Pretoria in blou getooi vir VN-herdenking

Die VN se hoofkantoor in New York is met blou verlig vir hul 70ste herdenking. Foto: http://www.unmultimedia.org/

Die VN se hoofkantoor in New York is met blou verlig vir hul 70ste herdenking. Foto: http://www.unmultimedia.org/

Die Verenigde Nasies (VN) in Suid-Afrika het Saterdag aan ʼn wêreldwye veldtog deelgeneem om VN-dag en die 70ste herdenking van die organisasie te vier.

Altesaam 70 leerders van skole in Pretoria het saam met VN personeel en lede van die publiek, almal in blou geklee, aan ʼn vreedsame optog deelgeneem van die VN-kantore tot by die Pretoria Tegniese Hoërskool. ʼn Verskeidenheid aktiwiteite wat sanguitvoerings, gedigvoorlesings, dansuitvoerings en toesprake ingesluit het, is ook gehou.

Om die dag te vier is meer as 150 ikoniese monumente, geboue, museums, brûe en ander landmerke met ʼn blou lig, die amptelike kleur van die VN, verlig. Bekende bakens wat in blou verlig word sluit in Australië se Sydney-Operahuis, die groot piramide van Giza in Egipte, die standbeeld van Jesus die Verlosser in Rio de Janeiro en die Empire State-gebou in New York. Die Mandela-brug in Johannesburg is ook in blou lig getooi.

Zenzi Makeba, die kleindogter van die Suid-Afrikaanse musieklegende, wyle Miriam Makeba, het ook aan die verrigtinge in Pretoria deelgeneem. Sy het haar ondersteuning uitgespreek vir vroueregte, die jeug, eenheid onder Suid-Afrikaners en vrouebemagtiging.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peet Schabort ·

En ek twyfel of enige rommel opgeruim moes word teenoor die vorige dag by die Uniegebou.
Ja, ek was nie daar maar my raaiwerk uit ondervinding sê so.

Johann Marx ·

En steeds, na 70 Jaar, is hierdie “Verenigde Nasies” meer verdeeld as ooit tevore. Al waaroor hulle saamstem is waar die volgende partytjie gehou gaan word….waar daar op belastingbetaler’s koste gevreet en gesuip en gebly word, en geluide gemaak word oor sogenaamde “gedeelde kwessies”. Wat het die Verenigde Nasies nou al ooit in enige land reggekry?

Rynhardt ·

Die VN het niks te vier met sy 70ste herdenking nie.Hy kon nog nooit wereldvrede verseker nie,en het net meer ellende geskep!Hulle word deur die nuwe wereldorde beheer.Wapens lewer groot bedrae geld vir militere instellings en bankiers!Net die Almagtige kan permanente vrede vir mense verseker!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.