Pretoria in donkerte weens brand, tegniese probleme

Die Kwagga-substasie was vroegoggend in ligte laaie. (Foto: Verskaf)

Die Tshwane-metroraad het Dinsdag alle beurtkrag in die stad gekanselleer nadat die Kwagga-substasie in die weste van die stad Dinsdagoggend vlam gevat het.

Eskom implementeer tans fase 4-beurtkrag in die res van die land.

Groot dele van die noorde en weste van Pretoria se krag is afgesny nadat die brand, vermoedelik weens ʼn olielek, uitgebreek het. Volgens die Tshwane-stadsraad se Twitter-inskrywings is omliggende dele tot so ver as Soshanguve sonder krag gelaat.

Frans Smith, ʼn DA-raadslid in die Moot, sê Rosslyn, Atteridgeville, Laudium, Sunnyside, Parktown, Mayville, Wonderboom, Sinoville, Bon Accord, Magalieskruin en Pretoria-Noord sit tans sonder krag. “Die grootste deel van die Moot is egter nie deur die brand geraak nie omdat dié se krag van die Rooiwal-substasie afkomstig is.”

Smith het aan Maroela Media gesê dat die skade aan die substasie na raming sowat R150 000 tot R180 000 beloop en dat een transformator in die brand beskadig is. “Hierdie substasie ontvang redelik baie krag van Eskom en verskaf krag aan ʼn groot deel van Pretoria. Ons weet nog nie hoe lank die herstelwerk gaan neem nie, maar ons vra inwoners om geduldig te wees,” sê hy.

Smith sê egter dat dit so lank as ʼn week kan duur om die substasie weer volkome aan die werk te kry. Intussen gaan die twee ander transformators ingespan word om krag te verskaf en sal ʼn derde transformator vir bystand gebruik word.

“Ons vra inwoners om toestelle wat baie krag trek, soos yskaste, warmwatertoestelle en stowe, af te skakel tydens beurtkrag. Hierdie toestelle oorlaai gewoonlik die substasies wanneer die krag weer aangeskakel word en dit neem dikwels langer om krag weer na ʼn area te herstel,” sê hy.

Nog dele sonder krag

Intussen is verskeie ander dele van Pretoria ook sonder krag gelaat weens tegniese probleme by ander substasies in die stad.

Nellmapius-uitbr. 2, in die ooste van die stad, se krag is af nadat ʼn skakelaar wat krag van die Waltloo-substasie voer, afgegaan het. Die stadsraad sê hy kan as gevolg van die reën nie die lyne nagaan om die fout op te spoor nie.

Dele van Mamelodi is ook tans sonder krag as gevolg van ʼn kabelfout tussen die Letoaba- en Morwa-minisubstasie. Die kabelfout lê in areas wat verspoel is en sal herstel word wanneer die water gesak het.

In Moreleta Park het ʼn 315 kVA-minisubstasie in Seanstraat ook aan die brand geslaan. Die brand word tans deur die metro ondersoek.

Kopergeleiers in die Lynwoodrif-omgewing is boonop gesteel. Die metro was in die proses om die geleiers te vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Ig ·

Martin, hoe anders. Geen sisteem hou daarvan om so aan en af geskakel te word nie en met die aanskakel van die krag na beurtkrag is hoë of lae toevoer nie skadelik en die Transformators duik in die hek of brand uit.

emily ·

Die hele Jan Shoba str was ook sonder krag.
Ek wens net julle wil mense aanstel wat BEVOEGD is om die werk te doen.
Ons lei onder julle swak BESTUUR.

victor ·

Wie gaan vir die ou mense en die wat siek is seker maak dat hulle voorsienings het vir krag….dis die plug van die publieke verskafer om n back up plan te veroorsien met nood dienste, net n vraag?

James ·

O aarde, lyk of alles nou in mekaar stort in SA. Wil mens laat dink vlug as jy kan.

Lava Lamp ·

Reel net labk vooruit as jy wil vlug. SAA werk ook nie meer lekker nie…

Dirk ·

As daar meer inspeksies en instandhoudings gedoen word sal sulke goed nie gebeur nie..

Sê maar net ·

Mense ons kan sê en doen net wat ons wil. Eending staan soos ‘n paal bo die water uit en dit ons nader baie vinnig die eind tyd. Die onder tekening van die een wêrekd orde is reeds gedoen, en dit opsig self beteken dat die regerings beheer oor die mense gaan kry. Kyk hoe desperaat is ons nie oor die krag nie. So gaan die een ding op die ander lei. Wees waaksaam asb..

Dawie ·

Jy gorrel…….regerings is in beheer van n land in as sulks ook in beheer van mense wat in daardie land woon…..

Trix ·

David, gaan lees bietjie oor die One World Order. Jou nekhare gaan rys. Net té veel v hul ideale het al gebeur of is besig om te gebeur.

Wielspore ·

Hoogspanning tranformators is nie gemaak om gereeld aan en af geskakel te word, die “in rush current” beskadig die insulasie. Elke skakeling verkort die lewensduurte en die gevolg is ‘n elektriese ontploffing.

Martin ·

Dit is tog duidelik vanuit die berig die ontploffing is veroosaak deur ‘n olielek. ESKOM kon dit sekerlik nie veroorsaak het nie. Die Munisipaliteit is verantwoordelik vir die instandhouding.

Werner ·

En wie kan bevestig dat dit wel n olielek was en dat die storie maar nie net as verskoning gebruik word nie baie transformators het die laaste tyd ontplof

Dries ·

Toets die olie gereeld want dit is insulasie olie om hoog spanning te insuleer

Tinus ·

Hoop die Raadslid is verkeerd aangehaal. Skade van R150 000 tot R180 000??? Moet seker miljoen wees

Niklaas ·

Iewers was alweer min onderhoud gedoen . Seker om geldjies te spaar . Ons land moet tog nooit probeer om as gasheerland met wereldbeker of olimpiese spele op te tree nie. Nie met sulke gesukkel nie.

Leon ·

Die ANC het nie beplan vir al die kaders wat hulle bygeplak het op die netwerk. Die substasies kan nie die vraag handteer waneer dit weer aankom na beurtkrag. Staan langs so ‘n substasie en hoor hoe brom hy van die oorlading. Dis mos lekker, ons pak net op want ons is onbevoeg en ons voel mos vere solank die ANC net kan lekker leef.

KaterinaKat ·

Nee, James is reg. As ek maar net kon vlug, sou ek ook, met my kinders en kleinkinders. Nie eens rotte is so onnosel om op n sinkende skip te bly nie!

@Jonathan ·

Jonathan, miskien moet ons versigtig wees met ons woordkeuses as ons nie in iemand anders (bv James) se skoene gestap het nie. Net ‘n gedagte. Mooi dag vir jou

Lillu ·

Ek stem, bly jy maar hier Jonathan, dit sal nie eens nodig wees vir jou om die ligte af te skakel as jy die laaste een oor is, Eskom sal darvoor sorg.
My kind is oppad uit, ek is so bly vir hom en ek is beslis kort op sy hakke.
Vir die wat wil/moet agterbly, sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.