry… Hulle ry roekeloos en onverskillig met hordes passasiers se lewens in hul onbekwame hande.

Andrea ·

Klomp nonsens. Nou gaan hul net méér verkeersontwrigtings op ander roetes veroorsaak soos wat mense probeer om die geslote areas/strate mis te ry.

dominee ·

Busse strike en treine brand.
Word net wakker almal julle wat sulke nonsense uitdink.

Lola ·

Tshwane munisipaliteit en da. Maak eerder die potholes reg waardeur ek elke dag moet ry. Genade julle kan eenvoudig net niks reg doen nie ne?

Anoniem ·

Rerig, met al die stakings van die busbestuurders is die busdiens virseker nie betroubaar nie.

emily ·

Openbare vervoer. AG NEE ASB. Kyk hoeveel keer word daar gestaak, busse daag nie op nie. Busse is oorlopens toe vol met skoolkinders wat nie eers opstaan vir ou mense nie. Asb julle is heeltemal van die paadjie af. Ek moes al kilometers ver loop omdat bus nie opdaag nie.
Nee wat probeer maar weer.

Anoniem ·

Ek gebruik openbare vervoer en glo my as jy inklim sê maar jou gebedjie op vir jou veiligheid en as j y afklim da weer dankie. En sorg maar dat jy oordempers het want die volume v radio is oorverdowend. Verseker die geval elke dag.

Lulu ·

Daar is mos nou nie n manier nie
Ek in bloedige son op n bus gaan wag wat 10 teen 1 nie eers gaan opdaag nie
Regtig
Met al daai kleure en geure
En dan word daar gegil en nie gepraat met mekaar nie

Anoniem ·

Pateties verby, jou veiligheid elke dag in gedrang. Drywers nesm nie hul passasiers se veiligheid in ag nie ry oor rooiligte, spoed praat ons nie eers oor nie, en dan die oorverdowende radio wat v begin tot einde jou grensloos irriteer agv volume. Maar ja ons nogsteeds afhanklik v vervoer so ons verdra dit maar,

riaan ·

Gaan solly en sy gang ook vandag van non-exitant publieke vervoer gebruik maak????

Ek glo nie! Ek is seker daarvan dat hulle vloot luukse 4×4 voertuie (waarvoor ons betaal) so 10:00 (2 ure nadat gewone werkstyd begin) by tshwane huis inseil.

Pleks spandeer hulle die energie en “kreatiwiteit” (grap) om my rekening wat al amper twee jaar chaos is, uit te sorteer.

Patetiese, incompetent spul!

WIEBO ·

Ek het vir 5 jaar 2 ure 40 minute in die kar spandeer werk toe en terug. Ek het nader aan die werk getrek, en ek loop nou 5.2 km werk toe en terugelke dag. Dit vat my n uur werk toe en terug om te stap. Ek spaar R3600 brandstof n maand. Het my kar verlede jaar 4 April geparkeer, en nog nooit weer gestart nie. Ek mis geensins my kar nie. Ek loop vinniger as wat die verkeer beweeg hier in Pta oos! Net n blanke dame fietsryer wat my gister amper uit die aarde gery het by die robot in Solomon Mhlanga en Delfi!

MissDemeanor ·

10/10 vir jou positiewe houding en lewensuitkyk :) !Bravo!

Leeutjie ·

Ek het nou meer vir julle gelag as wat die skrywe my beindruk het…

Ander Annie ·

Dit is nou regtig belaglik. Ons Kinders skryf eksamen. Moet ek 10 km van my kantoor af stap om ‘n vergadering te gaan bywoon in Arcadia waar Hilda straat een van die strate is wat ek gebruik. Ek is vreugdevol bly vir julle wat kan stap, maar sommige van ons is nie kantoorgebonde nie. Nog ‘n vraag, hoe veilig gaan jy voel om met jou handsak en skootrekenaar te stap? Openbare vervoer? Regtig?

Hennie ·

Heeltemal onveilig en kriminele intimideer en viktimiseer mense wat gebruik maak van openbare vervoer.

Tong in die kies ·

Nee wat! Ek het die tyd en die geld EN die binnebrandenjin het gekom om te bly. Klim veilig in my motor agter veiligheids heinings, ry tot by die winkel se voordeur, al moet ek ‘n paar minute wag. Klim veilig uit en loop die kortste moontlike afstand, veilig, na die winkel toe. Koop wat ek wil hê en kom weer veilig terug. Bus, Taxi of Trein kan nie dit vervang nie.

Duifie ·

Stem saam. OPENBRE VER VOER???!!! Heeltamal onveilig. In en buite die busse, treinne en taxi’s.

Magrietha ·

Regtig om wie ryk te maak.EK as n Suid-Afrikaner het die reg om te kies waar me ek wil ry my kar my geld my petrol.Ek laat niks op my af gedwing word nie.Ek het net so veel reg as eenige ander mens.

MissDemeanor ·

Ry net n ompad man Magda! Ek hou van die idee van n autovrije middestad. Ons moet poog on dit te doen soos wat die Nederlanders dit doen. Probeer eerder kyk hoe jy n bydra kan maak.

Abe ·

MissDemeanor,
Ja, jou houding is mooi positief. ‘Hou daarvan, maar Hollandse stede is darem ‘n bietjie anders.

Monique ·

My voertuig is in vir ‘n foutiewe ratkas. Ek woon in Centurion en werk in Rivonia en het vir ‘n week nie ‘n voertuig nie. As mens van openbare vervoer afhanklik is, maak jy dit werk, glo maar vir my. Ek vat twee Gautrain busse, die Gautrein en ‘n Uber om by die werk te kom. Dit kos my R140 ‘n dag retoer, wat ek nie het hierdie tyd van die maand nie. Ek bly positief deur vir myself te se dis ‘n avontuur. Dis goed dat hulle iets positiefs wil doen vir die omgewing. As ek dit kan maak werk, kan jy ook…

VanAfrika ·

Monique, as jy vir my Gautrain busse in ons industriele gebied kan gee, sal ek ook in luukse kan ry. Die een rigting van ons industriele gebied het nie eers taxi’s of busse nie, kom net van die een kant in, dit beteken mense wat 10 min van die werk af bly moet nou die taxi vat Johannesburg toe en van daar af weer Alberton toe wat hulle 2 tot 3 ure dan vat om by die huis te kom. Gee vir ons blankes taxis en roetes en ek klim met graagte daarop en dan moet daar taxis ten alle tye na my werk toe wees. Ek gaan nie ompad ry net om by die werk of by die huis te kom nie. En om saam n blanke bestuurder werk of huis toe te ry sal 1000% veiliger wees. Ek gaan nie vir my lewe vrees vir taxis wat in geel strepe ry, oor rooi verkeerligte ry, op sypaadtjies verbysteek, op enkel paaie ander motoriste van die pad afdruk om verby te kom, taxis wat in aankomende verkeer in ry omdat hulle nie hul beurt wil afwag nie. Nee die DA het nie die ding deurgedink nie. Sal nooit werk nie. En glo my ek is n voorstaander wat my deel vir moeder aarde wil bybring, ek lewe elke daarvolgens, maar my motor opgee vir n doodskis op wiele, nooit nie.

Barries ·

Tshwane, as julle vervoermaand wil hou, herstel slaggate in paaie, verf sperstrepe, maak stukkend padtekens reg, verwyder bedelaars by verkeersligte en herstel stukkend verkeersligte.

Gert van Wierdapark ·

Barries jou kommentaar slaan die spyker op die kop. Veral die padbedelaars by robotte– want as jy hom/haar per ongeluk sou raakry………???? Probleme!

Koos de Meyer. ·

Waarvoor betaal ons lisensie geld. Nou wil hulle jou vors eer om met onveilige vervoer te ry. Ons word beroof op enige manier. Ek wonder wie dink sulke snert uit. Wat ‘n belaglike storie. Siek land hierdie.

Abe ·

Watse “Vervoermaand”? Waar’t jy gesien ‘n mens verbeter vervoer deur strate toe te maak. Dis soos om penne te verbeter deur met ‘n potlood te skryf.

J ·

Jammer openbare vervoer. Julle is n disaster permanent op stike en onbetroubaar.

Monique ·

@VanAfrika, ek is ongelukkig nie in staat om vir jou ‘n Gautrain bus te gee nie. Ek kan well vir jou se dat die inisiatief geskep is in die middestad van Pretoria en nie in ‘n industriële gebied nie nie…

Roelene ·

Openbare vervoer is nie vir almal nie, daar is geen ‘openbare’ vervoer na my werk toe nie (Roodeplaat) so ek moet maar self ry, en hoewel jy van ry geleenthede wil gebruik maak, kan jy ook nie die hele PTA rond ry om mense op te laai nie, op die ou end van die dag kom jy eers 5.00 of 6.00 by die huis….

Ansie ·

As “Public Transport” ‘n betroubare opsie word, sal meer en meer mense daarvan gebruik begin maak. Baie mense is tenvolle afhanklik van vervoerdienste – so paar jaar gelede ek ook… Kry ‘n bus tot in die stad, en dan … sit jy gestrand want hulle staak (alweer) en intimideer die busdrywes wat wel wil ry… of… ‘n busdrywer is op verlof, en sonder kennisgewing ry daardie betrokke bus eenvoudig nie vir die tydperk nie… Dit maak mens moedeloos.. Intussen hang jou werk in die weegskaal as gevolg daarvan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.